Page 1 of 1

Regte banddruk vir BF KO2

Posted: Thu Mar 11, 2021 9:02 am
by Smitstertjies
Goeie dag manne.

Ek het BF KO2 265/65/18 op my Ranger gesit. Wat is die regte banddruk vir algemene gebruik het julle gevind? 70% teerpad en 30% grondpad. Ek het n winch voorop en RLD canopy agterop met OLD Man Emu suspensie. GWM + 300kg. Normaalweg is dit maar ek en kinders en min bagasie.

Ek vind dat op 2.1 bar ek die gemaklikste ry, maar die bleddie "tyre pressure monitor" sisteem waarsku my die heeltyd die druk is te laag en dit irriteer die ... uit my uit. Ek weet nie waar ek dit kan override of net afsit nie.

Re: Regte banddruk vir BF KO2

Posted: Thu Mar 11, 2021 9:05 am
by Malan123
Ek ry myne op 2.2 bar en hy loop mooi eweredig af

Re: Regte banddruk vir BF KO2

Posted: Thu Mar 11, 2021 9:13 am
by tripodmvr

Re: Regte banddruk vir BF KO2

Posted: Fri Mar 12, 2021 8:08 am
by Smitstertjies
tripodmvr wrote: Thu Mar 11, 2021 9:13 am Wiks hom fluffy.

https://www.google.com/search?client=fi ... ord+ranger
Dankie Oom! Red jy my van n irritasie!

Re: Regte banddruk vir BF KO2

Posted: Fri Mar 12, 2021 8:26 am
by tripodmvr
Het dit gewerk?

Re: Regte banddruk vir BF KO2

Posted: Fri Mar 12, 2021 9:01 am
by Smitstertjies
Yip. Perfek. Ek was weereens net te lui om Oom Google te raadpleeg. Te min ure in die dag.........

Ek het nou gesettle op 2.1 bar koue druk. Soos dit warm word gaan dit op na 2.3 bar.

Re: Regte banddruk vir BF KO2

Posted: Fri Mar 12, 2021 10:06 am
by Geno
Ek ry my bakkie op 2.5BAR met 'n stel Achilles mud terrains op. Hy is swaar gelaai (tralies, bullbar voor en agter, jakkals rak, skietstoel, 40lt diesel ekstra ens...) en dis wat my bande handelaar aanbeveel het.
Ek sou jou bakkie nie onder 2.3bar druk nie.

Re: Regte banddruk vir BF KO2

Posted: Fri Mar 12, 2021 3:49 pm
by Ratel
Myne loop mooi af op 2.3 bar en dit maak die voertuig 'n bietjie meer ekonomies op diesel. Vir grondpad stamp die 2.3 bietjie maar ek ry stadiger.

Re: Regte banddruk vir BF KO2

Posted: Sat Mar 13, 2021 2:12 pm
by cassie_calvinia
calvinia ry baie min mense harder as 1.8bar

Re: Regte banddruk vir BF KO2

Posted: Sat Mar 13, 2021 9:51 pm
by JVT172
Ek weet die vraag is vir BF's ....
Maar ek ry geen vd bande wat ek al op my hilux'e gehad het harder as 2.0bar nie