Page 1 of 1

243 Herlaai data

Posted: Sat Apr 17, 2021 10:27 am
by Muller88
Goeie dag,

Kan iemand my moontlik ook help met begin ladings vir die volgende:

S365 kruit
Sierre 100gr SBT punte
Federal LR primers
PMP doppe

Dankie

Re: 243 Herlaai data

Posted: Sat Apr 17, 2021 5:35 pm
by tripodmvr

Re: 243 Herlaai data

Posted: Tue Apr 20, 2021 10:49 am
by the kid
Wat is die twist op jou loop. Ek het gister gekyk na laai data vir 243 met 1 in 10 twist. En die stability calculator se jy gaan sukkel om hom vinnig genoeg te stoot. Ek het net baie vinnig vir iemand gekyk, so kan dalk verkeerd wees. Wonder sommer net of jy dit oorweeg het?

Re: 243 Herlaai data

Posted: Tue Apr 20, 2021 11:48 am
by tripodmvr
Indien dit 'n 1 in 10 loop is dan sal 100gr platgat koeƫls gewoonlik nog werk. Enige bootsterte begin langer word en kan dan sukkel om te groepeer.

Re: 243 Herlaai data

Posted: Tue Apr 20, 2021 11:58 am
by Capt. Yoda
Sal ook n impak he waar in die land hy die koele gaan skiet maar soos Oom Tripod se meest 100gr Jag koels vir 243 is "kort" met plat bases so hulle werk nog in 1/10 twists

Re: 243 Herlaai data

Posted: Tue Apr 20, 2021 12:13 pm
by swc-tr
100gr Sierra GameKing (SPBT) werk sedert vroeg 1980's in my broer se .243 Sako L579 Forrester 1-10"
Afhangend van dopkapasiteit en spesifieke lot S365, lewer 39gr - 40gr goeie resultate, begin egter laer ladings toets in jou geweer, en vra die QL manne vir verdere hulp.