Page 1 of 1
Spitfire Antena
Posted: Sun Jan 08, 2012 2:53 pm
by jakalsbuster
Ek lees op 'n ander forum as jy die antena van die spitfire verleng verbeter die opvangs. Van so 50m het my spitfire nie altyd reageer veral op die mute.
Ek het die antena na buite gebring met 'n ou wifi antena wat ek gehad het. Die spitire reageer nou baie beter van ek die antena verleng het. Probeer gerus
Ek dink net die waarborg is nou m**r toe na die modifikasie.
Groete
AJB
Re: Spitfire Antena
Posted: Sun Jan 08, 2012 3:03 pm
by grumpy
Onthou net, n antenna word gesny volgens frekwensie. Ek weet want ek is n radio amateur en bou ook antennas. Jy kry kwart golf, half golf, 5/8 golf, volg golf ens. Horisontale en vertikale antennas. Horisontaal is meer diresioneel. So pasop!
Re: Spitfire Antena
Posted: Sun Jan 08, 2012 3:18 pm
by jakalsbuster
Grumpy
Stem saam oor lengte / frekwensie ek het net die draad aan 'n 2,4mhz socket vas soldeer en die antena opgeskroef - dit werk vir my. My spitfire reageer
baie beter. As ek 'n probleem optel maak ek net die soldeersel los en verwyder die antena.
Op die ander forum se die ou jy verleng net die antena draad, boor 'n klein gaatjie en laat die ektra stukkie draad daar uithang. Die terugvoer van almal daar is
ook baie positief. ONTHOU NET DIE WAARBORG IS DAARMEE HEEN AS JY DIT DOEN!!!!!!!!!!!!!.
Groete
AJB
Re: Spitfire Antena
Posted: Tue Jan 10, 2012 8:11 am
by James Wilson
Ajb, plaas asb n foto van jou modifikasie. ek is nie seker waar die antenna is nie.
Re: Spitfire Antena
Posted: Tue Jan 10, 2012 10:35 pm
by jakalsbuster
James
As jy die spitfire oop maak is die antena draad bo in die handstuk. Ek het net 'n gat in die sf dop geboor, die wifi antena se socket daar deur vas gemaak en die punt van die draad aan die antena socket vas soldeer, Ek kan die antena afskroef. as ek wil
Groete
ajb
Re: Spitfire Antena
Posted: Wed Jan 11, 2012 5:31 am
by Jassie
Grumpy
Hiers jou kans om vir ons die setup te bekyk, dit klink my jy maak uit hiervan. Ek sukkel ook met die Spitty se ontvangs veral as hy bietjie v?r 80m is en die sender se batterykrag onder 9.1V val.
Sou jy nie in so 'n geval die sender se lugdraad kon verleng nie en indien wel met hoeveel.
Groete
JAS
Re: Spitfire Antena
Posted: Wed Jan 11, 2012 7:34 am
by Geno
Jassie wrote:
Ek sukkel ook met die Spitty se ontvangs veral as hy bietjie v?r 80m is
Oom Jas,
Toe ek nog 'n Spitfire gehad het, het ek ook so gesukkel. Die triek is om hom so 800mm na 1,2m hoog op te hang dan vang hy sommer baie v?r op.
Hou ook die remote regop, met die remote se rugkant in die rigting van die roeper as die knoppies gedruk word.
Groete,
Eugene
Re: Spitfire Antena
Posted: Wed Jan 11, 2012 8:23 am
by Jassie
Geno
Thanks man
JAS
Re: Spitfire Antena
Posted: Wed Jan 11, 2012 8:56 am
by James Wilson
Dankie, ek gan bietjie my spitfire beloer
Re: Spitfire Antena
Posted: Thu Jan 12, 2012 9:25 pm
by jakalsbuster
Grumpy sal ons seker meer kan verduidelik, ek weet nie op watter frekwensie werk die spitfire nie. Ek het die atenna opgesit oor ek so paar van die goed het van wifi radio's wat deur weerlig beskadig is en dit lyk beter as 'n stukkie draad wat uit die spitfire hang. Werk dit maar nie die selfde as die bakkie se radio - hoe verder jy die antenna draad uit trek hoe beter is die opvangs? My spitfire is altyd op 'n kamers tripod so 1 meter van die grond en van so 50m het ek veral met die mute gesukkel. Die ding reageer nou beter van ek die modifikasie aangebring het.
ajb
Re: Spitfire Antena
Posted: Mon Jan 16, 2012 8:41 pm
by Jassie
Grompie
Op die topic het ons jou kennis dringend nodig -- nie stilbly nie asb?
Groete
JAS
Re: Spitfire Antena
Posted: Mon Jan 16, 2012 9:14 pm
by grumpy
Jassie, ek bly nie stil nie my maat. Ek lees. Is daar iemand wat weet wat die frekwensie is dan sal ek vir julle n vol golf lengte antenna uitwerk. Dit is heel moontlik n kwart golf of 5/8 golf lengte.
Soos Geno se, lig hom net so bietjie op. Die opvangs sal beter wees want soos ons praat van "line of sight" Daar moet niks in sy pad wees nie.
Kan julle nie die remote oopmaak en miskien die frekwensie daar binne sien nie. So nie moet julle na n radio winkel gaan wat n frequency counter het dat hulle kan die frekwensie kry. Vat die remote eers en sien of hulle jou han help.
As die antenna vertikaal is sal sy opvangs beter wees so nie kan n horisontale antenna soos n tracker gebou word en na jou rigting wys om die sein op te vang. Dit alles werk in golf lengtes en ek moet die frekwensie weet so nie moet ek een sien om te weet wat ek kan doen om te help.
Re: Spitfire Antena
Posted: Mon Jan 16, 2012 10:10 pm
by Jassie
Grompie
Sal so bietjie rondvra by die radio manne vir 'n toets van frekwensies ens. dan kom ons weer terug.
JAS
Re: Spitfire Antena
Posted: Tue Jan 17, 2012 3:33 pm
by grumpy
Met plesier Jassie. Sal help net waar ek kan.
