Page 1 of 3
Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Sun Jan 08, 2012 10:32 pm
by Jassie
Lede en belangstellendes
Ons het so 'n 2-dag "partytjie" saam met ou Taffie gere?l wat drie dae kan duur, 'n besondere GELEENTHEID hier in die noorde.
Die kursus volg eintlik sommer na die 26 ste se PMP storie en duur tot die Sondag oggend (29 Januarie 2012)
Venue: Parys op die Vaalrivier en in die Vredefort koepel.
Ons trek sommer van die PMP-storie klaar is, af na die Vredefortkoepel toe by Parys- maw die Donderdag aand 26/1/2012
Die kursus begin dan Vrydag oggend 27/1 om 09h00 en maak klaar, Saterdag namiddag.
Vrydag- en Saterdag aand is daar prakties en dag/oggend roepe word ook beplan. Die kursusgangers kan dan Saterdagaand of Sondag oggend 29/1 huiswaarts keer.
Konferensie fasiliteite en slaapplek is gere?l beddegoed en alles en ek wil dit verder so reel dat jy eintlik net jou "water" en die toerusting ens. saam hoef te bring.
Koste beloop +- R2100-00 per persoon as jy al drie die aande wil oorstaan. (Slaapplek in, kos uit- sal nog kos re?l)
Taffie is daar vir al drie die aande en is deel van die kursus.
Laat my weet per Jaracal PM (Private Mail) so gou doenlik sodat ons die fynere re?lings kan raakvat. Weens die beperkte hoeveelheid plekke beskikbaar hanteer ons toelatings tot die kursus op 'n "first come first serve"- basis.
Groete
JAS
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Mon Jan 09, 2012 12:47 pm
by Jassie
Terwyl die wyse manne uit die diep Suide en die verre Noorde hier in ons midde is, het Dawie D ingestem om sommer aan ons die fynere punte, geheimpies en die kuns van lig uit te wys. Ons sal dit seker die Donderdagaand moet inpas?

'n Luilekker naweek raak nou sommer 'n werkery met min slaap. (Gelukkig is ons nie sussies nie)
Dankie Dawie.
PS
Gerhard
Help asb- Kan jy miskien vir ons die link na Dawie se kursus hier post? - my onoselheid haal my nou in.
Groete
JAS
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Mon Jan 09, 2012 1:56 pm
by Ian
Gaan kyk op
www.kommandonek.co.za
Ek het ook +-3000 ha gekry waar daar nog nooit geroep was nie, dit gaan 'n besonderse kursus wees en sien uit om almal te ontmoed.
Net 'n lugfoto van Kommandonek.
Groete
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Mon Jan 09, 2012 1:57 pm
by Jassie
Ian
Kan jy sommer vir volledigheid asb bietjie die webwerf op sit waar die kursus gaan plaasvind.
Dan het die manne sommer kaarte en verwysings ens.
Groete
JAS
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Mon Jan 09, 2012 1:57 pm
by Gerhard
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Mon Jan 09, 2012 1:59 pm
by Jassie
Manne dis nou diens
Praat nou net met die man en hy is nog voor my in die saal

Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Mon Jan 09, 2012 2:02 pm
by Jassie
Thanks Gerhard
Ek dink die link is oor die kursus wat Taffie in Cradock aangebied het.
Die ligkursus is in die "Slegs Lede" gedeelte by "Lig Kursus"
As dit nie moeite is nie kan jy weer probeer.
JAS
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Mon Jan 09, 2012 2:02 pm
by BLOK
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Mon Jan 09, 2012 2:04 pm
by Jassie
Blok
Glad nie
JAS
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Mon Jan 09, 2012 2:08 pm
by Dawie D
Julle manne het sommer n agtermekaar venue gekry.
Dit lyk of julle kan "orginise"
Ek sien nou al uit daarna, dit gaan lekker wees om almal te ontmoed
Groete Dawie
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Mon Jan 09, 2012 2:18 pm
by Ian
Net die padkaart om daar te kom. Kom net in Parys, ry die Vredefortpad, 3 km uit Parys draai regs op Schoemansdriftpad, daardie pad is teer en word grondpad (+- 8km), T-aansluiting regs, die eerste wildsheining links en regs is Kommandonek, draai links in by hek met grootbek geelvisse op hek (links en regs).
Veilig ry.
Ek sien die kaart is nie so duidelik, stuur vir my jou mail adres en ek stuur die kaart aan.
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Tue Jan 10, 2012 4:52 am
by Gerhard
Ek sien ons gaan so 14:00 se kant klaar maak by PMP.
Gaan ons n saam ry klub maak Vredefort toe?
Jassie,
Wat moet ons saam bring vir die kursus wat ysters en goete aan betref?
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Tue Jan 10, 2012 2:14 pm
by Geno
Die kursus mis ek vir niks nie!
Ek en FM is verseker daar!
Groete,
Eugene
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Tue Jan 10, 2012 7:24 pm
by Francois Marais
Geno
Thanks man, sien jy het my voorgespring, maar ek's in tot Sondag oggend toe.......
Mooi loop
Francois
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Tue Jan 10, 2012 8:09 pm
by Jassie
Gerhard
Ek kan nou nie meer my lag hou van opgewondenheid nie.
Ons moet soveel moontlik GPS's saambring, maar bring alles wat jy dink die ander manne wil sien saam gadgets, planne net wat jy wil. Ons maak sommer so bietjie mark ook.
Groete
JAS
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Tue Jan 10, 2012 8:31 pm
by Pvdw
Andre ek moet erken, die was/is die beste plan wat ek in jare gesien het! Jy sit en wag vir PMP om al die groottes in te lok en dan highjack jy hulle vir 'n kursus na die tyd. Jy dink al net soos 'n jak jagter. Dankie vir al die moeite.
Peet
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Tue Jan 10, 2012 9:10 pm
by Jassie
Peet
Dis eintlik maklik - jy moet net die basics onthou ..... die staanplek is eintlik die belangrikste ;) en dan moet jy nou nie slegte geluide maak nie en siedaar dan kom die groot kanonne alla HF "na elf minute doodluiters ingedraf".
Nee man ..... dit was eintlik Taffie se idee alhoewel hy dit seersekerlik gaan/moet ontken. Ek moes hom net so bieeee..tjie nudge.
Groete
JAS
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Thu Jan 12, 2012 1:08 pm
by Jassie
Daar is nog so 'n paar plekke oop vir die kursus.
Ons moet nie hierdie geleentheid laat verby gaan nie
PM my asb of gee my jou besonderhede dan bel ek jou terug.
JAS
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Wed Jan 18, 2012 9:15 am
by Jassie
As daar nog manne is wat belangstel moet julle my laat weet. Ek wil so stadigaan die getalle begin opline.
die tyd raak nou werklik kort.
JAS
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Wed Jan 18, 2012 9:44 am
by marno
Ai toggie!!
Ek is so teleurgesteld dat ek dit nie kan maak nie.
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Wed Jan 18, 2012 9:53 am
by BLOK
Jas
Gaan dit vanmore. Jy al vir ons n program uitgewerk van hoe die kursus gaan loop. Jy moet ook laat weet wat ons moet saam vat vir kos gaan ons braai of hoe werk die reelings.
Wag nou in spanning dat die week moet kla kom dat ons kan patrone en kursus loop.
Groete
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Wed Jan 18, 2012 9:54 am
by marno
Julle moet dit geniet manne!! Ek is woes jaloers.
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Wed Jan 18, 2012 10:24 am
by Gerhard
Andre,
Laat weet maar as daar iets is waarmee ek kan help met die reelings.
Die einde vd maand moet nou vinnig kom.
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Wed Jan 18, 2012 2:27 pm
by Dawie D
Jassie
Ek stem saam met Blok, n program van so min of meer hoe dinnge gaan loop sal goed wees
Groete Dawie
Re: Kursus: (Uiteindelik) Vrystaat, Transvaal & Noordwes
Posted: Wed Jan 18, 2012 3:01 pm
by Jassie
Blok & Dawie
Ek het vir julle so kort en voorlopige plan gestuur.
Ek dink ons kan seker daar rondom borduur
Groete
JAS