Page 1 of 1

Seater die

Posted: Fri Mar 12, 2021 7:50 am
by 6.5/284Norma
Hallo almal,

Ek weet die vraag : "wat is die beste" is nie die beste ><) om te vra nie maar hier gaan ek.

Watter seater die werk vir julle die beste?

Ek gebruik die Whidden een maar kry redelik groot fluktuasies in TPL, beide op die punt en op die ogive metings.

Enige raad word waardeer.

Re: Seater die

Posted: Fri Mar 12, 2021 7:59 am
by Capt. Yoda
Ek het nog nie n dag se probleme met enige Whidden DIE gehad nie maar jou volgende stap op sal dan maar iets soos n Wilson inline seater DIE wees
Jy seker daai koels wat jy gebruik se mates is konstant ?

Re: Seater die

Posted: Fri Mar 12, 2021 9:29 am
by J le Roux
Kappie is reg, die seater die seat op die ogive en die vaste verwysings punt is onder teen die shellholder. Mates van 'n comparator sal aandui of jou seating konstant is of nie. Ek het al gehoor van manne wat sekere handwapen doppies op spesifieke kalibers gebruik om op die ogive te meet, maar het dit nog nooit self probeer nie.

Veral met sagte loodpunte is die meet van totale patroonlengte maar 'n skoot in die donker.

Taalpolisie: Dit is Vrydag en ek is nie lus vir wroeg oor die korrekte Afrikaanse terme nie, en as oud Matie lyk dit my ek moet maar ingels ook ingooi.

Re: Seater die

Posted: Fri Mar 12, 2021 12:13 pm
by Gawie(13mm)
Onthou net dat indien jy jou doppe silwer skoon gewas het, daar geen smering binne in die dop se nek is nie.
'n Leksel olie of grafiet sal sorg dat jy beter konstandheid kry.

Re: Seater die

Posted: Fri Mar 12, 2021 12:28 pm
by HeinM
Gawie(13mm) wrote: Fri Mar 12, 2021 12:13 pm Onthou net dat indien jy jou doppe silwer skoon gewas het, daar geen smering binne in die dop se nek is nie.
'n Leksel olie of grafiet sal sorg dat jy beter konstandheid kry.
Olie? Grafiet seker beter opsie :o

Re: Seater die

Posted: Fri Mar 12, 2021 1:29 pm
by Gawie(13mm)
Hein, ek weet daar is manne wat nou as oor hul koppe gaan strooi, maar persoonlik maak ek so; Ek gebruik net gewone Redding nekmatryse, soos hy van sy ma af kom, op die kalibers waarvoor ek herlaai. Bygesê, die skouers en dopvorm van die kalibers verleen hul daartoe. Agv. 30 en 40 grade skouers is daar feitlik geen nodigheid vir iets anders nie.
Ek tuimel-was my doppe gereeld, waarna ek net die bek van die dop op 'n olie deurweekte matjie, druk. Dit bied net genoeg smering vir die dop om glad in die matrys te voer en die ruimer om deur die nek te trek met die uittrek slag. Nou vee ek die olie buite op die dop met 'n asetoon lappie af, maar los die smeersel aan die binnekant.

So maklik soos om uit 'n boom te val!

Re: Seater die

Posted: Fri Mar 12, 2021 2:21 pm
by Capt. Yoda
Gaafster sit jou kruit nie vas in die nek nie?

Re: Seater die

Posted: Fri Mar 12, 2021 5:23 pm
by 6.5/284Norma
Capt. Oblivious wrote: Fri Mar 12, 2021 7:59 am Ek het nog nie n dag se probleme met enige Whidden DIE gehad nie maar jou volgende stap op sal dan maar iets soos n Wilson inline seater DIE wees
Jy seker daai koels wat jy gebruik se mates is konstant ?
Dis Bergers, ek glo hulle is redelik uniform.

Re: Seater die

Posted: Fri Mar 12, 2021 5:26 pm
by 6.5/284Norma
Gawie(13mm) wrote: Fri Mar 12, 2021 12:13 pm Onthou net dat indien jy jou doppe silwer skoon gewas het, daar geen smering binne in die dop se nek is nie.
'n Leksel olie of grafiet sal sorg dat jy beter konstandheid kry.
Ek stel die nekspanning met 'n expamder mandrel en gebruik grafiet om te smeer so daar is 'n bietjie.

Re: Seater die

Posted: Fri Mar 12, 2021 5:27 pm
by 6.5/284Norma
J le Roux wrote: Fri Mar 12, 2021 9:29 am Kappie is reg, die seater die seat op die ogive en die vaste verwysings punt is onder teen die shellholder. Mates van 'n comparator sal aandui of jou seating konstant is of nie. Ek het al gehoor van manne wat sekere handwapen doppies op spesifieke kalibers gebruik om op die ogive te meet, maar het dit nog nooit self probeer nie.

Veral met sagte loodpunte is die meet van totale patroonlengte maar 'n skoot in die donker.

Taalpolisie: Dit is Vrydag en ek is nie lus vir wroeg oor die korrekte Afrikaanse terme nie, en as oud Matie lyk dit my ek moet maar ingels ook ingooi.
Ek meet op ogive, nie net op punt.

Re: Seater die

Posted: Fri Mar 12, 2021 6:53 pm
by ruaanb
6.5/284Norma wrote:
Capt. Oblivious wrote: Fri Mar 12, 2021 7:59 am Ek het nog nie n dag se probleme met enige Whidden DIE gehad nie maar jou volgende stap op sal dan maar iets soos n Wilson inline seater DIE wees
Jy seker daai koels wat jy gebruik se mates is konstant ?
Dis Bergers, ek glo hulle is redelik uniform.
Gaan meet n paar en jy sal dalk net verbaas wees.

Re: Seater die

Posted: Fri Mar 12, 2021 7:07 pm
by Gawie(13mm)
Capt. Oblivious wrote: Fri Mar 12, 2021 2:21 pm Gaafster sit jou kruit nie vas in die nek nie?
My goedkoop Lyman kruittregter se binne deursnee is 5mm. Dus, groter as die kaliber deursnee van my kleinste roer. Daar sit hier en daar 'n korrel in die nek, maar dit was nog nooit 'n probleem nie.

Re: Seater die

Posted: Fri Mar 12, 2021 9:01 pm
by Malan123
Is hierdie fluktuasies 'n probleem op die teiken of is dit OCD?

Re: Seater die

Posted: Sat Mar 13, 2021 5:27 am
by 6.5/284Norma
ruaanb wrote: Fri Mar 12, 2021 6:53 pm
6.5/284Norma wrote:
Capt. Oblivious wrote: Fri Mar 12, 2021 7:59 am Ek het nog nie n dag se probleme met enige Whidden DIE gehad nie maar jou volgende stap op sal dan maar iets soos n Wilson inline seater DIE wees
Jy seker daai koels wat jy gebruik se mates is konstant ?
Dis Bergers, ek glo hulle is redelik uniform.
Gaan meet n paar en jy sal dalk net verbaas wees.
Ek begin ook so dink...

Re: Seater die

Posted: Sat Mar 13, 2021 5:28 am
by 6.5/284Norma
Malan123 wrote: Fri Mar 12, 2021 9:01 pm Is hierdie fluktuasies 'n probleem op die teiken of is dit OCD?
OCD!!!

Re: Seater die

Posted: Sat Mar 13, 2021 8:06 am
by Malan123
Daarvoor verander mens jou pille, nie jou dies nie :)

Re: Seater die

Posted: Sun Mar 14, 2021 7:46 pm
by JPS
Hi,

Het jy ‘n vld seater stem in daai die?

Indien nie kyk dalk daarna, die punt van die koeël raak dalk net net wanneer jy seat.

Groete

Re: Seater die

Posted: Mon Mar 15, 2021 2:47 pm
by 6.5/284Norma
JPS wrote: Sun Mar 14, 2021 7:46 pm Hi,

Het jy ‘n vld seater stem in daai die?

Indien nie kyk dalk daarna, die punt van die koeël raak dalk net net wanneer jy seat.

Groete
Ja dit kom met 'n VLD stem.