Page 1 of 1
308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 5:44 am
by ettiene.xtremetr
Ek sukkel al te lank met n 308 mossberg, soveel so as om die wapen tydens amnestie terug te handig, totdat oom Marius (tripodmvr) n saaidjie geplant het.
Hoekom vervang Ek nie die loop en rechamber nie.
Die gesprek hey uit n bree gesprek gelei oor die nuwe 6.8 western. Hoekom verander Ek net nie loop nie.
Natuurlik is die kort aksie bepalend en die kaliber om te rechamber wyd.
So hier is die vraag. Met vandag se loop lengtes, twist rates en vaardige geweersmids om n pakkie saam te voeg, wil ek hoor wat is die kaliber voorstel vir n plattetjie. N kaliber wat oor maksimum 500m so plat vlieg soos die Kalahari horison op n somer son ondergang.
My kluis bestaan tans uit 9.3x62 (bosveld), 6.5 creedmoor en Natuurlik die 308. Wil nie 223 he nie (te Klein).
Het geloer na 25-06 (aksie gaan seker nie werk nie) 22-250, 243, 260 en Natuurlik 6mm Br, 6mm Creedmoor ens ens ens ens.
Twist rates van 7.5 maak dit n wye veld om balistiese platskieters te bewerkstellig.
Keuse most Natuurlik in ag neem, komponente, hoe bc punte in geval van vinniger twist rates ens ens.
Ek weet daar is onbekende kalibers soos prc en ackleys Maar Sal graag van die manne Wil hoor.
Doel van so geweer is Natuurlik teiken skiet asook die eensame verlate vlakte kopskootjie so af en toe
Sent from my BAH2-L09 using Tapatalk
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 5:53 am
by Ds J
Die kort aksie bepaal die doplengte, nie waar nie?
Jy is dus grotendeels gebind tot 51mm doplengte.
7-08 gaan nie die trajek baie afbring nie, daarvoor het jy n kleiner kaliber koeël nodig.
Voorstel:
243 Ackley met n bietjie langer keel om swaarder koeëls te skiet.
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 6:10 am
by Dirkvh
260 gaan baie naby aan die Creedmoor wees.
Dalk iets in 'n 6mm? SLR sal jou tot op 2km vat en dalk verder, hang van punt keuse af.
Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 6:39 am
by ettiene.xtremetr
Ds J wrote:Die kort aksie bepaal die doplengte, nie waar nie?
Jy is dus grotendeels gebind tot 51mm doplengte.
7-08 gaan nie die trajek baie afbring nie, daarvoor het jy n kleiner kaliber koeël nodig.
Voorstel:
243 Ackley met n bietjie langer keel om swaarder koeëls te skiet.
Hoekom soek ek n klein kaliber. Lol. My gat jeuk en my 308 maak my oud voor my tyd.
Ek glo n leker plat skieter soos 6mm musgrave ens is ideal in enige man se kluis. Met die keuse van loop verandering is die keuse baie groot dus die vraag vir advies
Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 7:05 am
by Malan123
243 ackley...
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 8:26 am
by Arnold
Daar is plat en dan is daar plat maar tot en met 500m is plat nie meer wat jy dink nie

Spoed skiet naby plat en dan sorg BC dat hy plat by en baklei teen die wind.
Kyk ook na die prys en beskikbaarheid van matryse en doppe.
Ek geniet my seuns se 6 CM baie, wat ek ook gebou het vanaf 'n 308 aksie. 'n 6mm is vir my meer veeldoelig as 'n .224 kaliber soos die 22-250 en daarom het ek my 22-250 Ackley met 8 twist ook verkoop. So my keuse sou ook iets in 6mm wees en dit sou neerkom op 'n 6 CM of 243 AI
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 8:32 am
by Gian_dP
Tensy jy slotgesig wil, verander sodat jy een van die kort magnums kan skiet, sou ek ook 243 Ackley voorstel(of 6SLR/6CM/6XC).
Met al daardie doppe behoort jy gemaklik 105gr koeel teen raps oor 3000fps te skiet uit 28" loop. As jy regtig "vinnig en plat" wil hê, sou ek na 1 in 12(selfs 1 in 14) groefdraai loop kyk en 55gr koeels BAIE vinnig skiet. Dink Geno skiet by 4000fps met syne.
Alternatief 22-250 Ackley, waar jy 80 greiners rondom 3400fps gaan skiet en ligte koeels bo 4000fps.
Alhoewel vinnige groefdraai lope en swaar vir kaliber koeels(hoë BC) die nuutse "flavour" is, gaan swaar 5.5mm of 6mm koeels jou nie baie meer gee as jou 6.5CM nie. Effens platter trajek, met meer windskuif. Die ligte koeels gaan weer meer sensitief vir wind wees, maar jy gaan lekker plat kan skiet.
As jy bereid is, en as die slot dit toelaat, kan jy slotgeeig laat oopmaak en 'n "short magnum" oorweeg. 6.5/7mm of .300 in watter kort magnum dop jy verkies(WSM/PRC/RSAUM/SS). Moet beskikbaarheid van reamer/doppe/dies in ag neem.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 9:42 am
by Capt. Yoda
Besluit wat se koel jy wil skiet en kyk dan wat se dop vir jou die beste in daai aksie met daai koel sal werk, ons kruit keuses is darem nou al baie beter as n paar jaar terug
Ek sou n 6CM met n 8 twist loop vat, as jy bq ver wil speel sit jy iets soos Berger se 109gr of Hornady se 108gr of self Hornady se 110gr Atip voor in daai dop en skiet gonge maklik tot op n 1000m en as jy gaan kopskote skiet laai jy hom met n 70gr Ballistic tip en draai sy krane bq oop. Soos Gian se as jy regtig iets soek om n bok se kop te verwoes (want jy het klaar n 6.5CM wat jy op die baan kan gebruik) sou ek ook kyk na n 12 twist vir die 55gr koels naby 4000fps, vir 300m vlakte kopskieter is daai n dodelike kombo anders as jy hastig is kan jy altyd daai loop se kamer oor sny met geen freebore en iets soos n 110gr Vmax in die 308 skiet. Met n vol dop IMR 4895 of Vartget sal jy daai 110gr nogals lekker kan aan jaag
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 10:08 am
by Arnold
Gian_dP wrote: Tue Feb 02, 2021 8:32 am
Alhoewel vinnige groefdraai lope en swaar vir kaliber koeels(hoë BC) die nuutse "flavour" is, gaan swaar 5.5mm of 6mm koeels jou nie baie meer gee as jou 6.5CM nie. Effens platter trajek, met
meer windskuif.
Gian, net 'n korreksie ... al waar die 6.5 CM die 6 CM wen is loop leeftyd en energie. Trajek en windskuif is nie iets waarmee die 6 CM sukkel nie
My 6 CM het maar 'n 24" loop en tot 500m skiet ek eerder met hom as met my 260 AI. Anderkant 900m voel ek die swaarder 147gr ELDM het wel 'n voordeel bo die 105gr RDF wat ek gebruik.
As jy dus die nut het vir 'n weerligstraal oorweeg dan ook 'n stadiger twist soos die manne voorstel en kry vir jou 55gr of as jy moet 70gr pitjies

Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 10:38 am
by Gian_dP
Arnold wrote:Gian_dP wrote: Tue Feb 02, 2021 8:32 am
Alhoewel vinnige groefdraai lope en swaar vir kaliber koeels(hoë BC) die nuutse "flavour" is, gaan swaar 5.5mm of 6mm koeels jou nie baie meer gee as jou 6.5CM nie. Effens platter trajek, met
meer windskuif.
Gian, net 'n korreksie ... al waar die 6.5 CM die 6 CM wen is loop leeftyd en energie. Trajek en windskuif is nie iets waarmee die 6 CM sukkel nie
My 6 CM het maar 'n 24" loop en tot 500m skiet ek eerder met hom as met my 260 AI. Anderkant 900m voel ek die swaarder 147gr ELDM het wel 'n voordeel bo die 105gr RDF wat ek gebruik.
As jy dus die nut het vir 'n weerligstraal oorweeg dan ook 'n stadiger twist soos die manne voorstel en kry vir jou 55gr of as jy moet 70gr pitjies

Dankie vir die regstel. Daai bc op die RDF's maar inderdaad dat die 6mm's die 6.5mm's kan uitstof. My 6CM aansoek darem vandag na "in consideration" geskuif. RDF'S staan en wag!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 11:15 am
by Schalk van Wyk
Stem saam oor die 6mm’s. Hoe BC en spoed is moeilik om te wen. Al wat my kwaai pla ban hulle is loop leeftyd in vergelyking met die 6.5mm’s.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 11:52 am
by saswart
Net so klip in die bos... Jy het die 308 gekoop vir 'n rede. Miskien omdat jy vanaf die 6.5 tot die 9.3 'n gap het. Dit lyk my jy gaan raad volg hierbo, wat baie goed is, maar ek sien jy gaan nog 'n geweer koop om jou 308 te vervang ook. Hierdie is die klasieke 1 geweer word 2

Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 1:57 pm
by ettiene.xtremetr
saswart wrote:Net so klip in die bos... Jy het die 308 gekoop vir 'n rede. Miskien omdat jy vanaf die 6.5 tot die 9.3 'n gap het. Dit lyk my jy gaan raad volg hierbo, wat baie goed is, maar ek sien jy gaan nog 'n geweer koop om jou 308 te vervang ook. Hierdie is die klasieke 1 geweer word 2

Lol. Baie waar. 308 was eerste geweer dus het hy BAIE punte deur hom asook n helse lang tyd se rond neuk met kruit en monolities, lood ens.
Ek glo ek sal weer 308 koop maar as n mooi CZ 550 op my pad strompel dan het ek spesiale plekkie vir hom

.
Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 2:20 pm
by Ralph Badenhorst
Om n Premium 7.5 of 8twist loop in beide .25 cal of .270 te kry gaan n pyn op sy eie wees.
Groete
R jr
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 2:33 pm
by Supacow
Sien eagle barrels doen n 9 twist vir beide
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 3:09 pm
by Arnold
Ek het al meer as een 308 gehad en daar is definitief plek vir hulle maar jou 6.5 dek die onder spektrum van hom en die 9.3 dek die boonste spektrum baie mooi. As ek n mooi CZ moes vat sou n 7x57 of 7x64 bietjie hoër op my lys wees
Soos jy tereg uitwys is daar n klein kaliber wat kort en almal is nie kompetisie skuts nie. Ek weet jy dink nou aan kaliber verandering maar oorweeg dalk 'n nuwe geweer in 6CM of 243 Win. Dit gaan jou geld en frustrasie spaar.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 3:11 pm
by ettiene.xtremetr
Ek glo n stewige 85+ punt wat 500m trek is reg vir my applikasie.
Watse twist sal werk. My opinie is tog om eerder stadiger te jaag met minder wind defleksie tot 500m as om n 55 gr teen 5000fps (???!!!??lol) te skiet.
Loop lewe ens maak natuurlik dan n verskil.
Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 4:47 pm
by tripodmvr
Met 1 in 8 groefdraai behoort jy 105gr koele uit 'n 6mm kan skiet. 'n 243 AI kan nog 243 ammo skiet en het baie ander voordele. Kyk wat so loop en opsit sal kos. Anders kan nuwe Howa dalk beter wees. Google Eagle barrels en kyk na pryse en groefdraai.
Re: 308 kort aksie verander na??????? Kaliber
Posted: Tue Feb 02, 2021 5:13 pm
by Capt. Yoda
ettiene.xtremetr wrote: Tue Feb 02, 2021 3:11 pm
Ek glo n stewige 85+ punt wat 500m trek is reg vir my applikasie.
Watse twist sal werk. My opinie is tog om eerder stadiger te jaag met minder wind defleksie tot 500m as om n 55 gr teen 5000fps (???!!!??lol) te skiet.
Loop lewe ens maak natuurlik dan n verskil.
Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
1/10 twist, basies geen of n lekker kort freebore, 28” loop en n 70gr BT en 87gr Vmax as jy bq wil staal speel