Page 1 of 2

Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sat Apr 10, 2021 2:06 pm
by Ammion
Wil graag weet of daar nog manne is wat die nodigheid sien vir 'n toegewyde Rimfire seksie hier op Jaracal? Soos daar is vir Windbukse, Swartkruit, Haelgewere ens. Seksie waar Rimfire spesifieke aangeleenthede bespreek kan word. Ek sien die populariteit van die .22 het redelik toe geneem ookant die water en dit gaan nie lank wees voor .22 PRS en .22 F-Klas hier ook sy verskyning maak.

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sat Apr 10, 2021 2:07 pm
by Ammion
Dalk is daar reeds so seksie en ek mis dit dalk net.

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sat Apr 10, 2021 2:43 pm
by Ranger
I'm keen.

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sat Apr 10, 2021 3:16 pm
by Dumbluck
Ek stem ook die .22 verdien sy eie afdeling.

NRL22 het al in 2019 begin en PRS22 ook al 'n tydjie aan die gangImage

https://www.instagram.com/p/B1FJ004AI-I ... qv34eabqg5

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sat Apr 10, 2021 3:18 pm
by Capt. Yoda
Elke keer as ek seksie lees dink ek aan ander goed

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sat Apr 10, 2021 3:21 pm
by Ammion
Dumbluck wrote: Sat Apr 10, 2021 3:16 pm Ek stem ook die .22 verdien sy eie afdeling.

NRL22 het al in 2019 begin en PRS22 ook al 'n tydjie aan die gangImage

https://www.instagram.com/p/B1FJ004AI-I ... qv34eabqg5

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Dalk is afdeling 'n beter woord ...... vir die manne wat anders dink ......

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sat Apr 10, 2021 3:31 pm
by Killzone
Mmm... 'n Randslag-bende 😊

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sat Apr 10, 2021 3:43 pm
by joe rocket
Capt. Oblivious wrote: Sat Apr 10, 2021 3:18 pm Elke keer as ek seksie lees dink ek aan ander goed


soos?

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sat Apr 10, 2021 6:29 pm
by Gawie(13mm)
Ek is in soos gin!!!

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sat Apr 10, 2021 6:45 pm
by Francoisv
Gawie(13mm) wrote:Ek is in soos gin!!!
Ditto

2 daughters. Plenty guns.


Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sun Apr 11, 2021 8:00 am
by tripodmvr
Wie gaan dapper wees en vir Jaracal PM en vra vir 'n "Slegs 22 randslag" afdeling onder "Firearms/Vuurwapens"

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sun Apr 11, 2021 8:19 am
by Gawie(13mm)
tripodmvr wrote: Sun Apr 11, 2021 8:00 am Wie gaan dapper wees en vir Jaracal PM en vra vir 'n "Slegs 22 randslag" afdeling onder "Firearms/Vuurwapens"
Dankie vir jou bereidheid om ons saak aan te voer Marius. Ons waardeer jou toewyding tot ons saak en ondersteun jou een honderd persent. ;D

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sun Apr 11, 2021 8:19 am
by Diesel Dog
Is hier manne wat wil afstig! :laugh: :laugh:

DD

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sun Apr 11, 2021 9:28 am
by airhunter
It’s a go
Asseblief. Dit sal n lekker bederf wees om n toegewyde seksie afdeling daarvoor te hê ++>:

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sun Apr 11, 2021 10:54 am
by tripodmvr
Gawie, ek is maar 'n bang man en baie teruggetrokke.

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sun Apr 11, 2021 11:49 am
by Capt. Yoda
Ek sal graag wil sien wat julle manne met n 22 maak, ek dink Paul gaan julle teleurstel. Yeti dryf ook n .22 al te mooi

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sun Apr 11, 2021 12:27 pm
by Gawie(13mm)
Capt. Oblivious wrote: Sun Apr 11, 2021 11:49 am Ek sal graag wil sien wat julle manne met n 22 maak, ek dink Paul gaan julle teleurstel. Yeti dryf ook n .22 al te mooi
Hou vas my CBC!

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sun Apr 11, 2021 12:32 pm
by tripodmvr
Het 'n versoek aan Hein gestuur. Julle vra so mooi.

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sun Apr 11, 2021 12:42 pm
by Ammion

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sun Apr 11, 2021 12:45 pm
by Ammion
tripodmvr wrote: Sun Apr 11, 2021 12:32 pm Het 'n versoek aan Hein gestuur. Julle vra so mooi.
Baie dankie, Marius!

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Thu Jun 24, 2021 8:13 am
by Muishonde
Dagse . Het ons nou al n Toegewyde Rimfire Seksie ?
Moet se ek geniet my Bruno mod 2 baie, kan mooi uit dail tot 400m
Groete Muishond

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Thu Jun 24, 2021 8:48 am
by Riaan Kriel
Sal ook graag meer wil leer oor die randslag gewere en maniere om akkuraatheid te verbeter op my 2 .22 geweertjies.

Ek het 'n ou Krico geweertjie. Na baie frustrasie agtergekom hy doen beter met standaardsnelheid ammunisie en dan ook 'n CZ een, ook 'n gewone dunloop een. Dieselfde frustrasie tot ek agterkom dat hy doen weer beter met hoë snelheid ammunisie. Die probleem bly maar om 'n konstante beskikbaarheid van ammunisie te kry. Die rondspringery tussen soorte en gewigte help nie juis konstante akkuraatheid aan nie :P

Dus sal ek graag meer wil leer oor geweer/ammunisie kombinasies wat die beste akkuraatheid kan gee, of wat gedoen kan word om .22's meer akkuraat te kry. Slegs akkurate gewere is mos interessant ;) :)

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Thu Jun 24, 2021 9:15 am
by Eugene
Ek sal dit ook geniet. Ek oefen deesdae baie meer met die .22 en mens kan lekker jou windlees oefen op ‘n korter baan met ‘n .22.

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Thu Jun 24, 2021 9:36 am
by WitWillem (Charl)
Send IT sal weer op 4 September 'n .22LR ELR kompetisie in die Kaap aanbied.

Die baan is net buite Wellington oppad Durbanville toe en teikens staan tussen 75m en 430m.

Dalk reel ons sommer 'n oefen dag ook voor die skiet!!!

Ek sal die detail van die kompetisie hier plaas wanneer die inskrywings oopmaak - hoop net ek onthou.
Anders moet julle manne maar by ons Telegram groep aansluit waar al die inligting bekend gemaak word.
Groete
C

Re: Toegewyde Rimfire Seksie

Posted: Sat Sep 04, 2021 6:20 pm
by Francoisv
Ons het vandag die Send-it 22 ELR geskiet. FDV skiet die laaste gonge raak op 431m met 26moa wind. Crazy.

My geweer werk baie goed tot op 350m maar dan val die wiele af wat elevasie betref. Ek het die 40gr Lapua Centre -X voorheen uitgeweeg maar dit het geen noembare verskil gemaak. ES is 9fps oor 20 skote. MV 1035.