Page 1 of 2

Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 8:44 am
by Ds J
Goeiemôre, help tog met n paar gedagtes, voorstelle ens: wat is die vereistes vir n goeterige bakkiegeweer?

Dit sal nie n geweer wees wat baie werk nie, maar iets wat "agter die sitplek lê" om soms n skoot of twee te skiet.

Ek werk baie tussen plase, en die boere is oor die algemeen dankbaar vir elke vlakvark en jakkals wat minder gemaak word. Soms sal ek ook groter wild moet skiet, maks BWB en koedoe. Dit is GEENSINS vir halfwettige of onwettige doeleindes nie.

Skietafstande is oor die algemeen korter, gewoonlik onder 200m.

Die een saak wat belangrik is, is dat die geweer kort en stil genoeg moet wees om vinnig en gemaklik in die kajuit van n bakkie te hanteer. n Knaldemper en n korter loop is dus ononderhandelbaar. Verder sal ek moet kyk na n kaliber met genoeg doodmaakvermoë, dus verkieslik n groterige iets soos n 308. Ek sal verkies om n lae-vergroting teleskoop ook te gebruik.

Daar is n goeie kans dat n nabygeleë ou oom sy 303 na my kant toe laat kom. Wat doen n 303 met n 16" loop?

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 8:58 am
by JJV
Image
Daar was paar jaar gelede so artikel in die Magnum gewees hulle sny sy loop en sit opvou kolf op met teleskoop. JJ

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 10:13 am
by Smith223
Ds J wrote: Mon May 03, 2021 8:44 am Goeiemôre, help tog met n paar gedagtes, voorstelle ens: wat is die vereistes vir n goeterige bakkiegeweer?

Dit sal nie n geweer wees wat baie werk nie, maar iets wat "agter die sitplek lê" om soms n skoot of twee te skiet.

Ek werk baie tussen plase, en die boere is oor die algemeen dankbaar vir elke vlakvark en jakkals wat minder gemaak word. Soms sal ek ook groter wild moet skiet, maks BWB en koedoe. Dit is GEENSINS vir halfwettige of onwettige doeleindes nie.

Skietafstande is oor die algemeen korter, gewoonlik onder 200m.

Die een saak wat belangrik is, is dat die geweer kort en stil genoeg moet wees om vinnig en gemaklik in die kajuit van n bakkie te hanteer. n Knaldemper en n korter loop is dus ononderhandelbaar. Verder sal ek moet kyk na n kaliber met genoeg doodmaakvermoë, dus verkieslik n groterige iets soos n 308. Ek sal verkies om n lae-vergroting teleskoop ook te gebruik.

Daar is n goeie kans dat n nabygeleë ou oom sy 303 na my kant toe laat kom. Wat doen n 303 met n 16" loop?
Lees gerus Nico Harris se artikel oor sy bakkie geweer.
Hy het ‘n Howa-mini action .223, en die geweer kwyt hom nogal goed van sy taak. Ek weet jy het nou gevra oor ‘n groter kaliber , maar op die korter afstande is die .223 dodelik as die skootplasing reg is. Die vinniger twist rates van die mini-action maak die kooël keuse amper eindeloos.

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 10:50 am
by musgrave270
Wat van die Howa 6.5Grendel of 7.62x39? Kom standaard met n 20" loop van die rak af. Ek glo onder 200m sal beide mooi werk

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 10:52 am
by jankraay
Bakkie jag geweer met bietjie meer oemf...

7mm SAW
7-08 AI

162gn gemaklik teen 2900vps met n 26” light palma loop. Korter loop gaan ook lekker spoed kan gee.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 11:01 am
by Smitstertjies
musgrave270 wrote: Mon May 03, 2021 10:50 am Wat van die Howa 6.5Grendel of 7.62x39? Kom standaard met n 20" loop van die rak af. Ek glo onder 200m sal beide mooi werk

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Goeie keuse

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 11:28 am
by Klein Karoo
Ek was op n stadium baie lus vir so projek, kort loop 308.

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 12:01 pm
by Capt. Yoda
7-08AI, ek glo met n 20” loop sal mens genoeg spoed kry om n groterige bok plat te trek met n ordentlike 140gr koel anders is die maklike nommer n 308

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 12:16 pm
by Arnold
Ek reken dat 'n 308 in 'n AR10 platform met 'n kort 16" loop en 'n red dot sight nogals 'n lekker bakkie geweer kan maak.

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 12:25 pm
by Giepie
Daardie 303 sal goed werk, ek weet net nie van die 16" loop nie. 20" sal beter werk.

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 1:04 pm
by Killzone
musgrave270 wrote: Mon May 03, 2021 10:50 am Wat van die Howa 6.5Grendel of 7.62x39? Kom standaard met n 20" loop van die rak af. Ek glo onder 200m sal beide mooi werk

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Ek hou van hierdie! Kort, kragtig, nuut en die kolf is een wat bietjie geboelie kan word. En dan het Dominee sommer iets vir die klein span as hulle Modderbok wil jag 😇

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 1:08 pm
by JJV
Image

Dalk so iets?ImageImage

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 1:29 pm
by Ds J
Ek hou baie van die 7-08, veral as n mens n ligter mono koeël gebruik.

Teoretiese gedagte: n 125gr Kriek behoort darem seker naby 2700vps te trek, selfs met n 303.

Dan is dit n goeie kombinasie van n platter trajek vir plaagdiere, en genoegsame penetrasie vir groter wild.

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 1:33 pm
by Eduard Venter
Ds, is 'n demper regtig nodig? Dit maak die geweer ongemaklik lank en dit haak ook nog. Ek ry permanent 'n stel oormowwe saam in die bakkie en dit is baie handig. Ek het amper elke dag 'n geweer by my maar skiet nie eers een keer per week 'n skoot nie. Bygesê, my 243 met demper op bly maar my gunsteling en hy ry maar gereeld saam al is hy te lank.

As ek 'n 303 my bakkiegeweer moes maak sou ek kyk na iets soos 'n 125gr kriek punt. Andersins hou ek baie van die 6,5mm voorstelle.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 1:35 pm
by Eduard Venter
Sien ek en die dominee het ewe veel vertroue in Kriek. Puik koeëls en diens.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 2:06 pm
by Capt. Yoda
Dink hoe lekker sal 20" 243AI met n 70gr Ballistic tip teen 3300fps werk, net mik en druk

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 2:21 pm
by saswart
Toe ek die post eerste keer lees, verskoon my Ds, maar Stella is mos die Texas van SA, toe kon ek net dink aan die volgende...

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 4:03 pm
by Eugene
'n 7-08 met 'n 20" loop en "can" KD sal lekker werk. 'n Vriend het 'n .308W met 'n 19" loop en selfs met 150gr koeels, hoef daai kaliber vir niks terug te staan nie en skiet hy nog lekker saam op 1000m en nog beter op kort afstande uit die bakkie of vuis uit.

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 5:21 pm
by Gawie(13mm)
Arnold wrote: Mon May 03, 2021 12:16 pm Ek reken dat 'n 308 in 'n AR10 platform met 'n kort 16" loop en 'n red dot sight nogals 'n lekker bakkie geweer kan maak.
Met 'n 10 of selfs 30 skoot magesyn, sal vlekkie darem sy draf moet ken..:)

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 6:32 pm
by Mellies
n 308 met 20” loop spoeg n 150gr @ 2730 voete met IMR 3031. Ganog vir enige boksoort tot 200.

7-08 Rem met 24” loop kom by 3000voete uit RL17 agter n 140gr. Met n 22” loop en dieselfde resep stap n 140gr @ 2800voete.

150gr @ 2770voete. 160gr @ 2735voete. 22” loop en RL 17.

AI weergawe doen alles teen 50voete meer as sy std broer.

Met n 175gr en 22.5” loop kan die AI 2700voete doen onder 65000psi.

Met n vleisie...

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 7:05 pm
by Ds J
Mellies wrote: Mon May 03, 2021 6:32 pm n 308 met 20” loop spoeg n 150gr @ 2730 voete met IMR 3031. Ganog vir enige boksoort tot 200.

7-08 Rem met 24” loop kom by 3000voete uit RL17 agter n 140gr. Met n 22” loop en dieselfde resep stap n 140gr @ 2800voete.

150gr @ 2770voete. 160gr @ 2735voete. 22” loop en RL 17.

AI weergawe doen alles teen 50voete meer as sy std broer.

Met n 175gr en 22.5” loop kan die AI 2700voete doen onder 65000psi.

Met n vleisie...
Baie dankie! Ek is gewoond aan my ou 308 met n 180gr koeël teen 2400vps.

Die gedagte met n vinniger koeël is net om die skote op plaagdiere makliker te maak.

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 7:17 pm
by 264 Win Mag
Ds J as jy nie die 223 roete wil gaan nie kry vir jou 'n Howa in 300 Blackout hulle kom met 'n 18 duim loop bull barrel

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 7:19 pm
by Mellies
7-08 met n 120gr uit n 22” pyp met IMR 3031 doen 3050. +50voete vir die AI weergawe.

100gr doen 3330voete. 22” pyp en IMR 3031. +40voete vir AI weergawe.

Met n vleisie...

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 8:22 pm
by Ds J
Dit raak nou nou stout ;)

Ek sal nog n wyle broei en dan sien wat uitspring.

Het iemand ervaring om n teleskoop verder vorentoe op n geweer te monteer? Dit sal kan maak dat die kolf ook korter kan word.

Re: Bakkiegeweer: wat kan/mag/moet (nie)?

Posted: Mon May 03, 2021 8:50 pm
by Silwer
https://youtu.be/bSLyHTt8BuU
Die man se gepratery is langdradig, maar ek hou van die scout tipe gewere wat hy op Howa's bou.

Sent from my SM-A015F using Tapatalk