Page 1 of 1

Jeep Cherokee ombou

Posted: Mon Mar 22, 2021 5:43 pm
by Lapua
Middag manne,

Ek het laasjaar n Tier met ander kolle aan gepak. Ek het n 2003 model Jeep Cherokee KJ bak gekoop en is besig om n Lexus in te sit. Lang storie kort is die Cherokee het nie n ECU in nie. Ek het uit gevind volgens sy VIN nommers watter ECU hy gehad het maar ek wil weet of n ander "model" ECU sal werk. Is hier enige van met ondervinding vam die goeters? Enige hulp sal wardeer word.

Groete,
Lapua

Re: Jeep Cherokee ombou

Posted: Mon Mar 22, 2021 8:16 pm
by Nella
Lapua, jy gaan n nuwe ECU benodig wat die Lexus engine beheer.
Die ou ecu gaan nie meer werk vir die nuwe motor nie.
Probeer om die Lexus se oorspronklike ecu en bedrading ook te kry vir die nuwe motor.
.

Re: Jeep Cherokee ombou

Posted: Mon Mar 22, 2021 8:59 pm
by Rudiejacobs
Die nuwe V8 motors wat inkom, kom nou met sy oorspronklike Toyota ECU.
Die engine kom nou eers rerig tot sy reg.
Manne praat van 11 km/l op die snelweg, mits jy nie n loodpoot het nie.

Rudie


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jeep Cherokee ombou

Posted: Mon Mar 22, 2021 9:10 pm
by Gawie(13mm)
Praat met die manne by Steve's auto Clinic.
Haltech maak ook goeie ECU's, maar is nogal aan die duur kant.

Re: Jeep Cherokee ombou

Posted: Tue Mar 23, 2021 6:01 am
by Lapua
Dankie manne, ek het die motor se oorspronklikke ecu en bedrading, maar nie die Jeep se ecu nie. Die jeep se ecu moet die instrumente beheer. Die jeeps het met n paar verskillinde ecu's uit gekom vir die selfde jaar model. So my vraag is sal enige van dieselfde jaar model se ecu werk?

Re: Jeep Cherokee ombou

Posted: Tue Mar 23, 2021 7:33 am
by Rasmus
Lapua

Hoor dalk by American SUV in Centurion.

Re: Jeep Cherokee ombou

Posted: Tue Mar 23, 2021 8:30 am
by Lapua
Dankie, ek sal hulle vra.

Re: Jeep Cherokee ombou

Posted: Tue Mar 23, 2021 12:15 pm
by Lapua
Baie dankie Rasmus, die manne by American SUV kon my vrae toe beantwoord en ek is nou op die regte pad.👍

Re: Jeep Cherokee ombou

Posted: Tue Mar 23, 2021 5:58 pm
by Rasmus
Plesier