Page 1 of 1

Karp op witbrood

Posted: Thu Jan 05, 2012 9:21 am
by henried
Was die vakansie by Drakensville en het lekker met die karpies gespeel.
Omdat daar eende op die dam was, wat brood by die mense gekry het, was die karpe ook nie skaam om witbrood van die oppervlakte te vat nie...

Sien video: http://youtu.be/L5fG7B_CSg0

Re: Karp op witbrood

Posted: Thu Jan 05, 2012 5:36 pm
by Dawid
Henried,

Dit is n geval van die karpe wat gewoond geraak het aan die feit dat die eende daagliks gevoer word met brood en karp is mos maar familie van Koi`s en die goed raak mens gewoond en dus "mak".

As aas gebruik ek ook altyd witbrood as n "backing" in die plek van n degie.Rooi kleursel en amandel of cherry geursel en vir my werk dit mooi.

Re: Karp op witbrood

Posted: Thu Jan 05, 2012 8:37 pm
by tripodmvr
Jou opskrif kan nogal verkeerd gelees word. Karp op wittebrood. Mammie gaan nie gelukkig wees nie.

Re: Karp op witbrood

Posted: Thu Jan 05, 2012 8:51 pm
by Pvdw
.Rooi kleursel en amandel of cherry geursel en vir my werk dit mooi.
Dawid dit kink of jy koek bak hier. ;D ;D

Peet