Page 1 of 1

Sako 308 win

Posted: Tue Apr 06, 2021 2:36 pm
by vossie1
Middag meneere

Ek het n Sako 308win wat se loop ek wil laat korter sny van 22" na 18",dit is my vark geweer met n Aimpoint red dot op. Ek wil weet watse silencers kan ek na kyk wat oor die loop skroef om hom lekker kort en kompak te hou,hy het tans n silencer maar die ding is staal en skroef net voor op en gaan nie oor die loop nie. Die doel is om die gun so kort en lig moontlik te hou,kan ook sonder silencer as dit moet maar ek soek die opsie.

Groete
Vossie

Re: Sako 308 win

Posted: Tue Apr 06, 2021 2:38 pm
by Toyrsi
Hi Vossie.
Jy kan kyk na die Warrior Shorty.
Skuif wel nie oor loop nie maar lekker kort en lig.
Groete

Re: Sako 308 win

Posted: Tue Apr 06, 2021 2:43 pm
by Arnold
Aimzonic is lig en skuif terug oor die loop. Hy werk baie lekker op my 20" 30-06.

Re: Sako 308 win

Posted: Tue Apr 06, 2021 3:18 pm
by vossie1
Dankie Jacques en Arnold,ek sal beslis kyk na die Aimzonic want die geweer sal nooi baie skote skiet nie so die warm word is nie n probleem nie.
Watse skroefdraad moet ek laat sny Arnold?
Groete
Vossie

Re: Sako 308 win

Posted: Tue Apr 06, 2021 3:41 pm
by tripodmvr
Vossie, dit gaan afhang van die loop se dikte voor. Die meeste skroefdraad in RSA lyk my is metries. Amerika gebruik 5/8 skroefdraad in baie gevalle.

Re: Sako 308 win

Posted: Tue Apr 06, 2021 5:33 pm
by Capt. Yoda
Daai shorty

Re: Sako 308 win

Posted: Tue Apr 06, 2021 6:27 pm
by vossie1
Dankie Oom Driepoot Arnold het my klaar gese dit hang maar af van loop dikte en as ek so lees is 14/1 skroefdraad.

Cappie praat met my,jy se baie ma jy se niks

Re: Sako 308 win

Posted: Wed Apr 07, 2021 7:28 am
by Capt. Yoda
Daai shorty sal mooi werk op n 18” loop, hy skuif nie oor die loop soos n reflex nie maar is lekker kort en baie lig. Jy kan nog sy external break ook op sit sou jy nog recoil wil weg vat

https://www.gunwarrior.co.za/warrior-shorty-silencer

Re: Sako 308 win

Posted: Wed Apr 07, 2021 3:58 pm
by vossie1
Dankie Cappie,ek sal kyk! loop gaan 18" wees.

Re: Sako 308 win

Posted: Wed Apr 07, 2021 4:51 pm
by Capt. Yoda
Daai shorty is omtrent so lank soos Rocket se tekowaan so hy kan werk

Re: Sako 308 win

Posted: Wed Apr 07, 2021 6:23 pm
by Mellies
Capt. Oblivious wrote: Wed Apr 07, 2021 4:51 pm Daai shorty is omtrent so lank soos Rocket se tekowaan so hy kan werk
:laugh: :laugh:

Met n vleisie...

Re: Sako 308 win

Posted: Thu Apr 08, 2021 8:55 am
by joe rocket
Capt. Oblivious wrote: Wed Apr 07, 2021 4:51 pm Daai shorty is omtrent so lank soos Rocket se tekowaan so hy kan werk

Die shorty werk lekker met internal brake nie nodig vir external brake nie. Shorty is bietjie harder op die oor as die standaard reflex demper.

Re: Sako 308 win

Posted: Sat Apr 10, 2021 9:53 am
by Zane de Beer
Ek het self 'n shorty op my 308, baie gelukkig met hom...
IMG_4129_1.jpg

Re: Sako 308 win

Posted: Tue Apr 27, 2021 3:18 pm
by vossie1
Hier is die shorty,sal kyk om mooier foto te plaas. 18" loop met Aimzonic 42s reflex op