Page 1 of 2
SAPS Licence Competency Status App
Posted: Mon Mar 29, 2021 8:55 am
by Theunodb
Goeie more,
Ek het tot dusver die SAPS website gekyk om te sien waar trek my aansoeke, en het toe besluit om die iOS weergawe van die "Where's my app" te maak. Julle kan hom hier aflaai:
http://onelink.to/sj489f
In opsomming bied die app die volgende:
- Jy kan inlog as jy wil, of jy kan hom anoniem gebruik. As jy inlog dan kan jy jou status op meer as 1 foon / nuwe foon ook monitor
- Ons stoor geen persoonlike data nie
- Die app wys wat op die SAPS website is
- Jy kan jou aansoek datum invul om te sien hoe lank hy al besig is
- Jy kan die hoof
www.saps.org.za website en die aansoek website se status sien
Ons is besig om die volgende by te sit:
- Automaties update van jou aansoek status
- App notification as jou status verander.
Laat weet my wat julle dink, en of daar iets is wat julle dink ek moet bysit:
http://onelink.to/sj489f
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Mon Mar 29, 2021 10:02 am
by heywillie
Afgelaai en getoets.
UI is baie netjies en modern, baie beter as van die ander apps.
Ek sien die formule om die werksdae uit te werk neem nie vakansie dae in ag nie. Hy gooi my aansoek met so 5 dae uit.
Welgedaan !
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Mon Mar 29, 2021 10:06 am
by Theunodb
Dankie heywillie! Dankie dat jy laat weet, ek sal kyk dat ons die vakansie dae inkry, ons wou die eerste weergawe so gou as moontlik uitkry. Ons sal nou begin polish!
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Mon Mar 29, 2021 7:56 pm
by 3kus
Lyk goed en stem hy werk lekker maklik. As hy nou net my lisensies se goedkeuring ook kan bespoedig!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Tue Mar 30, 2021 8:46 am
by finch
Kan mens nie goedkeuring gee dat GOSA of prokureers wat sake teen huidige stelsel het die beperkte inligting van die toep in die hande kry nie? Dit sal mos net hulle sake vergemaklik as hul meer inligting het om te bewys die stelsel werk nie. Ek is seker daar is baie mense wat al, soos ek, langer as 90dae wag en met die deel van beperkte inligting kan mens dalk n stappie nader wees aan SAPS in n blik druk om of by die reels te bly of die te erken die stelsel werk nie en kort n herbesin. Ek sal instem dat my inligting op die app gedeel kan word vir uitsluitlik vir hierdie doeleindes.
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Tue Mar 30, 2021 8:52 am
by Theunodb
Goeie more Finch,
Ek het self 'n paar keer hieroor gedink en gewonder. Ons stoor elkegeval geen persoonlike inligting nie, maar ek kan sien hoe van die inligting waardevol kan wees vir die regte mense. Ek sal in kontak kom met 'n paar mense en hoor hoe mens vorentoe kan gaan.
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Tue Mar 30, 2021 10:55 am
by Frederik
Werk maklik dankie
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Tue Mar 30, 2021 2:24 pm
by Theunodb
Frederik wrote:Werk maklik dankie
Plesier!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Tue Apr 06, 2021 11:12 am
by Rasmus
More
Watter datum sit julle in? Datum op die kwitansie of die datum wat hy gecapture is by jou stasie?
My datum wys as 90/124 wat beteken dit?
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Tue Apr 06, 2021 11:16 am
by Theunodb
Ek was lucky en het 'n sms gekry die selfde dag wat hulle hom gecapture het. So ek het daai dag as die datum ingesit.
Die 90/124 beteken 90 werks dae, en 124 calendar days (Ons het nog nie die vakansie dae uitgehaal nie, maar dit behoort jou min of meer 'n idee te gee hoe lank)
Ek het toe myne 90 getrek het hulle in die hande gekry, waar hulle toe vir my gese het dis nie meer 90 dae nie, dit is nou 130 werk dae average.
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Tue Apr 06, 2021 11:40 am
by Rasmus
Dankie
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Tue Apr 06, 2021 1:17 pm
by JohanvanZyl
Baie dankie vir die app. Werk baie goed en maak dit nou nog makliker om kwaad te wees vir die manne wat so lank vat. Ek vra die volgende as iemand dalk kan help:
My aansoek is 120/168 dae. Die status seg die volgende: In Preperation for Consideration en dan No status available contact the DFO.
Waar in die proses trek die aansoek en moet ek wag of die DFO bel om te hoor wat is fout? Ek is baie onseker oor wat volgende moet gebeur.
Groete
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Tue Apr 06, 2021 1:36 pm
by Theunodb
Myne was so van die 03/11 in die IN PREPARATION status, en toe is dit asof hy aftraande geslaan het, was toe 1 dag in CONSIDERATION, en die volgende dag APPROVED
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Tue Apr 06, 2021 3:15 pm
by HeinSavage
Baie dankie vir die app! Maak dinge soveel makliker.
Myne skop vandag 'n "Error" uit - SocketException: OS error: Connection reset by peer...." uit. Die SAPS site is wel online.
My sad storie kom al van Oktober af laas jaar...
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Tue Apr 06, 2021 3:56 pm
by Theunodb
HeinSavage wrote: Tue Apr 06, 2021 3:15 pm
Baie dankie vir die app! Maak dinge soveel makliker.
Myne skop vandag 'n "Error" uit - SocketException: OS error: Connection reset by peer...." uit. Die SAPS site is wel online.
My sad storie kom al van Oktober af laas jaar...
HeinSavage jy kan af swipe op die skerm om manually te refresh. As jy nie regkom nie kan jy my 'n boodskap stuur met jou id en reference nommer, of you reference en serial nommer dan kyk ek wat gaan aan op jou aansoek
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Tue Apr 06, 2021 9:07 pm
by HeinSavage
Dankie, myne werk nou weer sonder dat ek iets gedoen het.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Wed Apr 07, 2021 5:54 am
by Frederik
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Fri Apr 09, 2021 12:23 pm
by Theunodb
Ons het 'n die app geupdate om die application statuses te wys.
Jy kan die verskillende statuses vir LICENSE, RENEWAL, COMPETENCY sien deur na die kant menu te gaan (Kliek lings bo in die hoek op die icon)
Of jy kan op jou eie application kliek om te sien hoe ver in die process jy is:
Laat weet my as ons 'n status gemis het!

Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Fri Apr 09, 2021 1:40 pm
by Lategan1
Uitstekend, dankie!
Eenvoud is uitstaande.
Beste.
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Fri Apr 09, 2021 1:56 pm
by Maroelas
Is die Statusses beskikbaar op die Android app? Ek sien dit nie. Of net op IOS?
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Fri Apr 09, 2021 1:58 pm
by Theunodb
Maroelas wrote:Is die Statusses beskikbaar op die Android app? Ek sien dit nie. Of net op IOS?
Vir nou is hy net op die ios app, ons is besig om saam die eienaar van die android app te werk om te sien hoe kan ons die beste saamwerk.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Fri Apr 09, 2021 2:03 pm
by Maroelas
Dankie
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Sat Apr 10, 2021 7:24 pm
by Speelmansjagter
Werk kwaai
Dankie
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Wed Apr 14, 2021 8:31 pm
by Theunodb
Ons het ‘n update gelaai wat die aansoeke wat nog nie op die SAPS stelsel is nie stoor sodat jy later weer kan probeer.
https://apps.apple.com/za/app/saps-lice ... 1559736869
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: SAPS Licence Competency Status App
Posted: Fri May 14, 2021 8:28 am
by HeinSavage
More,
Is daar fout op die app? Myne wil glad nie inlog nie.
Groete,
Hein