Page 1 of 1

Waar om 'n geweerloop te koop

Posted: Sun Feb 28, 2021 12:36 pm
by Maroelas
Dagsê manne,

Weet iemand wie het tans voorraad van Bartlein of Krieger lope? Ek is opsoek na 'n 6mm loop om my 243win (uitgeskiet) in 'n 243AI te omskep.

Ek het sover sommer net op die internet gekyk by Safari, Bullet Central Africa, Sabi arms, zimbi, Humansdorp Ko-op etc.

Groete,

Maroelas

Re: Waar om 'n geweerloop te koop

Posted: Sun Feb 28, 2021 1:10 pm
by Fanta300
Daar staan 'n splinternuwe Howa 243 loop hier by ons plaaslike geweerwinkel wat dalk kan werk?

Re: Waar om 'n geweerloop te koop

Posted: Sun Feb 28, 2021 1:35 pm
by Maroelas
Hi Fanta,

Nee ek soek spesifiek Bartlein of Krieger. Dan sal ek na Broughton ook kyk.

Re: Waar om 'n geweerloop te koop

Posted: Sun Feb 28, 2021 1:48 pm
by WihandV
Probeer Die Skietwinkel in Bloem

Re: Waar om 'n geweerloop te koop

Posted: Sun Feb 28, 2021 3:39 pm
by Capt. Yoda
Koop maar wat jy kan kry, lope gaan oor die volgende 12maande baie skaars raak

Re: Waar om 'n geweerloop te koop

Posted: Mon Mar 01, 2021 10:29 pm
by 6.5/284Norma
Cloete en Du Toit het Kriegers.

Re: Waar om 'n geweerloop te koop

Posted: Tue Mar 02, 2021 10:09 pm
by Maroelas
Dankie sal hulle kontak