Page 1 of 1

155 vs 167gr Lapua Scenars vir Howa .308

Posted: Sat Jun 19, 2021 10:25 pm
by Boerklong
Naand manne.
Kyk na scenars vir my howa .308 varminter. Sal my 1:10 twist die 155gr punte stabiliseer of is die 167gr maar die beter opsie? Gebruik S335 en die pyp is 24' lank.

Re: 155 vs 167gr Lapua Scenars vir Howa .308

Posted: Sun Jun 20, 2021 5:17 am
by Ds J
Die 1:10 behoort die 155gr koeëls te stabiliseer, maar jy sal dit eers moet probeer.

Watter afstand wil jy skiet? n Swaarder koeël is gewoonlik beter vir die langer afstande. Dan sal die 167gr die slimmer oplossing wees.

Re: 155 vs 167gr Lapua Scenars vir Howa .308

Posted: Sun Jun 20, 2021 7:54 am
by LUAN
Die 155gr se bc is beter as die 167gr en jy gaan hulle vinniger skiet. Jou 1:10 groefdraai is nie n probleem. Dis om die jump reg re kry om daardie 155gr scenars te laat groepeer. Die howa se kamers is so gesny dat jy n 175-180gr kan teen die groewe laai en nog genoeg koel in die dop het waar n 155gr n groter sprong gaan he.

Re: 155 vs 167gr Lapua Scenars vir Howa .308

Posted: Sun Jun 20, 2021 9:15 pm
by Alwin
Beide behoort heel goed te stabiliseer, selfs by seevlak.

Re: 155 vs 167gr Lapua Scenars vir Howa .308

Posted: Tue Jun 22, 2021 9:28 am
by Boerklong
Thanks manne.
Waardeer die terugvoer.

Re: 155 vs 167gr Lapua Scenars vir Howa .308

Posted: Tue Jun 29, 2021 12:24 pm
by Ysterkat
My Howa 308 met 10 twist skiet 155gr CC baie mooi teen 2770v/s