Page 1 of 1

Wil ook jakke skiet

Posted: Thu Jan 05, 2012 2:30 pm
by viperian
Hi Almal

Ek lees al die lekker stories en is nou sommer jeukerig om jakke en katte te begin plat trek.
Waar begin ek?
Kursusse?
Of moet ek probeer saam met 'n gesoute man te gaan jag?

Ek is woonagtig in die Oos Rand en werksaam in Secunda. Ek noem maar nie my tuisdorp nie want ek sien die manne spot met Brakpan OEPS  :o
Is daar dalk iemand in hierdie omgewing wat kursusse aanbied of kan help

Dankie
Ian

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Thu Jan 05, 2012 2:39 pm
by BLOK
Ian

Ek is baie bly jy beplan om op die regte manier te begin. Om net weg te spring en te probeer jakkals roep en skiet leer jy niks en die jakkalse sommer baaaaie. My raad sal wees om eers paar keer saam met iemand te probeer uitgaan en kyk of dit vir jou is, daarna sal ek n kursus aanbeveel, weet nie waneer daar weer een naby jou is nie, Safari het einde laas jaar vir Jacques daar gehad. Begin sommer eerste op die forum sal ek se lees soveel jy kan omtrent toerusting en tegnieke, veral Taffie se tips en vrae is baie breedvoerig.

Sterkte.

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Thu Jan 05, 2012 2:42 pm
by Pvdw
Ian kry jy vir ons 'n plaas met jakprobleem en ek vat jou uit een aand en ons skiet jakke. So sal jy sien wat dit behels.

NB ek is geen ekspert maar die jakke val al mooi om my.

Ek leer ook maar nog, maar die ys is gebreek ;) ;)

Gee my 'n lui as jy wil dan gesels ons.

Peet

082 920 9378

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Thu Jan 05, 2012 2:46 pm
by Gerhard
Ian,

My raad...

Gaan n aand of 2 saam met iemand uit.

Kyk wat hy doen en vra vrae...

Dan doen jy n beginners krursus sodat jy dan die praktyk en teorie bymekaar kan sit.

Oppas net die gogga byt hard.

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Thu Jan 05, 2012 2:51 pm
by Geno
Ian,
Secunda, Balfour, Devon, Leandra, Bethal en Charl Cilliers is areas waar ek gereeld jag, jy's welkom om saam met my te kom.
Kontak my gerus op nul-82-vyf-354100 of vanniekerk dot eugene @ yahoo.com

Groete,
Eugene

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Thu Jan 05, 2012 2:55 pm
by Beer (Christo)
Hi Almal

Ek moet ook se ek sal graag wil sien hou julle pro's dit doen en wat dit alles behels. Ek is in Roodepoort (JHB) omgewing. As daar iemand is wat hier rond jag en nie omgee om 'n newbie touwys te maak nie, sal ek dit nogals waardeer.

Groete

Christo

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Thu Jan 05, 2012 2:57 pm
by Geno
Christo,
Roodepoort is darm nie te ver van my nie, ek sal jou PM as ek weer naby Brits gaan roep.

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Thu Jan 05, 2012 3:18 pm
by viperian
Magtig manne

Met sulke terugvoer is ek kla gevang gaan so gou ek met hierdie kontrak kla is, werk werk werk :angel:, begin bel en julle vriendelike offers opneem

Ek kan nie wag om deur die werk 'n vinnige breek te vat om te sien wat julle antwoord nie

Lekker lekker :D

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Fri Jan 06, 2012 8:30 am
by James Wilson
Iaan, Geno en Peet se uitnodiging sal ek nie mis nie. Ek moet heelhartig met Blok saamstem dat dit goed is jy wil jakke op die regte manier leer ken.

Pasop net, Blok skiet sommer jakke met sy 300H&H ;)

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Fri Jan 06, 2012 8:41 am
by BLOK
James

Want ek kan ;D ;D ;D ;D

Ian

Ek is hier in Potch,dit is seker ook darem nie te ver van jou nie. soos Peet ook gese het kry jy n plaas met probleme en ek sal jou ook uitvat. Ek het nou vir Altapj op die forum gehelp en paar keer uitgevat. Die man het toe die kursus by Safari gaan doen en nou is hy gehook.

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Fri Jan 06, 2012 8:53 am
by Francois Briedenhann
Ian

As jy saam Geno gaan sal jy vinnig sien hoe word n jakkels popelasie ytgeskiet!! 

Groete FB

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Fri Jan 06, 2012 9:01 am
by viperian
James
Op die stadium moet ek saam met Blok stem ek kap ook sommer maklik 'n meerkat met die 300H&H onderstebo

Blok
Nee wat Potch is nie te ver nie ek ry tussen 200 en 400km per dag so ek is al mooi ry fiks.

Francois
Ek voel geeerd dat Geno sy hulp aangebied het ek gaan hom nou dadelik kontak

Geno
Kan ek gou kontak of is jy dalk besig?

Dankie

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Fri Jan 06, 2012 9:15 am
by BLOK
Jy kan maar vir Geno enige tyd bel as hy nie jakkalse jag nie jag hy Beretta se dogter maar dis al so tussen die jakkalse en Beretta sal hulle nie kla as jy pla nie ;D ;D

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Fri Jan 06, 2012 10:16 am
by James Wilson
ek is bly om te sien ons manne wat lief is vir die 300H&H raak almeer op die forum.  ej sal jou n foto stuur van n jak wat voor Blok se 300H&H geswig het.

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Fri Jan 06, 2012 9:01 pm
by viperian
Ja nee die beste kaliber wat ek nog ooit geskiet het
My huidige 300H&H is my tweede nadat ek my hartsgeweer moes verkoop toe die kinders kom en geld skaars was. Daardie geweer was ek baie lief voor en my voorletters en geboorte datum was die geweer nommer IM680709
Het my eerste Gemsbok en Koedoe met hom platgetrek.
Wonder baie waar die ou roer in die wereld is.

Re: Wil ook jakke skiet

Posted: Sat Jan 07, 2012 10:12 am
by BLOK
James

Ek het al vergeet van dat jy n foto van daai jakkals geneem het ;D ;D ;D Was seker een van die lekkerste skote van die naweek en ons het mos al drie daai hond sien kom sonder dat ons dit weet. Sal nooit ons twee se straf doppe na die tyd vergeet nie. ;D ;D ;D