Page 1 of 1
375H&H vs 300H&H
Posted: Tue Apr 27, 2021 10:55 am
by vossie1
More meneere
Ek gaan weer Eland jag die jaar in Musina,ek besluit nou watse geweer om saam te vat? Ek het in 2019 n eland koei gejag op so 60m met my 375/300gr 2520ft/s perrigrine en was baie tevrede met die resultaat. Ek wil graag die jaar my 300H&H vat vir diesefde jag 168gr barnes TTSX 2980ft/s,ek is mal oor my 300 en hy is baie akuraat,my 375 is ook maar bietjie swaar vir so ver loop +-12km per dag op en af. Wat sou julle doen. Ek het n sintetiese kolf op die 375 gesit en dit is 700gram swaarder as die houtkolf,ek hou gladnie van die sintetiese kolf nie,dit voel net nie reg in my hande nie.
Re: 375H&H vs 300H&H
Posted: Tue Apr 27, 2021 11:00 am
by Capt. Yoda
Gooi hom met die 300 en die TTSX, as jy jou deel doen sal daai bok nir ver gaan nie
Re: 375H&H vs 300H&H
Posted: Tue Apr 27, 2021 11:02 am
by J le Roux
Vossie, jy het 2 kalibers wt die werk goed kan doen. Volg jou hart en gee die 300 hierdie keer 'n beurt.
Re: 375H&H vs 300H&H
Posted: Tue Apr 27, 2021 11:17 am
by vossie1
Dankie julle
Ja my hart se ook 300, so n lekker geweer als voel net reg as ek hom optel, en dan natuurlik die nostalgie van die kaliber is ook vir my baie nice.
Re: 375H&H vs 300H&H
Posted: Tue Apr 27, 2021 12:19 pm
by Willeboer
Daai 300h&h gaan mooi werk. Ek berei ook voor vir n Eland in Julie met my 300H&H. Ek gaan 200gn Accubonds gebruik. Sterkte ek hoop jy kry hom.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 375H&H vs 300H&H
Posted: Tue Apr 27, 2021 2:35 pm
by Thunderhead
Ek het paar keer gejag nou die jaar. Baie bly ek my 375 gebruik. Bos is baie ruig.
Re: 375H&H vs 300H&H
Posted: Tue Apr 27, 2021 2:51 pm
by Capt. Yoda
Die bos is baie ruig ja maar ek glo nie as jy n tak raak skiet of self nou deur n bos wil skiet dat die 375 beter gaan doen as jy n tak tref nie, op baie naby afstand kan jy seker bq meet vleis skade kry met die 300 maar hy gaan nog val
Re: 375H&H vs 300H&H
Posted: Tue Apr 27, 2021 5:26 pm
by Thunderhead
Capt. Oblivious wrote:Die bos is baie ruig ja maar ek glo nie as jy n tak raak skiet of self nou deur n bos wil skiet dat die 375 beter gaan doen as jy n tak tref nie, op baie naby afstand kan jy seker bq meet vleis skade kry met die 300 maar hy gaan nog val
Jy is 100% reg .300 met barnes sal die bok dood skiet.Dit gaan nie net oor takke nie 375 slaan harder en maak n groter gat, spoorsny in die lang dik gras raak moeilik dis hoekom ek bly is ek het hom gebruik.
Sent from my SM-N770F using Tapatalk
Re: 375H&H vs 300H&H
Posted: Mon May 03, 2021 11:12 am
by KalahariKlong
Vat die 300. Jy kan n bok ook net so dood skiet.