Page 1 of 1

Voorgestelde verandering op Wapen Wet 21 Mei 2021

Posted: Mon May 24, 2021 10:29 am
by JAGTERSREG-JRM
Voorgestelde wysigings op die wet op vuurwapen beheer (21 Mei 2021):


1. Self verdedinging (Seksie 13) word nuutig verklaar en geen wapens kan verder onder die seksie lisensieer word nie.
2. Toegewyde Jag en Sport word beperk op die hoeveelheid wapens en beperking word geplaas op die hoeveelheid rondtes:
• Slegs 6 wapens as toegewyde persoon waarvan daar nie meer as 2x Sei Auto haelgewere, pistole en koeelgewere mag wees nie
• Slegs 100 rondtes per caliber (indien daar meer as 100 rondtes aangehou word moet daar spesiale toestemming gevra word)
3. Beperking op rondtes vir geleentheid sports en jag persone, slegs 100 rondtes per kaliber.
4. Seksie 21 van die wet (tydelike lisensie) word van wet verwyder.
5. Geen persoon onder 16 mag wapens hanteer nie.
6. Toegewyde status persone mag eers nadat hulle 24 maande aktief betrokke was by n Vereeniging aansoek doen vir wapens onder Seksie 16.
7. Die herlaai van ammunisie word onwettig verklaar en geen toebehore wat gebruik mag word vir die herlaai van ammunisie mag deur n individu aangehou word nie.
8. Invoer/Uitvoer van wapens word beperk en CFR het die reg om te bepaal hoeveel van wat mag inkom.
9. Minister kry die reg om te besluit watter wapen tipe of ammunisie geban mag word.
10. Privaat versamelaars word nuutig verklaar en vorm nie meer deel van die wet op beheer van Vuurwapens nie.


Hoe hanteer ons dit?
1. Stuur n epos na die genoemde epos en laat jou stem hoor (comments.fcabill@csp.gov.za).
2. Sluit aan by n jag en sportskiet Vereeniging wat kan veg vir jou regte.

Wapens is deel van ons kultuur en sport en deur die bogenoemde in werking te stel sal dit definitief n negatiewe effek op die ekonomie en die bedryf as geheel he. Die wetgewing diskrimineer teen ons as wapen eienaars en kan nie daar gelaat word nie.

Jagters Groete
Kobus van den Berg
Jrm Goods & Services
jagtersreg@firearmsa.co.za

Re: Voorgestelde verandering op Wapen Wet 21 Mei 2021

Posted: Tue May 25, 2021 6:40 am
by B Five
Nou wat gaan al die mannetjies by die Vuurwapenregister doen as hulle nie meer wapenaansoeke kry nie?

Ook social grant?