Page 1 of 4
Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Feb 10, 2021 11:27 am
by tripodmvr
Die Wapps is warm geskryf oor die' nuwe produk. Word vanaf vandag versprei en lyk asof die Oosrand die brandpunt is. Koste per blik word genoem tussen R400 en R500.
Volledige inligting is nog nie bekend nie. Ek hoop daar is iemand wat meer kan vertel en feite op die tafel sit.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Feb 10, 2021 11:49 am
by PWV
My ore is wawyd oop!!
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Feb 10, 2021 2:10 pm
by LUAN
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Feb 10, 2021 3:28 pm
by Capt. Yoda
Da is nog net “341 en 321”. R449.99 n houer
Ek het vanogend gehoor Somchem sal ook “binnekort” weer beskikbaar wees maar prys gaan so R600 rond n blik wees
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Feb 10, 2021 4:05 pm
by RUPERT
Omtrent tyd daar kom kompetisie in die mark sodat die "Big shots" hulle pryse kan aanpas.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Feb 10, 2021 4:13 pm
by Toxxyc
Ek kyk aandagtig. Sal graag wil weet waar om dit in die hande te kry, en of daar load data daarvoor is?
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Feb 10, 2021 4:55 pm
by Armand Steenkamp
Waar kry ek van die?
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Feb 10, 2021 5:19 pm
by JJV
Nie eers Google weet van Riflex nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Feb 10, 2021 5:53 pm
by Gawie(13mm)
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Feb 10, 2021 7:07 pm
by JPS
RUPERT wrote: Wed Feb 10, 2021 4:05 pm
Omtrent tyd daar kom kompetisie in die mark sodat die "Big shots" hulle pryse kan aanpas.
Die invoer prys dikteer die prys ongelukkig....
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Thu Feb 11, 2021 7:55 am
by Toxxyc
JJV wrote: Wed Feb 10, 2021 5:19 pm
Nie eers Google weet van Riflex nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het dit ook opgemerk, en dit pla my. Ek gee nie om vir goedkoop kruit nie, maar as daar geen verwysings is vir die goed nie, dink ek nie ek wil 57,000 PSI hier kort voor my neus laat ontplof met die goed nie.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Thu Feb 11, 2021 8:07 am
by tripodmvr
Elke nuwe dryfmiddel wat op die mark verskyn is getoets vir bruikbaarheid in spesifieke kalibers. Veral met so produk kan jy dit nie sonder getoetsde syfers op die rakke plaas nie.
Inligting moet beskikbaar wees by verkoop van die produk.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Thu Feb 11, 2021 8:29 am
by Capt. Yoda
Tacktical defense solutions
https://tds-za.com/
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Thu Feb 11, 2021 8:38 am
by Toxxyc
Hulle website inspireer nou nie regtig die meeste vertroue nie. "Rugar Rifles" en hulle slagspreuk: "Arms Dealers and Distributors of all Types of firearms and accessories in Southern African" - Eina.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Thu Feb 11, 2021 8:53 am
by Capt. Yoda
Boys koop dan maar VV of Reloader kruit by Safari, daar sal obviously meer manne in die toekoms wees wat die kruit gaan verkoop.
Eers soek almal n alternatief nou is dit ok weer 11.1.11 en niemand het dit al eers gekoop nie
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Thu Feb 11, 2021 9:23 am
by Blink Stefaans
Het gisteraand met die Mark gesels
Die dryfmiddel word produseer deur n vervaardiger wat al baie lank in die mynbou plofstof bedryf is.
Die produsent werk met enkel, dubbel en selfs trippel basis dryfmiddel/ plofstof
Die beskikbaare dryfmiddels is ekwivalent tot die laaste lot S321 en S341 wat Somchem vervaardig het.
Ek was virseker dat dieselfde minimum en maksimum ladings as somchem veilig kan gebruik word
Die kruit is glo ook baie minder tempratuur sensitief.
Daar is tans 8 ton van elk op stoor en oor n paar maande gaan daar S335 en S365 ekwivalente op die mark geplaas word
Hom ook gevra of hulle soos Lovex die prys na n maand of twee gaan opstoor. Hy se soos die vraag na die kruit verbeter is daar eintlik n beter kans dat die prys sal daal.
Eks heel opgewonde oor die storie
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Thu Feb 11, 2021 10:07 am
by Toxxyc
Dit klink belowend. Ek sê nie dis poef nie, glad nie, ek sê net ek weet nie. 'n S365-ekwivalent sal ek met graagte wil probeer - solank as wat daar papierwerk voor is wat my kan aandui waar om te begin.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Thu Feb 11, 2021 11:34 am
by swc-tr
Kan iemand reël om fotos te kry van die dryfmiddel en hier plaas, dat ons kan sien hoe lyk die goed. Bal of stafiekruit?
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Thu Feb 11, 2021 11:50 am
by tripodmvr
Wie is van die Brakpan - Buxborough omgewing?
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Thu Feb 11, 2021 8:39 pm
by Apie
Blink Stefaans wrote:Het gisteraand met die Mark gesels
Die dryfmiddel word produseer deur n vervaardiger wat al baie lank in die mynbou plofstof bedryf is.
Die produsent werk met enkel, dubbel en selfs trippel basis dryfmiddel/ plofstof
Die beskikbaare dryfmiddels is ekwivalent tot die laaste lot S321 en S341 wat Somchem vervaardig het.
Ek was virseker dat dieselfde minimum en maksimum ladings as somchem veilig kan gebruik word
Die kruit is glo ook baie minder tempratuur sensitief.
Daar is tans 8 ton van elk op stoor en oor n paar maande gaan daar S335 en S365 ekwivalente op die mark geplaas word
Hom ook gevra of hulle soos Lovex die prys na n maand of twee gaan opstoor. Hy se soos die vraag na die kruit verbeter is daar eintlik n beter kans dat die prys sal daal.
Eks heel opgewonde oor die storie
Dankie vir jou moeite om uit te vind!
Ek wonder net hoekom hulle eers begin met 321/341
Ek neem aan dat 365(of lookalike) die hoof verkoper kruit in RSA was en dan 355/335 en dan jou 321/385 met 341 laaste...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Fri Feb 12, 2021 8:05 am
by Capt. Yoda
As ek moes raai is balkruit seker makliker om te vervaardig as staafies
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Fri Feb 12, 2021 10:53 am
by Armand Steenkamp
Wel op die stadium sal enige goedkoop SA vervaardigde kruit n topverkoper wees. Jy kan 341 in n 3006 ook laat werk so waar n wil is n weg. Ek sal baie graag van die kruit in die hande wil kry
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Mon Feb 15, 2021 6:21 pm
by Fanta300
Stem saam Armand. Sal dit ook baie graag wil toets. Ek gebruik net 335 en 365 so sal maar wag.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Mon Feb 15, 2021 7:30 pm
by Pappabeer
Ek het gehoor dit word deur Rondon in die kaap vervaardig? Enige iemand wat dit kan bevestig?
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Mon Feb 15, 2021 8:46 pm
by tripodmvr
https://www.dnb.com/business-directory/ ... 193df.html
Hulle het in die 60's en 70's dink ek .22 ammunisie gemaak wat later deur Swartklip oorgeneem is.