Page 1 of 2

MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Thu Jun 17, 2021 9:48 pm
by projagter
Ek het twee jagmaats wat na 20 jaar van saamloop , van nooit kla en elke aand voor my bed slaap nou net nie meer kan nie. Eers het hulle my net op my jagtogte vergesel en later sommer elke dag want ons was onafskeidbaar een in loop en wandel.
Ons paaie moet nou finaal skei -- dit is daardie tyd.
Ja , daardie paar jagskoene het deel van my geword -- as ek nie meer kon nie het hul steeds vorentoe gekyk.
Ek glo menige jagter kan boeke skryf oor die paaie wat hul skoene geloop het.

Maar na 20 jaar is ek soos Rip van Winkel -- 20 jaar laas na skoene gekyk of daarin belanggestel.

Nou soek ek raad . Wat is deesdae bekostigbare goeie saamloop vriende vir die bietjiepad vorentoe -- jagpad en sommer elke dag.

Projagter

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 6:36 am
by DWB
En hier sit en kry ek oom jammer oor 2 honde....

Rogue maak goeie boots.
Courteney is baie duur maar het net iets spesiaal aan hulle.
Die nuwe Jim Greens lyk ook lekker.

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 7:04 am
by Eduard Venter
Ek het ook gedink dit gaan honde wees, haha.

±1 vir Courteneys as mens hulle op 'n uitverkoping of iets kan raakloop. Ek weet nou nie of ek 5k+ vir hulle sal betaal nie, maar ek is bitter tevrede met my 2 stelle.

Ek wil binnekort ook 'n stel Wildebeeste aanskaf aangesien ek net goeie goed hoor en hulle billike geprys is.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk


Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 7:26 am
by Henna308
Ek stem vir Wildebees. Moet net nie teveel oor nat vloere loop met hulle nie. Maar ek sien hulle maak nou 'n skoen met 'n 'gewone' skoensool. DIe Wildebees skoene (ek het 'n stel Ratels) loop baie gemaklik vir my en hulle is sag in die veld en op die voete.

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 7:46 am
by Capt. Yoda
Ek dink vir dir prys gaan jy sukkel om Rogue se boots te klop, Courteneys is natuurlik baie lekker maar is vir my bq te duur

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 8:21 am
by Gerhardu
Ek het Courtneys maar my volgende tyres sal Rogues wees.

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 8:30 am
by Vissie
Ek het onlangs my Wildebees skoene ingeruil vir ‘n stel Lason stewels. Na die diens wat ek by Wildebees beleef het, is ek jammer dat ek nie al lankal dit gedoen het nie! Eerstens omdat ek amper ‘n paar keer geval het as dit reen, maar ook omdat die nat skoensool eenmaal van ‘n koppelaarpedaal afgegly het in ‘n ou plaasbakkie. Dit was bitter naby of dié vellies was die duurste skoene wat ek nog ooit gekoop het.

Die diens vanaf Marlene by Lason Skoen Vervaardigers was ook puik!

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 10:13 am
by HeinM
Tarzan (hier in my hometown) maak ook lekker velskoene. Kyk op hulle website.
Ek dra net dit - vir 10 jaar al - kerk en werk. Skoene is ook maar eintlik persoonlike voorkeur, so almal gaan verskil oor wat beter is...

Mooi naweek!

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 10:59 am
by Kloukat
HeinM wrote: Fri Jun 18, 2021 10:13 am Tarzan (hier in my hometown) maak ook lekker velskoene. Kyk op hulle website.
Ek dra net dit - vir 10 jaar al - kerk en werk. Skoene is ook maar eintlik persoonlike voorkeur, so almal gaan verskil oor wat beter is...

Mooi naweek!
Ek loop self met 'n paar Tarzans en is op die punt om n nuwe paar aan te skaf.. Geniet my Tarzans

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 11:37 am
by Wattlegrove
DWB wrote: Fri Jun 18, 2021 6:36 am
Die nuwe Jim Greens lyk ook lekker. - ek het twee pare JG in m y lewe gehad, maar ek moet se hulle was maar ongemaklik. Weet nie of die nuwes beter is nie. Ek het n paar Stockmans baie mooi skoene maar as ek hulle 'n dag lank gedra het weet ek dit.

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 12:48 pm
by projagter
Baie dankie.
Hier kom 'n paar baie belangrike punte n vore: Die skoene moet jou voete beskerm -- nie net teen die omgewing nie maar ook teen moegheid. Jy moet hulle wil dra en teen die aand na harde dag van loop eerste aan 'n twee vingertjie dink en nie aan skoene uittrek nie.
Nou groot vraag: skoene, halfstewels of stewels???

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 1:12 pm
by Capt. Yoda
Hier is my volgende stel Rogue's

Image

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 3:45 pm
by projagter
Lyk my meeste jagters dra deesdae tekkies -- of beskou jagvoetgoed as minder belangrik. Bakkiejagters?? Jakkalsjagters dra mos pantoffels in die winter.

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 5:20 pm
by Willem Grobler
My Freestyle bootse loop nou al 18 jaar saam my d pad en as ek hulle so kyk is daar nog baie lewe in hulle. Ek sal eenvoudig net weer n stel van hulle kry indien nodig. Als loop reg, altyd reg, Freestyle…

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 5:25 pm
by Eduard Venter
Gepraat van tekkies... Ek het die laaste tyd al 'n paar jagters gekry wat met Solomon tekkie tipe skoene kom jag het. Tel bietjie baie steekgras op na my sin maar die manne was heel gelukkig met hulle keuse.

By verre die meeste papwiele (blase) was veroorsaak deur jagters se splinternuwe Wolverines wat hulle die eerste keer op die plaas oopmaak. Niks fout met die skoen nie, mens moet hulle net bietjie inloop. Dit geld eintlik maar vir enige soort skoen.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk


Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 5:37 pm
by HeinM
Eduard Venter wrote: Fri Jun 18, 2021 5:25 pm Gepraat van tekkies... Ek het die laaste tyd al 'n paar jagters gekry wat met Solomon tekkie tipe skoene kom jag het. Tel bietjie baie steekgras op na my sin maar die manne was heel gelukkig met hulle keuse.

By verre die meeste papwiele (blase) was veroorsaak deur jagters se splinternuwe Wolverines wat hulle die eerste keer op die plaas oopmaak. Niks fout met die skoen nie, mens moet hulle net bietjie inloop. Dit geld eintlik maar vir enige soort skoen.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Baie ouens dra hierdie "offroad" tipe tekkies met groot sukses. Maar ja. Alle voetskoeisel moet eers goed ingeloop word anders ontaard die jag in 'n nagmerrie...

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 6:05 pm
by Gian_dP
Eduard Venter wrote:Gepraat van tekkies... Ek het die laaste tyd al 'n paar jagters gekry wat met Solomon tekkie tipe skoene kom jag het. Tel bietjie baie steekgras op na my sin maar die manne was heel gelukkig met hulle keuse.

By verre die meeste papwiele (blase) was veroorsaak deur jagters se splinternuwe Wolverines wat hulle die eerste keer op die plaas oopmaak. Niks fout met die skoen nie, mens moet hulle net bietjie inloop. Dit geld eintlik maar vir enige soort skoen.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Ek het paar jaar gelede(na langerige breek in my jagloopbaan) in Namibia gaan jag. Lekker ingeloopte Merrels gevat, myself belowe om nooit weer in sulke skoene te jag nie. Steekgras het my byna dood gehad. Juis paar Wolverines aangeskaf, hulle jag nou nog saam amper 10 jaar later. Hulle was darem al mooi ingeloop toe hulle eerste keer saam was veld toe.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 7:17 pm
by BeesBreet
projagter wrote:Lyk my meeste jagters dra deesdae tekkies -- of beskou jagvoetgoed as minder belangrik. Bakkiejagters?? Jakkalsjagters dra mos pantoffels in die winter.
Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Fri Jun 18, 2021 7:53 pm
by EtienneA
projagter wrote: Fri Jun 18, 2021 3:45 pm Lyk my meeste jagters dra deesdae tekkies -- of beskou jagvoetgoed as minder belangrik. Bakkiejagters?? Jakkalsjagters dra mos pantoffels in die winter.


🤣🤣🤣🤣

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Sat Jun 19, 2021 9:31 am
by Capt. Yoda
projagter wrote: Fri Jun 18, 2021 3:45 pm Lyk my meeste jagters dra deesdae tekkies -- of beskou jagvoetgoed as minder belangrik. Bakkiejagters?? Jakkalsjagters dra mos pantoffels in die winter.
Min dinge jag so lekker soos n ou Salomon tekkie, ek dra die boots eder agter op n bakkie

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Sat Jun 19, 2021 11:46 am
by Jaco vdW
Courtney’s
Na 10 jaar het die sole al bietjie pak gevat. Stuur hulle na die fabriek in Bulawayo en hulle kry nuwes. Reg vir nog baie stap.
IMG_3962.jpg
In terme van stewels vs skoene, ek werk elke dag met veiligheidskoene in die vorm van n stewel, so dit is gemaklik vir my.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Sat Jun 19, 2021 1:36 pm
by Diesel Dog
So lyk my Gordons na 25 jaar diens.
Rode hard and put away wet!
Loop soos n nagmuis.

DDImage

Sent from my SM-G980F using Tapatalk


MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Sat Jun 19, 2021 2:17 pm
by JJV
Dankie vir die draad, sopas paar Rogue Storm boots bestel, my ou paar HiTecs loop nog mooi na 7 jaar, maar kan jy te veel pare lekker boots hê????


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Sun Jun 20, 2021 7:55 pm
by Jacques.308
Ek het begin van die jaar 'n week voor n uit skiet sessie in die berge met die selfde probleem gesit. Ek het 'n paar van wolverine se 6" stewels gekoop. Die eerste week van dra was hell. Ek het baie bree voete en sukkel dus altyd om skoene te kry wat in lengte en breedte werk.

Die jag is toe 'n gemiddeld van 18 km loop 'n dag, berg op en af. Tweede dag vang die reën ons en die stewels raak lekker nat. Dis nou die gemaklikste stewel en skoen oor die algemeen wat ek al gedra het.

So doen jouself n guns en kyk na hulle ook

Groetnis

Sent from my SM-N770F using Tapatalk


Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.

Posted: Sun Jun 20, 2021 8:50 pm
by tripodmvr
Ek dra al verskillende pare Hitec's oor 'n menigte jare. Hier is een skoen wat jy kan koop, aantrek en stap sonder enige inbreek. Hul sole is net hard en maak dat jy sukkel om saggies te loop.