Page 1 of 1

Jag tydskrifte.

Posted: Mon Jun 21, 2021 8:57 am
by Gawie(13mm)
Dagsê.
Om plek te maak vir my herlaaistasie, moet ek noodgedwonge kies tussen 'n paar tydskrifte en my promponie. Die ponie gaan nerens heen nie, so iemand moet maar die tydskrifte by my kom haal.
Die volgende is beskikbaar.

Wild en jag.

S.A. Jagters.

Magnum Man.
ImageImage

Re: Jag tydskrifte.

Posted: Mon Jun 21, 2021 11:42 am
by win270
Gawie, ek het al in die verlede sonder sukses my tydskrifte probeer weggee. Ander alternatiewe is om dit by skietklubs, ammunisie-winkels, ens te probeer inhandig waar besoekers daarby kan baat vind. Ook nie my idee om dit net in die vullisdrom te gaan gooi nie!!

Hoop jy kry gretige lesers wat die tydskrifte se inhoud sal waardeer.

Re: Jag tydskrifte.

Posted: Mon Jun 21, 2021 11:52 am
by Sako75
Ek het paar bokse jagtydskrifte by outehuis gaan afgee. Hulle was baie bly daaroor. Ek dink paar ooms kan doen met jagstories. Dit doen mens ook goed om dit te doen om self ‘n reality check te doen van waar mens is….

Re: Jag tydskrifte.

Posted: Tue Jun 22, 2021 6:26 am
by Gawie(13mm)
Dankie manne vir die blink gedagte. 'n Paar van my vriende het dieselfde voorgestel, maar ek waak soos 'n jaloerse pa wat sy dogter na haar eerste skooldans moet laat gaan. :)
Ek wou dit aan een van die plaaslike skole skenk, maar almal is deesdae so "woke" en netnou gee ek een of ander vegan aanstoot. Arme bloedjies, of moet ek sê sappies, want plante bloei mos nie?

Die gedagte om dit aan ons voor-ouers te skenk, geval my. Immers lees hul nog!

Re: Jag tydskrifte.

Posted: Tue Jun 22, 2021 11:34 am
by herman.bonsma
Môre Gawie, ek kort so ‘n paar ManMagnums. Jy kan my nie dalk help om my stel volledig te kry nie asseblief?
Magnums kort: Ek het Mei 1976 1ste uitgawe en Aug 1976. Kort balans van 1976, dws. Jun, Jul, Sept, Okt, Nov en Des.
Kort Jan 1977 & Des 1977
Kort Mei 1996. Groete, Herman


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jag tydskrifte.

Posted: Tue Jun 22, 2021 1:37 pm
by Gawie(13mm)
herman.bonsma wrote: Tue Jun 22, 2021 11:34 am Môre Gawie, ek kort so ‘n paar ManMagnums. Jy kan my nie dalk help om my stel volledig te kry nie asseblief?
Magnums kort: Ek het Mei 1976 1ste uitgawe en Aug 1976. Kort balans van 1976, dws. Jun, Jul, Sept, Okt, Nov en Des.
Kort Jan 1977 & Des 1977
Kort Mei 1996. Groete, Herman


Sent from my iPhone using Tapatalk
Herman, ek het in die laat negentigs eers genoeg geld verdien om my eie Magnums te koop. Voor dit het ek dit in ons plaaslike biblioteek sit en lees.
Ek mag dalk die 1996 een hê. Ek sal vannaand loer.

Re: Jag tydskrifte.

Posted: Tue Jun 22, 2021 2:23 pm
by herman.bonsma
Dankie Gawie, ek waardeer.


Sent from my iPhone using Tapatalk