Page 1 of 1

Aapstreke

Posted: Sun Feb 14, 2021 11:59 am
by Gawie(13mm)
Ons het 'n goeie normale reënseisoen in die Boland gehad in 2020. Baie kos in die veld en die grendeltyd het gemaak dat daar selfs op naweke mense bedrywig was op die plase. Dit was dus nie nodig vir die bobbejane om hul lewens te waag vir kos nie. ;)
Vrydag oggend kry ek 'n Whatsapp boodskap van 'n boer. Hy is redelik moedeloos. Daar is 'n paar blokke "bos wingerd" hoog op teen die berg, agter 'n koppie en hy kom nie gereeld daar nie. Hy was Donderdag daar om die suiker te toets toe hy op die skade afkom. Die boer dink dus 'n hele trop, want amper 'n halwe hektaar is gestroop. Gewoonlik hoor hy hulle. Die kleintjies is soos stout kinders en remoer altyd as hul die wingerde stroop, maar die boer hoor of sien niks.
Net na 2 ry ek uit om te gaan verken. 3 uur hoor ek 2 mannetjies gesels en na 15 minute gewaar ek die eerste een in 'n denneboom. 409 meter.
Piets hom uit die boom met die 7mm . Kry die tweede een op 540 meter ook in 'n boom. Ek het 'n skoot geneem, maar kon nie bevestig of dit raak is nie. Was te moeg om verder berg op te klim.Image

Die een moes erens sy nek in 'n strik gekry het. Sy nek was rou geskaaf. Hy was slim genoeg om los te kom, maar nie slim genoeg om die das af te haal nie.

Die boom in die voorgrond is waarin kees my sit en koggel het.
Die rooi kol dui my skietpunt aan.
Image

Image

Image

Re: Aapstreke

Posted: Sun Feb 14, 2021 1:47 pm
by OosKaapJagter
As die groenes sou hoor van hierdie kees wat das dra, sou hy gou-gou 'n naam en publisiteit gekry het en ten duurste hervestig geword het.

Dit alles natuurlik nadat daar niks van die "bose" boer wat hom laat skiet het se wingerd oor was nie.

Re: Aapstreke

Posted: Sun Feb 14, 2021 1:52 pm
by knipmes
Ai, julle is strenger as die agbare minister van Polisie oor die Covid regulasies. Die bobbies was seker ook al moeg van die inperking en verbod op drinkgoed :)

Re: Aapstreke

Posted: Sun Feb 14, 2021 2:27 pm
by Basie2
Netjies geskiet.
Boer kan seker onder die nuwe UIF eis vir 2ha!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Aapstreke

Posted: Sun Feb 14, 2021 3:25 pm
by tripodmvr
Overdentlike paar snytande. Lyk my jy sal nog moet gaan kuier.

Re: Aapstreke

Posted: Sun Feb 14, 2021 6:18 pm
by Knewel
Baie netjies Gawie. By ons is hulle ook weer bedrywig. Lockdown was net te lekker gewees!

Sent from my SM-A750F using Tapatalk

Re: Aapstreke

Posted: Mon Feb 15, 2021 9:29 am
by Toxxyc
Net so terloops, as die boer van bobbies en ape wil onstlae raak moet jy die kleintjies klits, nie die grotes nie. Dis vir die trop blykbaar baie rof as die kleintjies geklits word en hulle hervestig vinnig weg vir langer tye. Ek het dit by 'n man geleer wat dit met ape en bobbejane doen wat die grasdakke op hulle chalets verniel.

Re: Aapstreke

Posted: Mon Feb 15, 2021 9:59 am
by Gawie(13mm)
Toxxyc wrote: Mon Feb 15, 2021 9:29 am Net so terloops, as die boer van bobbies en ape wil onstlae raak moet jy die kleintjies klits, nie die grotes nie. Dis vir die trop blykbaar baie rof as die kleintjies geklits word en hulle hervestig vinnig weg vir langer tye. Ek het dit by 'n man geleer wat dit met ape en bobbejane doen wat die grasdakke op hulle chalets verniel.
Almal het maar hulle manier en redes en ek gaan niemand se aanslag afskiet nie omrede dit miskien vir hom werk.
Ek praat uit eie ondervinding.
1. Jy skiet 'n bobbejaan daar waar hy besig is om kwaad te doen, nie daar ver op die bult waar hy na die druiwe sit en kyk nie.
2. Jy identifiseer en skiet die moeilikheidmaker. Die kleintjies leer by hom.
3. Skiet die voorbokke en nie die brandwag nie. Die brandwag en die Alpha mannetjie sal die trop weg lei van die gevaar.
4. Skiet eerder die wyfies of die onderdanige mannetjies. So verminder jy die kans dat daar 'n bevolkings ontploffing is.
5. Die belangrikste; die bobbejane moet nie van jou weet nie.

Re: Aapstreke

Posted: Mon Feb 15, 2021 10:00 am
by PWV
Tox, Gawie kan net die groot manne raak skiet! ++>: ++>: ++>:

Re: Aapstreke

Posted: Mon Feb 15, 2021 10:41 am
by Gawie(13mm)
PWV wrote: Mon Feb 15, 2021 10:00 am Tox, Gawie kan net die groot manne raak skiet! ++>: ++>: ++>:
Oom moet nou nie my naam kom weggooi nie. Ek doen dit sommer self.

Re: Aapstreke

Posted: Mon Feb 15, 2021 12:05 pm
by Toxxyc
Gawie(13mm) wrote: Mon Feb 15, 2021 9:59 am
Toxxyc wrote: Mon Feb 15, 2021 9:29 am Net so terloops, as die boer van bobbies en ape wil onstlae raak moet jy die kleintjies klits, nie die grotes nie. Dis vir die trop blykbaar baie rof as die kleintjies geklits word en hulle hervestig vinnig weg vir langer tye. Ek het dit by 'n man geleer wat dit met ape en bobbejane doen wat die grasdakke op hulle chalets verniel.
Almal het maar hulle manier en redes en ek gaan niemand se aanslag afskiet nie omrede dit miskien vir hom werk.
Ek praat uit eie ondervinding.
1. Jy skiet 'n bobbejaan daar waar hy besig is om kwaad te doen, nie daar ver op die bult waar hy na die druiwe sit en kyk nie.
2. Jy identifiseer en skiet die moeilikheidmaker. Die kleintjies leer by hom.
3. Skiet die voorbokke en nie die brandwag nie. Die brandwag en die Alpha mannetjie sal die trop weg lei van die gevaar.
4. Skiet eerder die wyfies of die onderdanige mannetjies. So verminder jy die kans dat daar 'n bevolkings ontploffing is.
5. Die belangrikste; die bobbejane moet nie van jou weet nie.
Dit lyk of dit ook sinmaak. Ek het nog nooit die dinge geskiet vir pesbeheer nie so ek weet regtig nie. Ek het maar net genoem wat 'n man vir my genoem het wat dit blykbaar baie doen.

Re: Aapstreke

Posted: Mon Feb 15, 2021 6:56 pm
by Knewel
Ek het weer gevind as mens 'n trop te veel uitdun doen die paar wat oor bly die jaar daarna meer skade as toe die trop groter was en hulle is baie skelmer ook dan. Wanneer mens die goed skiet moet jy 'n baie fyn balans handhaaf anders grawe jy vir jouself 'n groter gat.

Die jongetjies is maar die groot kwaaddoeners en daarom moet jy die wyfies se getalle onder beheer hou want as hulle te veel raak het jy 'n probleem. As die wyfies te min raak het jy egter ook 'n probleem

Sent from my SM-A750F using Tapatalk

Re: Aapstreke

Posted: Mon Feb 15, 2021 8:41 pm
by knipmes
Toxxyc wrote: Mon Feb 15, 2021 9:29 am Net so terloops, as die boer van bobbies en ape wil onstlae raak moet jy die kleintjies klits, nie die grotes nie. Dis vir die trop blykbaar baie rof as die kleintjies geklits word en hulle hervestig vinnig weg vir langer tye. Ek het dit by 'n man geleer wat dit met ape en bobbejane doen wat die grasdakke op hulle chalets verniel.
Ek het dieselfde ondervind. As jy die groot man skiet is daar binne n week of twee weer n verkiesing en hulle begin weer bobbie uitnek raak. Indien jy die wyfies en jonges skiet bly hulle langer weg en gaan doen liewers kwaad by die bure
Ek het hulle maar altyd gelos as hulle nie by die huise of die hoof boorgat & tenk kom kwaad doen nie. Hulle het dit naderhand geleer om maar wyd om die huise te loop. Hulle raak met die tyd baie slim en dit is asof hulle weet hoe jy gaan optree. As hulle naby die huise kom plaas hulle n hele paar wagte in bome om die ander te waarsku as hulle jou gewaar.