Page 1 of 1
Haelgeweer Dilemma
Posted: Sat May 29, 2021 8:21 am
by sako 30-06
My Pa se lisensie verval oor 3 weke, kam ek nog aansoek doen vir die lisensie?
Re: Haelgeweer Dilemma
Posted: Sat May 29, 2021 8:28 am
by tripodmvr
Gaan vind uit by jou DFO. Probeer is die beste geweer !!!!
Re: Haelgeweer Dilemma
Posted: Sat May 29, 2021 8:51 am
by Viking
Gebruik Covid en die sluiting van polisie stasies asook ongereelde werkstye saam met die druk op wapenamnestie die laaste paar maande as verskonings!
Re: Haelgeweer Dilemma
Posted: Sat May 29, 2021 8:52 am
by OosKaapJagter
Die wetgewing sê hy moes minstens 90 dae voor die tyd aansoek gedoen het. Ek weet van baie DFO's wat die aansoek ontvang tot op die dag wat die lisensie verval. Hy het dus niks om te verloor deur te gaan probeer nie.
Dit is ook dalk 'n goeie idee om 'n rede reg te hê waarom hy dit nie betyds kon doen nie ( medies, tydelik elders gewerk, ens.). Hy kan natuurlik ook indien hulle nie die hernuwingsaansoek wil aanvaar nie dit aan 'n familielid skenk of "verkoop". So bly die haelgeweer in die familie.
Re: Haelgeweer Dilemma
Posted: Sat May 29, 2021 9:00 am
by sako 30-06
sako 30-06 wrote: Sat May 29, 2021 8:21 am
My Pa se lisensie verval oor 3 weke, kam ek nog aansoek doen vir die lisensie?
Die plan is dam ek sommer die geweer oorneem, so ek wil aansoek doen.
Dink dit behoort dit dalk makliker te maak?
Re: Haelgeweer Dilemma
Posted: Sat May 29, 2021 10:29 am
by Zuku
OosKaapJagter wrote: Sat May 29, 2021 8:52 am Die wetgewing sê hy moes minstens 90 dae voor die tyd aansoek gedoen het.
Ons almal ken daai gedeelte baie goed. 'N kennis sê nou die dag hy en sy vrou het hulle lisensies gaan hernu. Die vriendelike DFO laat hulle weet hulle het die 90 dae spertyd gemis met 65 dae, maar hulle gehelp om vorms te voltooi en deurgestuur. Ek selwers het my spertyd gemis so een en half jaar gelede agv die datum verkeerd aan te bring in my dagboek (my eie skuld) met 1 maand. My DFO het met my geraas , my vorms gevat en 4 maande later het ek my nuwe lisensie ontvang. So doen jou ding en hou duim vas
Re: Haelgeweer Dilemma
Posted: Sat May 29, 2021 10:33 am
by Ranger
Check it in to dealer stock before the card expires then you can apply yourself.
Re: Haelgeweer Dilemma
Posted: Sat May 29, 2021 11:11 am
by HeinM
Ja. Ek het 5 jaar gelede vir hernuwing aansoek gedoen een dag voor die lisensie verval het. Suksesvol gewees en kaartjie gekry.
Re: Haelgeweer Dilemma
Posted: Sat May 29, 2021 8:15 pm
by Fanta300
Maak soos Ranger sê
Re: Haelgeweer Dilemma
Posted: Sat May 29, 2021 9:51 pm
by Alwin
Watter opsie jy ookal vat, maak seker dat die oordrag na handelaarsvoorraad of lisensieaansoek op die SAPS se "sisteem" ge-"capture" is voor die vervaldatum. Daarna het jy probleme...