Page 1 of 1

Leupold VX-3L 4.5-14x50mm

Posted: Wed Jan 04, 2012 8:54 am
by Jassie
Ek wil graag twee goedjies spesifiek uitvind en dan sommer hoor of julle manne hierdie scope sal gebruik vir jakkalsskiet in die nag.

Die redes vir die aankoop van die scope is hoofsaaklik en onder andere, beperkte spasie, minimum/geen veranderings aan die bestaande ringe en die waarborg.

1. Ek merk dat hy nie 'n parralaks verstelling het nie, hoewel dit 14x vergroting het. Die vraag is nou op watter afstand die standaard parralaks dan in die fabriek gestel is.

2. Bogenoemde in ag geneem - hoe oorkom/minimiseer ons die gebrek aan parralaks verstelling op 300m indien die fabriek reken jy net op byvoorbeeld 100m die scope perfek moet gebruik, al is dit dan op 14x vergroting.

Groete
JAS

Re: Leupold VX-3L 4.5-14x50mm

Posted: Wed Jan 04, 2012 3:20 pm
by Vlakvark
Jassie
Ek het die VX-3L 4.5-14x50 met Side "Focus" op n paar van my wapens baie gelukig met myne ek skiet nie veel in die aand nie maar die paar keer wat ek hom met lig gebruik het, het hy vir my gewerk
Die parralax versteling op n jag geweer sal ek nie weer doen nie daar is nie tyd in die veld om met dit te speel nie darom sal my volgende scope sonder parralax versteling wees

Re: Leupold VX-3L 4.5-14x50mm

Posted: Wed Jan 04, 2012 6:41 pm
by Jassie
Vlakte

Weet jy dalk op watter afstand die parralaks is op die modelle wat nie die verstelling het nie?

Groete
JAS

Re: Leupold VX-3L 4.5-14x50mm

Posted: Thu Jan 05, 2012 11:56 am
by Francois Marais
Jassie

Ek dink 150m, maar issi seker nie, jy moet kyk of jy nie die LR model kan kry nie, Long Range, hy het 30mm buis en side fokus..........

http://www.leupold.com/hunting-and-shoo ... 5-14x50mm/

gaan kyk op die link is die verskille duidelik sigbaar........so vinnig daar deurgelees, maar sien nie watter afstand hulle paralaks gesel word nie.

Mooi loop
Francois

Re: Leupold VX-3L 4.5-14x50mm

Posted: Thu Jan 05, 2012 12:36 pm
by Vlakvark
.Leupold VX-3 3.5 - 10 x 50 Riflescope


Manufacturer Warranty (general):Lifetime
Exit Pupil (mm):15.2 - 5.3
Mounting Length (in.):5.1
Eye Relief (in.):4.5 - 3.6
Product Weight (oz.):14.7
Water Resistance:Waterproof
Field Of View (ft.):298 - 110
Fog Proof:Yes
Magnification:3.5x - 10x
Objective Lens Diameter (mm):50
Reticle:Duplex
Manufacturer Warranty - General:Lifetime
Parallax Setting (yards):150
Finish:Matte black
Tube Diameter (in.):1
Product Length (in.):12.3

Re: Leupold VX-3L 4.5-14x50mm

Posted: Mon Jan 16, 2012 10:07 pm
by saimportsuplies
hello my naam is francois en ek verkoop die scopes al jare. ons het hulle op springbok nag dood getoets en hulle werk mooi op10 vergrooting en op tien is hy redelik  parralax  vry tot op driehonder,,, die parralax vout op drie honderd as jy jou kop nou regtig skeef hou is so 2 duim,...maar op 14x krag is dit te erg..die scope is parralax vry op 100 metre gestel uit die fabriek...
as jy regtig met die eerlike groot nag skieters praat sal jy hoor parralax verstellings in die nag laat jou lekker mis....hoop dit help,,,,
die laaste scope van daai leupolds vx-3l 4,5-14x50 wat ek verkoop het het gegaan vir R8900.00

hoop ek kan jou verder help maar dis nou jou besluit.

Re: Leupold VX-3L 4.5-14x50mm

Posted: Thu Jan 26, 2012 9:07 pm
by BOATS
Ek skiet ook met een.Ek het aanvanklik probleme daarmee gehad.Maar nadat deur leopold reggemaak was is ek baie tevrede daarmee.Ek gebruik dit net vir ongediertebeheer.