Page 1 of 1

300H&H punt gewig

Posted: Tue Jan 03, 2012 4:32 pm
by viperian
Hi Almal

Ek jag tans met my 300H&H met 160gr HV GS punte teen 3250f/s
My groepe is baie goed en vleis skade is aanvaarbaar.
Ek gebruik die roer vir al my jagte wat van die vlaktes in Namibia tot in die bosveld strek.
Baie manne raai my egter af om sulke ligte punte in die 300H&H te gebruik en se ek moet swaarder gaan.
Wat dink julle?
Bly by wat ek het?
Indien julle ook dink ek moet verander wat stel julle voor?
Ek herlaai self en kan maklik aanpas met nuwe komponente.

Help asseblief want ek weet nie meer watter kant toe nie

Groetnis


Ian

Re: 300H&H punt gewig

Posted: Tue Jan 03, 2012 8:02 pm
by viperian
Dankie Ludwig

Ek dink ook ek sal by die GS punte bly. Hulle is net vrek duur.
Wel ek glo nie mens moet 'n prys aan 'n goeie kombinasie heg nie.
Gelukkig was als wat ek met hulle geskiet doodskote, dit is als van groot blou/w/b tot springbokke.

Dankie vir jou raad en hulp :)

Re: 300H&H punt gewig

Posted: Tue Jan 03, 2012 9:00 pm
by tripodmvr
If it aint broke, dont fix it.

As die GS koele swak resultate gegee het dan sou ek 'n skuif maak. In die magnum .30 kalibers word 180-200gr loodkoe?ls as die norm voorgehou. Met mono's moet jy 20% afkom in gewig anders is die goed te lank en stabiliseer nie. Dus op die swaarste gee dit 200-40=160gr as 'n beginpunt. Net wat jy nou skiet!!!!

Re: 300H&H punt gewig

Posted: Tue Jan 03, 2012 9:42 pm
by viperian
Dankie Tri

Dit lyk vir my ek en hierdie kombo gaan nog lank en lekker saam jag

Ian :laugh:

Re: 300H&H punt gewig

Posted: Wed Jan 04, 2012 7:59 am
by BLOK
Ian

As dit vir jou werk hou daarby, self skiet ek ook 300H&H met 150g Nosler hunting ballistic tips, die rede is omdat ek meer kleinwild en jakkals skiet dus nie swaar sterk koels nodig het nie. Hulle groepeer vir my goed genoeg en gee goeie resultate, as ek groodwild gaan jag gebruik ek 180gr Nosler accubonds.

Blok

Re: 300H&H punt gewig

Posted: Wed Jan 18, 2012 10:32 am
by henrygriffiths
Kyk die H&H is darm n lekker roer myne skiet 300-400 skote/jaar en ek laai 180gr hornady interbond en het in ou dae interlock 190gr geskiet, ek will ook ligter punte probeer vir kleiner bokke!

Re: 300H&H punt gewig

Posted: Wed Jan 18, 2012 2:30 pm
by James Wilson
505hunter wrote: Kyk die H&H is darm n lekker roer myne skiet 300-400 skote/jaar en ek laai 180gr hornady interbond en het in ou dae interlock 190gr geskiet, ek will ook ligter punte probeer vir kleiner bokke!
Hallo 505, dis nie al dag dat n man se 300H& die kleinste geweer is wat hy het nie, ek  laaik dit. ek skiet self met so n H&H en alhoewel hy my eers probleme gegee het is dit nou iets van die verlede danksy die forum en n oplettende wapensmit.

die ding van ligter koeels vir kleiner bokke het my nou aan die dink.(dit opsigself is volgens my vrou nie n gewenste ding nie).  as jy in daardie 300 n 150 laai gaan jy sekerlik n hoer spoed kry. n hoer spoed gaan meer vleis skade maak iets wat jy nie op n kleiner bok kan bekostig nie. nou wonder ek as ek met iets soos n 300 mag skiet moet ek nie eerder kyk na iets soos n 210grn teen so 2600f/s nie. self skiet ek met 180grn uit die 300H&H teen 3084f/s. ek het die verwoesting wat dit op n vark op 160m aanrig gesien en nou die spoed afgebring na 2960f/s. Nou sien ek die mense daar in die DRK skiet sunies met n 416 en 505 met solids sodat dit minste moontlikke skade kan doen. ek sal graag wil weet wat se die manne. dit wat 505 hier voorstel wonder ek self al n ruk oor.

ps,  505 sit bietjie fotos op van daai versameling

Re: 300H&H punt gewig

Posted: Wed Jan 18, 2012 3:40 pm
by viperian
Hi Henry
Jong ek het self baie jare met die 190gr Hornadys geskiet, toe kry ek 'n pakkie GS 160 HV persent en daarna het ek nog nooit terug gekyk nie. Ek skiet hulle teen 3250f/s en tot op datum was die vleisskade nie sleg nie en glo my dit is baie beter as wat ek gekry het met die 190 Hornadys teen 2950f/s. Akuraatheid is ook baie goed en MOA is geen probleem nie. Probeer gerus die 160gr GS punte jy sal aangenaam verras wees.

Groetnis
Ian

Re: 300H&H punt gewig

Posted: Thu Jan 19, 2012 9:40 am
by henrygriffiths
eK HOOR  oor die spoed en vleisskade ma wil iets kry wat bietjie platter trajek het vir lang skote. as hy mooi group dan sal kop en nek norm wees!

ek gaan vir my 160gr GS koeels laai en kyk.

Re: 300H&H punt gewig

Posted: Thu Jan 19, 2012 2:10 pm
by James Wilson
o ok, hoeveel duim loop is jou 300?

Re: 300H&H punt gewig

Posted: Mon Jan 23, 2012 9:35 am
by henrygriffiths
loop is 24 duim