Page 1 of 1
7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Wed Jan 04, 2012 3:55 pm
by jl1904
Dag se manne,
Ek speel met die idee om 'n 7mm kaliber geweer te bou en hoor graag julle opinies oor die 7x64, 280 Rem en 280 AI.
Ek het reeds 'n VZ24 Aksie, weet nie of dit die moeite werd is om eerder 'n Savage of Remington aksie te soek nie?
Die geweer sal gebou word met 'n 26" dik loop (Pacnor/Bartlein) en'n taktiese sintetiese kolf. (enige voorstelle waar ek 'n Manners of Mc Millan kan kry)
Ek beperk die keuse tot die 3 omdat die WSM, Rem Mag en SAUM te rof is op lope, maar ek wil nog steeds 'n 150-160gr punt teen om en by 2950 ft/s kan skiet.
Ek het reeds 'n 6,5x55 Swede, 30-06, 303 en 375H&H en ek dink 'n lekker plat skiet 7mm sal mooi hierby inpas.
Johan
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Wed Jan 04, 2012 4:07 pm
by Lourens
Johan,
Baie welkom by die forum, hoop jy gaan dit baie geniet! Ballisties is die 280 Rem en 7x64 identies en sal ek tussen hulle 2 eerder vir die 7x64 gaan omrede hy baie meer populer by ons is. Ek sou egter as ek een moet kies vir myself die 280 Ackley Improved kies. Dit lyk vir my na 'n bitter lekker 7mm en mens kry ook nou reeds doppe wat klaar gevorm is (Nosler Custom). Jy kan ook jou eie doppe vorm sonder te veel probleme. 7x64, 270 en 30-06 doppe kan hiervoor gebruik word.
Alles hang af van jou aanwending van die geweer en die Ackley bied nie so 'n reuse verbetering op standaard 7x64 ballistiek nie, alhoewel daar ouens is wat reken hulle kom bitter naby aan die 7mm Rem Mag met hom. Dus is dit 'n persoonlike keuse, jy kan nie rerig verkeerd gaan met een van die 2 nie, albei is fantastiese kalibers. Gesels gerus met Stef764 hier op die forum oor die 7x64, hy skiet een en is baie gelukkig met hom. Wouter Roets het beie ervaring van Ackley en sal jou ook meer daarvan kan vertel.
Groete,
Lourens
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Wed Jan 04, 2012 4:42 pm
by jl1904
Lourens,
Dankie, ek is geneig om saam met jou te stem as die keuse tusses net die 7X64 en 280 Rem was, is die 7x64 die beter keuse agv die beskikbaarheid van komponente, effens groter dop kapasiteit en 'n skerper skouer.
Ek lees baie goeie goed van die 280AI op Amerikaanse forums, maar dit is dalk omdat die 7x64 nie so geredelik beskikbaar daar is nie, maar ek hoor ook dat hulle baie naby aan die Rem Mag kom met heelwat minder kruit, wat weer 'n langer loop lewe sal lewer.
Dalk is daar iemand op die forum wat 280AI statistiek het met ons Somchem kruit, dit sal goed wees om die twee met mekaar te vergelyk.
Groete
Johan
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Wed Jan 04, 2012 8:02 pm
by tripodmvr
Ek praat uit monde van my 7x64. Dit is genoeg kaliber vir al die grootwild in ons land uitgesluit die werklike grotes. Hulle kan seker ook ingesluit word as 'n PH as rugsteun gebruik word. Dus vir algemene jag is die' 'n bulletjie. Die 7mm Rem het meer spoed en terugslag en of dit beter is, is 'n ope vraag. Vir algemene jag is die 7x64 'n yster met 'n groot bek. Moet hom nie onderskat nie. Ek sal enige dag 'n 100m bladskoot op 'n Eland maak en veilig daarvan afkom. Dit beteken egter dat premium koe?ls gebruik moet word.
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Wed Jan 04, 2012 8:44 pm
by Drenalinjunkie
7x64 no compromise!
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Wed Jan 04, 2012 9:23 pm
by Wouter Roets
Hallo Johan?Manne
Eersten baie welkom hier en hoop jy gaan dit geniet.
Jong jy gaan hier n gros ouens kry wat staan by die 7x64 en hulle het baie goeie rede daarvoor. Hy en die 280 Rem is uistekende kalibers, geen argument van my kant af nie. In Amerika raak die 280 ontsaglik populer met goeie rede. Hier by ons is dit die 7x64 wat weer baie gewild is. Balisties is daar nie n rede nie maar die toeloop van sake wat dit veroorsaak het.
Teen die tyd weet die meeste ek is n Ackley fan, met baie goeie rede as ek kan byse.

In praktyk is hy n volle 100ft/sek vinniger as die ander twee teen dieselfde druk. Hierdie klink nie na baie nie en balisties is dit ook so maar waar die werklike voordeel inkom is by die feit dat jy n hoer node/sweatspot kan slaan sonder om hoer drukvlakke te hardloop. Dit kan dalk n verskil van 150ft/sek in praktyk wees. Iets wat n mens nie sommer kan ignoreer as jy langafstand skietwerk wil doen nie. Doppe is nie n probleem soos voorheen genoem nie so die besluit is in jou hande.
Groetnis
Wouter
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Thu Jan 05, 2012 11:05 am
by jl1904
Dankie vir die terugvoer manne.
Wouter,
Hoe werk die node ding waarvan jy praat. Ek wil die geweer vir teiken skiet ook gebruik en 100-150ft/s kom handig te pas oor langer afstande.
As ek sou besluit op die 280AI wat se groefdraai stel jy voor vir 150-162gr punte en waar kan mens reamers vir die kaliber kry?
Groete
Johan
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Thu Jan 05, 2012 1:09 pm
by jl1904
Dankie vir die info Ludwig,
Die 284 win is ook 'n baie lekker kaliber, op wat se aksie en loop bou jy hom?
Groete
Johan
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Thu Jan 05, 2012 2:58 pm
by jl1904
Ludwig,
Laai bietjie vir ons fotos van die nuwe speelding as jy hom eendag kry.
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Thu Jan 05, 2012 3:03 pm
by Arnold
Johan, laai 'n paar fotos van daai custom 6.5x55 asb.
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Thu Jan 05, 2012 3:12 pm
by Stefan764
tripodmvr wrote:
Ek praat uit monde van my 7x64. Dit is genoeg kaliber vir al die grootwild in ons land uitgesluit die werklike grotes. Hulle kan seker ook ingesluit word as 'n PH as rugsteun gebruik word. Dus vir algemene jag is die' 'n bulletjie. Die 7mm Rem het meer spoed en terugslag en of dit beter is, is 'n ope vraag. Vir algemene jag is die 7x64 'n yster met 'n groot bek. Moet hom nie onderskat nie. Ek sal enige dag 'n 100m bladskoot op 'n Eland maak en veilig daarvan afkom. Dit beteken egter dat premium koe?ls gebruik moet word.
Beter kon ek dit nie gestel het nie

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Thu Jan 05, 2012 4:07 pm
by LN (Louis)
Stem saam met Stefan en die ander oor die 7x64. Lekker kaliber met genoeg slaankrag. Het laas jagseisoen meer as een maal gesien wat hy, gelaai met 175gr Swift A-frames, doen op bloues en zebras... Maar mens se agternet jeuk mos altyd om is anders as die res te he

, en net om hierdie rede sal ek gaan vir die 280AI

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Fri Jan 06, 2012 8:51 am
by jl1904
Hello Arnold, ek kry nie die Insert image ding dat hy werk nie, hoe maak mens.
Die files is ook te groot om die attach opsie te gebruik.
Help bietjie asb.
Johan
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Fri Jan 06, 2012 8:56 am
by Arnold
n Photobucket of dropbox account is die maklikste om die foto op te host. Jy kan dit enige tyd vir my email en dan sal ek dit vir jou opsit.
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Fri Jan 06, 2012 10:46 am
by jl1904
Dankie Arnold, pm my asb. met jou e-mail adres.
Johan
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Fri Jan 06, 2012 2:11 pm
by GERT vd M
Om te gaan vir n 7x64, plaas jou al klaar in n ander klas, so gaan vir hom jy gaan nie spyt wees nie

GROETNIS
GERT
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Fri Jan 06, 2012 2:55 pm
by Boesman
Shoesss, julle praat te veel oor die 7x64. Ons wil darem ook ander kalibers he en het dan onafhanklike motivering nodig. So, vertel vir die owerhede hoe sleg die 7x64 is en dat jy nog ten minste 30 ander kalibers nodig het om vir sy swak prestasie op te maak.

Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Fri Jan 06, 2012 6:20 pm
by GERT vd M
aaggh nou ja wat ookal

GERT
Re: 7x64 , 280 Rem of 280 AI
Posted: Mon Jan 09, 2012 1:32 pm
by Arnold
jl1904 wrote:
Dankie Arnold, pm my asb. met jou e-mail adres.
Johan
Ek het die foto's onder Geweer Fotos geplaas.