Page 1 of 1

Sako Forester 308

Posted: Mon Apr 26, 2021 11:02 am
by PJB
Goeie more almal
Ek is seker die mense is moeg vir die vra maar ekt dringend hulp nodig.
Ek laai vir my pa se 308 rondtes en die jag-naweke is om die draai.
Ons kruit is klaar en moet dit met iets vervang.

Ons het S335 (41.7g ) balkie skaal gebruik
PMP L Primers
163g PMP punte
TPL 68mm
Hy was perfek vir hom groepering gewys en het al n klomp diere laat plat val soder dat iets weg gekom het ;-)

Enige hulp sal baie waardeer word mbt wat ons die kruit me kan vervang en en hoe naby sal dit wees om die lading net weer so te kan gebruik of sal ek moet aanpas?

Beste groete
Pieter

Re: Sako Forester 308

Posted: Mon Apr 26, 2021 12:18 pm
by tripodmvr
Sien my antwoord by jou 7x57 vraag. Gee wat jy nog beskikbaar het. Met die 308 kan jy goedkoper wegkom met S341, S321 of Riflex se S321 of S341 ekwivalente.

Ek neem aan jy bedoel 168gr PMP?

Re: Sako Forester 308

Posted: Mon Apr 26, 2021 12:24 pm
by PJB
Askuus Trip
Ja dis 168gr
Ek sal loer vir die S341 en S321
dalk sal ek so reg kom.
Ekt niks kruit beskikbaar nie so ek sal defnetief iets anders moet aanskaf. Vir my 7x57 sal ek ook iets moet gaan kry.

Dankie vir die hulp Trip.
Ek waardeer

Re: Sako Forester 308

Posted: Mon Apr 26, 2021 1:06 pm
by tripodmvr
Enige S321 of S341 sal vir jou jag ammunisie kan gee. Riflex se weergawes daarvan sal ook werk. Ek bedoel in beide 7x57 en 308.

Ek sien Riflex by Zimbi teen R490. Helfte van die prys van oorsee se dryfmiddels.

Re: Sako Forester 308

Posted: Tue Apr 27, 2021 8:39 am
by PJB
Baie dankie Trip
Waardeer dit baie
Groete