Page 1 of 1

Winch vir laai van gejagte wild op bakkie

Posted: Wed Mar 03, 2021 2:14 pm
by Wildjagter
Goeie middag

Ek wil asb raad vra rakende watter grootte winch ek verkieslik agter op bakkie moet monteer vir die laai van swaar wild (koedoe/eland/buffel)? Ek oorweeg 3500 pond winch tans.

Enige fotos van hoe winch monteer is op raam sal waardeer word. Sal die montering self doen en wil net paar idees kry.

Dankie byvoorbaat

Wildjagter

Re: Winch vir laai van gejagte wild op bakkie

Posted: Wed Mar 03, 2021 2:23 pm
by DWB
Ek het ñ 3000lb op my bakkie en jy moet help om ñ BWB te laai. Al gesien hoe ñ 4500lb stoei met ñ waterbok uit ñ sloot.

Ek sou aanraai om nie kleiner as 6500lb te gaan nie. Al ñ PH gesien met ñ 12500lb agter op sy hilux...

Re: Winch vir laai van gejagte wild op bakkie

Posted: Wed Mar 03, 2021 2:25 pm
by Wildjagter
dankie DWB.

Laai jy dan met hulp van loading ramp ook?

Re: Winch vir laai van gejagte wild op bakkie

Posted: Wed Mar 03, 2021 2:52 pm
by DWB
'n Ramp help virseker, veral met rollers.

Met my ligte winch trek ek die bakkie by die dier se kop en sleep dan sy boude eerste op, dan kom die voorlyf met min moeite saam (gat oor kop)

Re: Winch vir laai van gejagte wild op bakkie

Posted: Wed Mar 03, 2021 2:55 pm
by Wildjagter
ok dankie. Maak sin. Ek het n ramp en beplan om dit te gebruik om die laai te vergemaklik

Re: Winch vir laai van gejagte wild op bakkie

Posted: Wed Mar 03, 2021 2:57 pm
by Malan123
Ek het al lekker elande in die berge gelaai met 'n 3000lbs agter op my tralies gemount. Jy het verseker 'n tipe loading ramp nodig

Re: Winch vir laai van gejagte wild op bakkie

Posted: Wed Mar 03, 2021 3:14 pm
by Thunderhead
Ek gebruik n 3500lb winch agter op my bakkie laai tot buff. Ek gebruik n ramp en snatchblocks.

Re: Winch vir laai van gejagte wild op bakkie

Posted: Wed Mar 03, 2021 5:28 pm
by Pappabeer
Ek dink n ramp is onvermydelik. Ek het n 4500 lbs whinch op en hy werk mooi. Jy kan altyd op dubbel met snatch blokke.

Ek het myne op n 5mm plaat monteer saam met sy solonoid boks wat met 4 platyster hakke oor die tralies haak as ek hom wil afhaal. Krag bring jy reguit van die battery na agter en konnekteer hom met n Brad-Harris prop.

Image
Image

Re: Winch vir laai van gejagte wild op bakkie

Posted: Wed Mar 03, 2021 6:50 pm
by Wildjagter
Baie dankie vir die insette!

Re: Winch vir laai van gejagte wild op bakkie

Posted: Thu Mar 04, 2021 8:09 am
by Toxxyc
Ek was al op 'n plaas waar die agterste "deur" van die tralies gemodify is om af te haak en dan aan die oop bak te haak, sodat die tralies gebruik word as 'n ramp. Het goed gewerk. Bokke is maklik-maklik opgesleep.

Re: Winch vir laai van gejagte wild op bakkie

Posted: Thu Mar 04, 2021 5:14 pm
by OosKaapJagter
Hierdie lyk nogal na 'n oulike idee. Die "elk" is 'n dier wat vergelykbaar in grootte is met 'n koedoe.

https://www.youtube.com/watch?v=T4HQXl9le6g