Page 1 of 3

Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 9:42 am
by sako 30-06
Ek het n kontak waar ek redelike hoeveelhede vet kan kry elke week. Met die vet prys wat so die hoogte in skiet gedurende die jagseisoen het ek dit goed gedink om van die vet te verpak en verkoop aan die manne wat sukkel om vet in die hande te kry. Anders gaan ek net genoeg bymekaar maak om in my vleis te gebruik.

Ek is in Boksburg so die is nou nie vir die manne in die Kaap nie ;D

Wat betaal die slaghuise nou vir vet?

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 10:12 am
by Capt. Yoda
Ek het onlangs gesien van net so oor die R45 tot R64 pKg, ek dink die goedkoop prys was net as jy die wors by hulle laat maak

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 10:24 am
by Riaan Kriel
2 Weke terug uitgevind by Mahems Abbatoir - R90/kg vir brisket vet :-\

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 10:29 am
by sako 30-06
Riaan dit is belaglik, so wat gaan verwerking kos as die vet so duur is?

Vet is in 2kg pakke.

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 10:52 am
by Riaan Kriel
sako 30-06 wrote: Mon Apr 12, 2021 10:29 am Riaan dit is belaglik, so wat gaan verwerking kos as die vet so duur is?

Vet is in 2kg pakke.
Presies.... dit raak erg.

Ek het 20kg gekoop vir die blesbokke en rooibokke se verwerking. Daar is darem seker so 9kg oor maar daar kom nog 'n eland, 2 gemsbokke en 'n springbok of 2 ook nog later in die seisoen so ek voorsien dat ek nog heelwat sal moet kry om alles te verwerk.

Sal verseker belangstel om ook te bestel as prys billik is. Sal net moet 'n plan maak om dit tot by my te kry.

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 11:52 am
by sako 30-06
Soos dinge nou lyk, sal ek seker so R50/kg vra.

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 12:23 pm
by Chris (vdB)
Ek het so maand terug R60 p/kg vir brisket vet betaal in Bloemfontein, dit was die goedkoopste en R35 p/kg vir vark spek. Die ander slaghuise was ook tussen R75 en R85 p/kg vir brisket vet. Dan praat ons nie van Crown National nie, hulle is ver oor n' R100, het gehoor hulle verkoop ook nie meer vet by die Bloemfontein tak nie, want niemand wil dit koop teen daai pryse nie.

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 12:26 pm
by Capt. Yoda
Genade en ek het gedink R64 is baie

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 1:16 pm
by J le Roux
Ek kry Beesvet deur 'n geheime kanaal teen R40/kg. Dit is body fat, maar bevat ook maar harde vet. Ek gebruik die sagter vet vir droewors en die harder vet vir boerewors.

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 1:31 pm
by sako 30-06
Die pryse raag net belagliker by die dag.

Dit laat my dink aan die dae toe ek nog skaapstertjies kon koop teen R25/kg vir n 20kg boks.

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 1:35 pm
by joe rocket
Ons sal nou beeste en skape moet jag.

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 2:51 pm
by cassie_calvinia
Bees body fat werk net so goed. ons koop vir R25/kg. nie harde vet

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 4:39 pm
by finch
Hierdie laat mens altyd wonder wat gaan alles in n rolletjie wors wat R65/kg kos?

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 4:45 pm
by prohunt
finch wrote: Mon Apr 12, 2021 4:39 pm Hierdie laat mens altyd wonder wat gaan alles in n rolletjie wors wat R65/kg kos?
Hallo Finch, kyk mooi dis eintlik R132/kg :o

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 4:50 pm
by finch
prohunt wrote: Mon Apr 12, 2021 4:45 pm
finch wrote: Mon Apr 12, 2021 4:39 pm Hierdie laat mens altyd wonder wat gaan alles in n rolletjie wors wat R65/kg kos?
Hallo Finch, kyk mooi dis eintlik R132/kg :o
Dankie vir die uitwys!

Hierdie vermoee van my om alles half te lees is juis hoekom ek nie met n balkie skaal kruit weeg nie...

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 6:14 pm
by Capt. Yoda
finch wrote: Mon Apr 12, 2021 4:39 pm Hierdie laat mens altyd wonder wat gaan alles in n rolletjie wors wat R65/kg kos?
Daar gaan ma snaakse goed ook in, is nou nou ouma se wors wat sy en oupa da op die plaas gemaak het nie. As hy lekker is is dit ma beter om nie te veel te dink oor wat alles daar in gaan nie

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 6:23 pm
by ruaanb
Die nou die dag in vas geloop.
Image

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 6:48 pm
by sako 30-06
Glad nie n slegte prys nie, maar wie kan 200kg op n slag koop.
Sien ook dis Dry Ager en matured :)
Nie seker of Dry Ager n nuwe ding is vir vet nie.

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 7:37 pm
by Diesel Dog
My vrou se hans-lammers slag so 45KG uit dis tyd dat sy vir haar ma gaan kuier ek het vet vleis nodig! Ek ontbeen die hele skaap en meng met wilds vleis.

DD

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 7:58 pm
by JJV
Ek het skoon vetstert skaapvet nou onlangs gekoop vir R60/kg. Dit was in Carnarvon.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Mon Apr 12, 2021 9:13 pm
by Capt. Yoda
ruaanb wrote: Mon Apr 12, 2021 6:23 pm Die nou die dag in vas geloop.
Image
My suster werk vir die plek wat meeste van Woolies se vleis voorsien en hulle begin ok nou die japanase vleis doen maar die toetse wat hulle gedoen het kan jy glad nie daai vet en vleis maal nie, soos wat ek verstaan is daar nie iets soos “Wagyu” wors of patties volgens wat hulle kon sien nie, wat presies hulle alles getoes het is ek nie seker nie maar 100 Wagyu maal nie en word basies polonie botter. Die body fat kan heel moontlik soos gewone bees sin werk maar ja 200kg is nogals n vrag om te bere

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Tue Apr 13, 2021 7:42 am
by Rasmus
Ek vermoed hulle try iemand vang met die dry aged waguy vet. Gaan loer bietjie hoe lyk daai vet as so n stuk vleis vir 60 dae in een van daai dry aged masjiene verouder is.....

Even die restaurante sny daai vet weg. Vermoed jou droëwors gaan dalk so n erge blou kaas smaak hê.....

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Tue Apr 13, 2021 9:28 am
by Dimitri
Sako's R50/kg deal for beef brisket fat sounds reasonable.

If you look in the wrong place for brisket fat you will be shocked at the prices. One guy quoted me R149/kg last year.

You can try this if you are going to process your meat on the farm. It worked for me. Contact the Shoprite/Checkers/PicknPay nearest to the farm where you will be hunting and ask them to give you a price. I just got quoted R35.95/kg of real brisket fat in 10kg frozen boxes. They are an hour away from the farm but they deliver to the area every 2 weeks so I'm making the arrangements that my fat will be waiting for me at the farm when I arrive. Farmers often visit the local town anyway from time to time so you could always ask the farmer to collect for you on their next visit. If neither of those options worked I would have picked it up on my way to the farm as it is on my route.

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Tue Apr 13, 2021 8:54 pm
by ruaanb
Capt. Oblivious wrote:
ruaanb wrote: Mon Apr 12, 2021 6:23 pm Die nou die dag in vas geloop.
Image
My suster werk vir die plek wat meeste van Woolies se vleis voorsien en hulle begin ok nou die japanase vleis doen maar die toetse wat hulle gedoen het kan jy glad nie daai vet en vleis maal nie, soos wat ek verstaan is daar nie iets soos “Wagyu” wors of patties volgens wat hulle kon sien nie, wat presies hulle alles getoes het is ek nie seker nie maar 100 Wagyu maal nie en word basies polonie botter. Die body fat kan heel moontlik soos gewone bees sin werk maar ja 200kg is nogals n vrag om te bere
Ek het aan dit gedink nogal.

Re: Brisket en beesstert vet

Posted: Fri Apr 16, 2021 10:28 am
by Dolf014
sako 30-06 wrote: Mon Apr 12, 2021 11:52 am Soos dinge nou lyk, sal ek seker so R50/kg vra.
Sako as daar net n manier was om transport na Kathu te reel sou ek baie van daai vet koop.