Page 1 of 2
Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Mon Mar 01, 2021 11:17 pm
by Jacques.308
Hi manne watse geweer band sal julle aanraai vir stap met n redelike swaar geweer?
Groetnis
Sent from my SM-N770F using Tapatalk
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Tue Mar 02, 2021 6:17 am
by Askari
Ek gebruik 'n R4/5 belt op my "swaar stap geweer". Werk.goed vir my.
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Tue Mar 02, 2021 6:21 am
by tripodmvr
Sinteties. Vanguard het verskeie op die mark tensy jy Butler Creek verkies. Hierdie tipe het 'n rek aksie wat die dra effens makliker maak en dit gly ook nie so maklik van die skouer af nie.
Leerbande is soms nou en sny in die skouer in.
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Tue Mar 02, 2021 6:52 am
by hierswolf
Ek dra die laaste 5 jaar my LRP in die veld met n slogan ultraflex belt en hy werk heel goed.
http://sloganoutdoors.com/products.html
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Tue Mar 02, 2021 7:08 am
by win270
Afhangende van hoe swaar jou geweer (en vol magasyn) werklik is en jy wil steeds by egte leerband hou, dink ook aan die sogenaamde "linked rifle slings".
https://elpaso.co.za/product/link-rifle-sling/
Ek stem egter saam dat die sintetiese geweerbande soos in vorige boodskappe na verwys, optimale gerief verskaf. Hoe breër die band oor jou skouer is en ook sagter druk, hoe gemakliker.
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Tue Mar 02, 2021 8:30 am
by Capt. Yoda
Butler Creeck se padded/Strecth slings
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Tue Mar 02, 2021 8:37 am
by OupaZA
Capt. Oblivious wrote: Tue Mar 02, 2021 8:30 am
Butler Creeck se padded/Strecth slings
+1 Wat Capt se, dra baie maklik.
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Tue Mar 02, 2021 8:49 am
by Mellies
Allen Baktrak Ambush Rifle Sling
Met `n vleisie...
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Thu Mar 04, 2021 3:30 pm
by Francoisv
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Thu Mar 04, 2021 3:56 pm
by Supacow
2 daughters. Plenty guns.
Is dit afskrikmiddel of lokaas?
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Thu Mar 04, 2021 5:21 pm
by Francoisv
Supacow wrote:2 daughters. Plenty guns.
Is dit afskrikmiddel of lokaas?
'n Belofte.
2 daughters. Plenty guns.
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Thu Mar 04, 2021 5:25 pm
by Blink Stefaans
Francoisv wrote: Thu Mar 04, 2021 5:21 pm
Supacow wrote:2 daughters. Plenty guns.
Is dit afskrikmiddel of lokaas?
'n Belofte.
2 daughters. Plenty guns.
As daar n laitie vir die eerste keer kom kuier dan moet jy so paar gewere op die tafel hê wat jy besig is om skoon te maak. As hy sy hand uitsteek om te groet dan trek jy hom nader en fluister sag in sy oor..."ek was al in die tronk en ek gee nie om om terug te gaan nie"
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Thu Mar 04, 2021 7:03 pm
by Nico Harris
Ek nou so een bestel by Geno- juis vir my swaarder gewere. Lyk of hy lekker sal werk.
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Thu Mar 04, 2021 8:18 pm
by tripodmvr
Toe ek jonger was het ek 'n paar leerbande gekoop. Ek het nou 2 van die Vanguard tipe belde en ruil hulle nou tussen my gewere omdat dit so maklik is om te doen. Minder geld uit jou sak uit ook.
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Thu Mar 04, 2021 8:57 pm
by Jacques.308
Nico Harris wrote:Ek nou so een bestel by Geno- juis vir my swaarder gewere. Lyk of hy lekker sal werk.
Wat prys hulle hy Geno?
Sent from my SM-N770F using Tapatalk
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Fri Mar 05, 2021 11:56 am
by Nico Harris
Ek n klompie goed gekoop- sal die band se prys moet kry by Geno.
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Fri Mar 05, 2021 11:59 am
by Nico Harris
My Butler Creek-
Hy is n paar jaar oud- maar min gewerk.
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Fri Mar 05, 2021 1:05 pm
by ruaanb
Nico Harris wrote:Ek nou so een bestel by Geno- juis vir my swaarder gewere. Lyk of hy lekker sal werk.
Ek het so een maar net in ander kleur. Dra bitter lekker.
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Fri Mar 05, 2021 3:38 pm
by jdpretorius
Kry nou dalk eerder n mooi en ordentlike leer draband ....dan hou hy bietjie langer

. Ek't so paar jaar terug vir my n Niggeloh gekoop en hy dra baie lekker. Dalk sal die neoprine wat hy aan jou skouerkant het net nie baie jare hou nie. Een van die manne hier op die forum se die tipe met "cotton webbing - soos in die 2de foto) dra vir hom baie gemaklik.....ek's lus om van hulle te begin bou....
Die leer geweerbelde wat ek maak kry hoë digtheid spons agter in, wat in 3mm lae "stack", soos verlang vir dra gemak, en dan kry hy n lagie sagte leer (met vleis kant na jou skouer), ook sodat hy nie erg rond glip nie. Dit lyk of dit werk....

Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Mon Mar 08, 2021 6:23 pm
by jdpretorius
.
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Mon Mar 08, 2021 6:44 pm
by Jacques.308
Dankie Manne vir al julle insette
Sent from my SM-N770F using Tapatalk
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Tue Mar 09, 2021 8:25 am
by Wouter Roets
Nico Harris wrote: Fri Mar 05, 2021 11:59 am
My Butler Creek-
Hy is n paar jaar oud- maar min gewerk.
Hallo Nico
Daai sien mens nie elke dag nie en n mens kan seker sover gaan om te se dit is die uitsondering op die reel. Ek het seker n stuk van 20 van die belde huidig en nie dag se crap met hulle gehad tot nou toe nie. Die eerstes datteer seker hier uit die vroe 2000's. So ek het hulle nog altyd aan befeel sonder om twee keer te dink.
Groetnis
Wouter
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Tue Mar 09, 2021 11:34 am
by EtienneA
Nico Harris wrote: Fri Mar 05, 2021 11:59 am
My Butler Creek-
Hy is n paar jaar oud- maar min gewerk.
Nico
Gebruik jy hom net vir dra van geweer of deel jy slae ook uit met hom?

Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Tue Mar 09, 2021 11:40 am
by Wouter Roets
Ettienne
Dalk word hy so bietjie deur iets getrek ook as ek so na die foto's kyk.
Groetnis
Wouter
Re: Geweer band vir stap met swaar geweer?
Posted: Tue Mar 09, 2021 11:53 am
by Nico Harris
Lyk my julle het die uitgefigure
