Page 1 of 1
Pistool Range bag
Posted: Tue Jan 26, 2021 6:14 pm
by Swede
Ek is in die mark vir so sak. Dit moet 2 9mmP pistole, 8 magasyne, oog en oor beskerming kan vat. Dan ook n paar ander items nodig vir die dag. Ek wil ook nie R2000.00 plus betaal nie. Is daar enige voorstelle?
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: Pistool Range bag
Posted: Tue Jan 26, 2021 7:57 pm
by AndreVal
Swede, ek het soortgelyke ding gesoek en toe besluit op die small tactical rugsag van TacQM. Hy gaan nou sommer diens doen op die pistool baan, hike en jag.
Hy lyk so
https://www.thequartermaster.co.za/smal ... ag&page=10
Re: Pistool Range bag
Posted: Tue Jan 26, 2021 8:49 pm
by JohanvB
Het vir my so sak gekoop, direk by Campcover, ok nou nie vir pistool spesfiek nie, maar regtig baie handig, en as ek pistool sou skiet sou ek defnitief so sak gebruik.
https://www.animalgear.co.za/camp-cover ... -range-bag
Re: Pistool Range bag
Posted: Tue Jan 26, 2021 9:12 pm
by Pappabeer
Ek het destyds by Brownells 2 lekker rangebags gekoop. Die een het al die baan goed in, en die ander een al die jag en slag goed. Werk lekker. Hulle het altyd n groot verskeidenheid
Re: Pistool Range bag
Posted: Wed Jan 27, 2021 8:52 am
by Capt. Yoda
Hoor by legionnaire of hulle vir jou n sak kan maak soos jy hom soek
Dalk is die pistool wereld n mark wat hulle nog nie betree het nie
https://legionnaire.co.za/custom-suppressor-covers/
Re: Pistool Range bag
Posted: Wed Jan 27, 2021 10:06 am
by alecjohnson
Selfde gedoen en om die sak stewig te maak as ek klomp ammo saamdra het ek 'n stuk laaghout gesny en geplak met ripstop wat ek onder in sak sit.
My ammo dra ek ook nie meer in daai netjiese houers nie; mayo vlessie en josyd boksies werk baie lekker vir handwapen oefen dag.
Re: Pistool Range bag
Posted: Wed Jan 27, 2021 1:10 pm
by Swede
Dankie Menere!
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: Pistool Range bag
Posted: Wed Jan 27, 2021 6:50 pm
by Philip Marais
Ek gebruik een van die Bushtec cooler 'bags'.
Het net die binneste blink 'inner' uitgehaal.
Ek sien hy is beskikbaar op Takealot.
Re: Pistool Range bag
Posted: Sun Jan 31, 2021 7:46 pm
by Alwin
Die sagte sakke is heel gaaf, maar nadat ek my gewere in harde tasse begin vervoer het, het ek besluit om my handwapens ook in 'n harde tas te vervoer. Ek gebruik 'n Big Jim gereedskapkas, met die handwapens in sagte sakkies binne in. Daar is ook genoeg plek vir die ammu, oor- en oogbeskerming, toiletpapier en bietjie olie. Die kas kan ook onder enige ander bagasie gepak word in die kar of bakkie, sonder dat ek hoef te vrees vir skade. Dit is ook redelik reenbestand. Daar is ook ander voordele, soos as ek op pad terug van die baan gestuur word om iets te ete te gaan kry, of wat ookal. Niemand kyk 2 keer na my "toolbox" nie. Ek kan hom selfs in Checkers se trollie sit en deur die winkel stap. Die gereedskapkas kos ook heelwat minder as 'n goeie sagte sak. Net 'n voorstel.
Re: Pistool Range bag
Posted: Tue Feb 02, 2021 2:12 pm
by Silwer