Page 1 of 1

So paar pyle gegooi op bokke

Posted: Thu May 27, 2021 9:37 am
by Geno
Ons was die afgelope naweek by Fairgame naby Rust De Winter.
Die plek behoort aan 'n goeie maat van my en is dit die 2de seisoen wat ons soontoe gaan.
In ons groep kon ons 2x njalas, 3x rooibokke en 2x blesbokke skiet.
Ekself het die 2 blesbokke geskiet. Seker maar my bloed wat nou heel oranje is van in die Vrystaat bly...

Meer oor die plaas:
Dis so 400ha met 'n teerpad wat tot naby die hek loop en is slegs 'n uur Noord vanaf Pretoria.
Daar is 6x baie goeie skuilings op die een helfde met toegangsroetes so beplan dat jy op- en afgelaai kan word sonder om die ander skuilings te versteur. Die ander helfde is gereserveer vir stap en bekruip.
Daar word slegs met boogjag toerusting gejag op die plaas.
Pryse is uiters billik vir iewers so na aan die stad.

Spesies:
Rooibok
Blesbok
Vlakvark
Koedoe
Njala
Swartwitpens
Eland

Die kamp is 'n son- en gas belig en verhitte tentekamp met alles wat nodig is om baie gerieflik te kamp.
Daar is 3x tente met 2x enkelbeddens en 3x enkel tente met stretchers.
Die enkelbed tente het beddegeoed en handdoeke. Die enkel tente se bewoners moet eie beddegoed en handdoeke bring.

Daar is genoeg breekgoed en eetgerei met 'n 2 plaat gas stoof sowel as 'n groot gas plaat.
Die braai area het genoeg roosters en hout.

Verkoeling van kos is vanaf 'n groot kamp vries- en yskas.
3km van die hek af is 'n kafee vir ys en drank.

Info:
Instagram @ourfairgame
Eienaar: Hanno van Schoor 083 321 6747

Hier is my een blesbok video. Ek sal die ander een opsit sodra ek my kamera kry wat ek in 'n skuiling vergeet het.

https://youtu.be/hQFHhK01B5c

En so paar fotos:

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Re: So paar pyle gegooi op bokke

Posted: Thu May 27, 2021 10:29 am
by Gian_dP
Hi Geno, dankie vir die deel. Dit lyk na 'n lekker plek om te gaan jag! Hoop jy het jou verjaarsdag geniet.

Re: So paar pyle gegooi op bokke

Posted: Thu May 27, 2021 12:38 pm
by Capt. Yoda
Daai le plek in die hide kan moeilikheid veroorsaak, lekker Geno paar mooi bokke wat julle plat getrek het

Re: So paar pyle gegooi op bokke

Posted: Thu May 27, 2021 1:12 pm
by Frederik
Netjies dankie vir die deel.

Re: So paar pyle gegooi op bokke

Posted: Fri May 28, 2021 2:34 pm
by henried
Te lekker, mooi geskiet.

Re: So paar pyle gegooi op bokke

Posted: Fri May 28, 2021 2:58 pm
by Eduard Venter
Mooi foto's, mooi bokke en 'n mooi plaas. Baie lekker!

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk


Re: So paar pyle gegooi op bokke

Posted: Fri May 28, 2021 3:07 pm
by DWB
Lekker Gedoons!

Re: So paar pyle gegooi op bokke

Posted: Fri May 28, 2021 5:42 pm
by joe rocket
Lyk baie lekke Geno, my vriendin wil weet waar het jou vrou haar camo broek gekoop.

Re: So paar pyle gegooi op bokke

Posted: Mon May 31, 2021 9:01 am
by LoopSoosStroop
Julle skiet mooi!