Page 1 of 1

Termometer in Weber installeer

Posted: Sat Feb 06, 2021 3:48 pm
by THOMAST
Ek het 'n ouerige weber. Ek sien die nuwes het 'n termometer wat in die deksel geinstalleer is.
Nou my vraag. Hoe boor ek 'n gat in die deksel sonder dat ek die emalje lagie afkraak?
Waar presies sal ek die getjie boor, maw wat is die ideale ligging vir so 'n termometer?
Ek het van daai diamant boortjies waarmee jy gate in geglasuurde teels kan boor, sal hulle werk om deur emalje te kom?
Het enigiemand dit al gedoen?
Alle raad sal verwelkom word.

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Sat Feb 06, 2021 5:19 pm
by tripodmvr
Thomas, Google Foo het 'n paar Youtube videos geopenbaar.

installing thermometer on weber kettle

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Sat Feb 06, 2021 5:38 pm
by Philip Marais
ThomasT,
Waar koop mens so termometer?

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Sat Feb 06, 2021 5:53 pm
by tripodmvr
The temperature inside a smoker or grill is usually higher near the top. A thermometer mounted there will give a false impression of the temperature. For the most accurate temperature measurement, mount the thermometer on the side, just a few inches above the grate, at the same level as the food.

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Sat Feb 06, 2021 8:19 pm
by Toxxyc
I would mount it right under the air vent.

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Sun Feb 07, 2021 5:56 pm
by Capt. Yoda
Kry n bluetooth termometer wat aan jou foon connect

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Sun Feb 07, 2021 6:29 pm
by Toxxyc
Capt. Oblivious wrote: Sun Feb 07, 2021 5:56 pm Kry n bluetooth termometer wat aan jou foon connect
As iemand die geld het, die Meater thermometers is awesome. Maar duur.

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Tue Feb 09, 2021 1:03 pm
by THOMAST
Toxxyc wrote: Sun Feb 07, 2021 6:29 pm
Capt. Oblivious wrote: Sun Feb 07, 2021 5:56 pm Kry n bluetooth termometer wat aan jou foon connect
As iemand die geld het, die Meater thermometers is awesome. Maar duur.
Ek het 'n termometer wat in die vleis gesteek word (daai Meater termometers is baie smart) maar wil die temp binne die weber meet. Dat die termostaat nie hoog installeer moet wees nie, maak sin.
Ek sien Futurama ( https://www.futurama.co.za/alva-bbq-the ... -vEALw_wcB )
Het een wat dalk kan werk
Dankie sover vir raad en kommentaar

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Tue Feb 09, 2021 1:43 pm
by skollie
Daai Meater is baie nice....... Kersvader het een vir my gegee.
Hy meet binne temperatuur van vleis sowel as die buite temperatuur.

Image

Sent from my SM-G985F using Tapatalk

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Tue Feb 09, 2021 3:16 pm
by THOMAST
Skollie, gebruik jy die Meater in 'n weber?
Ek verstaan dat die buite sensor tot 250ºC kan lees, as die temp hoër is kan die sensor beskadig word, maw in direkte hitte plaas kan hom uitbrand

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Tue Feb 09, 2021 3:32 pm
by skollie
Ja, ek gebruik hom in die Weber........ Ek het nog nie hoër as 185degC in my Weber gemeet.
Ek gebruik hom ook vir heel sirloin (op oop vuur) of skaapboud (in oond)........ Ek dink hy is reg vir alles behalwe as hy 'n lang ruk in die vlamme gaan staan.

Maar nou ja, die manne wat my ken, weet ek is mal oor 'n "gadget" Image

Image

Sent from my SM-G985F using Tapatalk

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Tue Feb 09, 2021 4:13 pm
by THOMAST
skollie wrote: Tue Feb 09, 2021 3:32 pm Ja, ek gebruik hom in die Weber........ Ek het nog nie hoër as 185degC in my Weber gemeet.
Ek gebruik hom ook vir heel sirloin (op oop vuur) of skaapboud (in oond)........ Ek dink hy is reg vir alles behalwe as hy 'n lang ruk in die vlamme gaan staan.

Maar nou ja, die manne wat my ken, weet ek is mal oor 'n "gadget" Image

Image

Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Ek dink dit is die oplossing vir my. Ek lees sommige mense kla dat die sein belemmer word deur die staal van die weber, het jy dit ervaar?
Het jy die Meater+ , gewone Meater of die 4 eenheid ene?

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Tue Feb 09, 2021 5:12 pm
by skollie
THOMAST wrote:

Ek het die gewone een (Kersvader is erg seinig hier)........ Die sein is nie wonderlik deur die Weber nie, maar as ek langs die Weber staan, dan tel my foon die "probe" op (seker so 1.5m)

Daar is sekerlik goedkoper (en beter) opsies daar buite, maar ek geniet die ding.

Sent from my SM-G985F using Tapatalk

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Tue Feb 09, 2021 7:14 pm
by JJV
Image

Ek gebruik noual hierdie een redelik lank in my roker, die probe gaan in vleis en die base station staan by hom, die display kan jy by jou hou, vang nogals ver op deur mure ook. Jy kies jou vleis en jou gaarheids graad dan gee hy alarm as jy dit bereik het. Jy kan eintlik nie sonder so iets vleis suksesvol rook nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Termometer in Weber installeer

Posted: Wed Jun 01, 2022 2:48 pm
by AOosie
Middag Manne,
Ek lees nou hierdie raak...weet dis al bietjie oud. Ek het ook n "Meater" by Kersvader gekry en aanvanklik het hy fantasties gewerk. Eendag uit die bloute wil hy nie meer "pair" met my foon nie en ek het al die moontlike truuks probeer wat ek op You Tube kon kry! Het enige van julle al dieselfde probleem gehad en kon julle dit oplos?

Mooi loop!