Page 1 of 1

Slyp van maaler se Lem en Sif

Posted: Mon Jan 09, 2012 3:17 pm
by pietjacobs
Middag Almal en voorspoed,

Kan iemand asseblief vir my se waar in Pretoria kan ek my vleis maaler se lem en sif laat slyp. Ek het nou al 'n paar plekke probeer en almal kyk my maar net so snaaks aan asof ek mal is.

Die groot stad is nie altyd beter nie lyk dit my  :(

Groete,
Piet

Re: Slyp van maaler se Lem en Sif

Posted: Mon Jan 09, 2012 5:23 pm
by Theo E
Bel vir johan 0827703510
He will tell u who can help u
it might be cheaper to buy a new one if you have to drive to far
He repairs Butchary equipment

Re: Slyp van maaler se Lem en Sif

Posted: Mon Jan 09, 2012 7:42 pm
by pietjacobs
Dankie Theo.

Lyk my skuurpapier is maar die uitweg  ;D

Re: Slyp van maaler se Lem en Sif

Posted: Mon Jan 09, 2012 8:15 pm
by Francois Marais
Piet

Ek onthou my pa het altyd so geslyp, fyn grid water skuurpapier en n dikkerige glasblad, maar jy moet weet wat jy doen, en BAIE tyd he........dit kan egter jou best bed wees.....

Mooi loop
Francois

Re: Slyp van maaler se Lem en Sif

Posted: Mon Jan 09, 2012 9:33 pm
by johan
Het die regte gereedskap hier,Jones&Shipman vlakslyper,maar dis bietjie uit jou koers uit,Graaff-Reinet area.

Re: Slyp van maaler se Lem en Sif

Posted: Mon Jan 09, 2012 11:36 pm
by GERT vd M
Doen dit sommer self.  Gebruik n stuk glas op n gladde oppervlak met rubbing compound. Maak sirkel bewegings op die glas. 
                              GROETNIS
                                GERT

Re: Slyp van maaler se Lem en Sif

Posted: Tue Jan 10, 2012 7:36 am
by Skolla
pietjacobs wrote: Kan iemand asseblief vir my se waar in Pretoria kan ek my vleis maaler se lem en sif laat slyp. Ek het nou al 'n paar plekke probeer en almal kyk my maar net so snaaks aan asof ek mal is.
Ek slyp myne elke keer voor ek maal self, ook maar op skuurpapier, maar dan kry hy nie kans om baie stomp te word nie, en hy slyp sommer gou.
Enige iemand wat draaibank werk kan doen behoort hom vir jou te kan regmaak?

Re: Slyp van maaler se Lem en Sif

Posted: Tue Jan 10, 2012 10:27 am
by Coenie (Swift)
Daar is 'n omie in Rooihuiskraal wat dit doen so R150 vir 3 stelle.

Sal net sy nommer gaan soek

Re: Slyp van maaler se Lem en Sif

Posted: Tue Jan 10, 2012 11:49 am
by pietjacobs
Dankoe Swift. Sal jy hom asseblief vir my PM

Re: Slyp van maaler se Lem en Sif

Posted: Tue Jan 10, 2012 12:00 pm
by Frikkie Coetzee
Piet

As jy nie regkom nie bel Oom Danie van Rensburg 048 881 2215.

Hy doen dit wel op n surface grinder. Dit werk . Hy doen myne

Frikkie