Page 1 of 1
Slag van Wild
Posted: Thu Jun 03, 2021 8:03 am
by tripodmvr
Ek sien dat een van die opskrifte in die Herald Live gaan oor die verpligte slag van wild by 'n geregistreerde slagpale. Het enige van julle meer inligting.
Re: Slag van Wild
Posted: Thu Jun 03, 2021 12:03 pm
by naas222
Oom.. is dit nou vir herverkoop of privaat gebruik?
Re: Slag van Wild
Posted: Thu Jun 03, 2021 12:24 pm
by Capt. Yoda
Wat mens kan sien sonder om te betaal, ek neem aan iemand se familie is van plan om binnekort klop abattoirs oop te maak
This isn’t fair game — hunters rage at slaughter directive
Representatives of the game farming industry have slammed a directive from the Eastern Cape government warning that all animals have to be slaughtered at a registered abattoir.
Hunters say implementation of the directive, which even threatens prosecution, would destroy the industry. ..
Re: Slag van Wild
Posted: Thu Jun 03, 2021 12:44 pm
by Theunodb
Kan jy jouself die admin van die staat se kant af indink waneer al die wildsplase hulle self registreer! Hulle sal verloor in hulle eie game
"A slaughter facility will only be considered an abattoir if issued with a registration certificate by the Provincial Executive Officer (PEO) in the province in which it is located."
"Abattoirs are monitored by Veterinary Public Health Officials for compli- ance to the Meat Safety Act, 2000."
"The abattoir’s approval and registration is done by the Department of Agriculture on provincial level."
Re: Slag van Wild
Posted: Thu Jun 03, 2021 3:37 pm
by 6.5/284Norma
Enigiets om ons aan bande te le...
Re: Slag van Wild
Posted: Thu Jun 03, 2021 5:39 pm
by tripodmvr
Baie dinge in die lewe is risikobestuur. Hoeveel mense het al siek geword van wildsvleis wat hulle gejag het. Jy kan mos sien as daar 'n uitslag op die vleis is of die lewer is aangetas.
Net idiote kan dink om die diere na slagplase te moet neem. Jy gaan meer op en af ry as jag. Boere slag dan hul eie vleis en sal sekerlik nie hulself wil laat siek word nie.
Re: Slag van Wild
Posted: Thu Jun 03, 2021 5:50 pm
by naas222
ekt die naweek n vark en skaap geslag.. onder die boom..
toegemaak met n vleislap..oornag buite gehang en Saterdag gou opgesny.. mooi netjie verpak in vrieskas.
Moet ek nou daai 2 aanry na n slagpale???
Hoe lank gaan daai ry wees as ons distrik se boete en horde plot eienaars op n Saterdag wil slag..
Die ou wat daai plan uitgedink het se kop raas soos n tuimeldroër met albasters in
Re: Slag van Wild
Posted: Thu Jun 03, 2021 6:26 pm
by Supacow
Haibo!
Wat van die funeral en tradition?
Re: Slag van Wild
Posted: Fri Jun 04, 2021 7:51 am
by Capt. Yoda
Supacow wrote: Thu Jun 03, 2021 6:26 pm
Haibo!
Wat van die funeral en tradition?
Nee nee jyt verkeerd gelees, die is net van toepasing as jy jag....
Re: Slag van Wild
Posted: Fri Jun 04, 2021 10:46 am
by dennisinpe
Lyk of dit net op kommersiele slag en verkoop van vleis van toepassing is.
Own private consumption, cultural and religious practices excluded.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Re: Slag van Wild
Posted: Mon Jun 07, 2021 12:48 pm
by Jean Marais
Ja, maar as ek die wet reg vertolk, gaan daai wet slaghuise verbied om jou gejagte vleis vir eie gebruik te mag bewerk.
Re: Slag van Wild
Posted: Wed Jun 09, 2021 4:22 pm
by Shaunsteyn
Yip, het self vir n abattoir gewerk, jy kan nie met n dooie dier daar aankom nie. Daar moet voor slag inspeksie op diere gedoen word.
Glo ook dit sal net van toepassing wees in geval waar geslagde nie vir privaatgebruik word nie. Op die oomblik kan Jannie se winkel op Putsonderwaterfonteinville venision verkoop wat nie onderhewig was aan SAMIC standaarde was nie.