Page 1 of 1

Reloader 16 vir 6 Creedmoor

Posted: Thu Feb 04, 2021 8:58 pm
by geelslang
Naand almal.

Ek kon nie konstante reaultate kry met Norma URP en 103 Eld x punte nie. Ek slaan dus nou oor na Reloader 16.

Hornady se loadmap wys 39.6gr vir 3000fps. Hoe betroubaar is hierdie en kan ek dit gebruik as beginpunt om ladings te ontwikkel?

Groete
Ernst

Re: Reloader 16 vir 6 Creedmoor

Posted: Thu Feb 04, 2021 9:36 pm
by Gawie(13mm)
Ek het jou 'n PM gestuur.

Groete,

Gawie

Re: Reloader 16 vir 6 Creedmoor

Posted: Thu Feb 04, 2021 9:46 pm
by RabieL
Ernst. Ek gebruik nou self Reloder 16 in my 6 Creed maar met die 108 gr ELD-Match koeels. Ek kom beslis nie by daai spoed uit nie, maar ek sal wel se dis n goeie beginpunt om vanaf te werk. Re16 is wel die beste wat ek tot op hede nog op die geweer gebruik het en ES en SD is baie baie laag.

Re: Reloader 16 vir 6 Creedmoor

Posted: Fri Feb 05, 2021 5:03 am
by tripodmvr
38 tot 42gr vir begin en maks met die 103gr Eldx.

Met 24 duim loop - 3150vps as maks.

Node lyk asof dit naby 2950vps is. (39gr)

Ek sou 38 begin en opgaan in 1gr inkremente. Groepe van 3 behoort te wys waar om te verfyn.

Re: Reloader 16 vir 6 Creedmoor

Posted: Fri Feb 05, 2021 5:15 am
by tripodmvr
Norma 204 en MRP is moontlik beter keuses as URP, maar Rel 16 is 'n goeie roep.