Page 1 of 2
Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Fri Feb 26, 2021 8:27 pm
by Gawie(13mm)
Julle sal nou moet help.
Ek is raadop. Ek weet regtig nie watter kant toe nie.
Ek het einde ten laaste tydens die inperking besluit om maar my .243 AI se loop te vervang met 'n ander een. Ek het 3 weke terug die roer by Guncraft opgetel en vinnig 'n paar skote geskiet om die bietjie keel skoon te maak en data vir QL te kry.
Ek was vanmiddag vinnig op die baan en dus hier waar my probleme begin.
Kan dit die 26 duim loop wees met 'n 1 in 9 groef draai of die kaliber? Ek weet die 6mm Creedmoor is nog jonk hier rond, maar die Peterson doppe met die groot ontstekers kan tog nie die oorsaak wees nie? Miskien is dit die 39 grein S365. Die stapspoed van 2930 vps teen 48 000 psi kan tog nie die oorsaak wees nie tensy die sprong van 2 mm na die lande met die 105 CC hom so laat skiet. Die ES en SD lyk heel aanvaarbaar en QL sê ek is net 2 vps uit met die spoed.
Help asseblief; watter verskonings kan ek gee as ek swak skiet?
Die nommers op die Labradar vertel die storie.
Die groep op 100 meter in 'n 10 mph wind lyk nie te sleg nie.
Die 3 skote op die 350 gong se elavasie is op die nommer.

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Fri Feb 26, 2021 8:59 pm
by JPS
Gawie,
Jy sal maar daai loop met afskroef jong, daai lelike 1/4 duim elevasie skoot uit die groep uit meen verseker die loop is klaar opgeskiet.

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Fri Feb 26, 2021 9:00 pm
by Gian_dP
Jou verskonings is nou op! Sal maar seker teleskoop se skuld wees, of Leica wat nie reg range nie.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Fri Feb 26, 2021 9:26 pm
by Lategan1
Gawie, jy gaan moet help hier. Alles lyk dan vir my uitstekend!
Beste.
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sat Feb 27, 2021 8:33 am
by swc-tr
Dit moet die Somchem S365 se skuld wees.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sat Feb 27, 2021 10:44 am
by ruaanb
Ja gee maar daai 365 vir my
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sat Feb 27, 2021 12:07 pm
by Capt. Yoda
Toe ek die spoed sien toe dog ek jy skiet n 6BR met n 115gr koel, hou net aan oefen Gaafster daai groepe sal verbeter
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sat Feb 27, 2021 1:57 pm
by Shaunsteyn
Gawie, glo ook dis die S365 wat jou so rond neuk.
Sent from my MAR-LX1A using Tapatalk
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sat Feb 27, 2021 2:51 pm
by Diesel Dog
Ons sal daai man wat die lope aanskroef moet aanpraat!My 6.5 het net so gesukkel met die eerste 5 skote na hy aan hom gewerk het.
DD
Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sat Feb 27, 2021 3:05 pm
by Lategan1
Jy het dik vingers
Pragtig, darem lekker gevoel as so bymekaar kom.
Beste.
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sat Feb 27, 2021 3:59 pm
by Heinz Petersen
Die probleem lê by die 6mm creedmoor.
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sat Feb 27, 2021 4:34 pm
by Maroelas
Gawie, watter fabrikaat se loop is dit? Net vir interessantheid
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sat Feb 27, 2021 5:05 pm
by Gawie(13mm)
Maroelas wrote: Sat Feb 27, 2021 4:34 pm
Gawie, watter fabrikaat se loop is dit? Net vir interessantheid
Moet nou nie groen raak nie manne.
Maroelas, dus 'n Broughton, light Palma loop.
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sat Feb 27, 2021 9:52 pm
by gho
Kan iemand my reghelp,want ek sien nie die probleem raak nie.

gho
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sun Feb 28, 2021 8:00 am
by Toyrsi
Sukkel darem self met S335 en my Howa 204.
5 skote 350m
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sun Feb 28, 2021 8:13 am
by wynis
Toyrsi wrote:Sukkel darem self met S335 en my Howa 204.
5 skote 350m
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Miskien is dit jou asemhaling dat jy die skote so sprei

.
Mooi geskiet!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sun Feb 28, 2021 9:45 am
by Gawie(13mm)
gho wrote: Sat Feb 27, 2021 9:52 pm
Kan iemand my reghelp,want ek sien nie die probleem raak nie.

gho
Gerrie, die laaste jaar wil dit my voorkom asof ons net goed wil smous, ons lot be-kla en hulp vra. Ek skryf dit toe aan Covid 19 wat ons harder slaan op die sosio-ekonomiese gebied as wat ons ooit sou kon raai.
Ek deel maar my stukkie blydskap met julle wil net wys dat daar tog goeie dinge tydens die inperking kan gebeur.
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Sun Feb 28, 2021 1:00 pm
by tripodmvr
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Mon Mar 01, 2021 1:06 pm
by Gawie(13mm)
Saterdag het die 6mm sy eerste bloed getrek op 547 meter.
Die ou het 'n 105 CC agter die blad gevat in die mik van 'n wa-boom. Ek het hom amper 2 ure lank sit en dophou.
Die rooi kol teen die berg is waar hy gesit het.
Die klein kolletjie is my skietpunt.

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Mon Mar 01, 2021 1:37 pm
by Wouter Roets
Gaafster
As jy nog jou Ackley gehad het kon jy hom aan die bokant van die kop vat om hom tussen die oe te klits. Ja maat darem lekker as dinge so bymekaar kom. Ek neem aan jy het toe geluister en die die 6mm XC gebruik as basis met jou berekeninge?
Groetnis
Wout
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Mon Mar 01, 2021 1:49 pm
by Gian_dP
Gawie(13mm) wrote: Mon Mar 01, 2021 1:06 pm
Saterdag het die 6mm sy eerste bloed getrek op 547 meter.
Lekker as al jou planne so bymekaar kom! Welgedaan
Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Mon Mar 01, 2021 1:51 pm
by Gawie(13mm)
Wouter Roets wrote: Mon Mar 01, 2021 1:37 pm
Gaafster
As jy nog jou Ackley gehad het kon jy hom aan die bokant van die kop vat om hom tussen die oe te klits. Ja maat darem lekker as dinge so bymekaar kom. Ek neem aan jy het toe geluister en die die 6mm XC gebruik as basis met jou berekeninge?
Groetnis
Wout
So min of meer ongeveer.
Ek het die 6.5 Creed gebruik en die dopvolume, nek deursnee en "weighting factor" aangepas. Dit is hoe ek my aanvanklike berekeninge gedoen het. Na ons gesprek het ek dieselfde roete gevolg met die XC as basis en by presies dieselfde uitgekom.
Die 6 mm is amper soos 'n .270. Hy skiet plat tot op 250m en dan begin hy klim.

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Mon Mar 01, 2021 1:53 pm
by Gawie(13mm)
Gian_dP wrote: Mon Mar 01, 2021 1:49 pm
Gawie(13mm) wrote: Mon Mar 01, 2021 1:06 pm
Saterdag het die 6mm sy eerste bloed getrek op 547 meter.
Lekker as al jou planne so bymekaar kom! Welgedaan
Dankie Gian. As dinge net so tydens die komp's wil loop, maar Heinz sê ek moet iets aansmeer vir die rooi-miere. Ek skiet vinniger as sommige manne met AR's.

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Mon Mar 01, 2021 1:59 pm
by PWV
Gawie(13mm) wrote: Mon Mar 01, 2021 1:51 pm
Wouter Roets wrote: Mon Mar 01, 2021 1:37 pm
Gaafster
As jy nog jou Ackley gehad het kon jy hom aan die bokant van die kop vat om hom tussen die oe te klits. Ja maat darem lekker as dinge so bymekaar kom. Ek neem aan jy het toe geluister en die die 6mm XC gebruik as basis met jou berekeninge?
Groetnis
Wout
So min of meer ongeveer.
Ek het die 6.5 Creed gebruik en die dopvolume, nek deursnee en "weighting factor" aangepas. Dit is hoe ek my aanvanklike berekeninge gedoen het. Na ons gesprek het ek dieselfde roete gevolg met die XC as basis en by presies dieselfde uitgekom.
Die 6 mm is amper soos 'n .270. Hy skiet plat tot op 250m en
dan begin hy klim.
Daardie "dan begin hy klim" aanvaar ek is die feit dat jy berg begin klim om bietjie nader aan die bobbies te kom.

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?
Posted: Mon Mar 01, 2021 2:12 pm
by Gawie(13mm)
Oom moet my nou nie op die skene slaan nie.
Hier is my DOPE vir die skoot.
Die eerste tabel is my huidige 6mm met die 105 CC's.
Die tweede tabel was die van my .243 AI met 87 Vmaxe teen 3115 vps.

