Page 1 of 2

Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 12:39 pm
by Gerhard
Ek kyk daarna om n bi pod op die 30 06 te sit.

Ek sal die bi pod gebruik om te skiet van die bench af maar ook in die veld om te skiet uit die l? posisie (berg jag).

Wat stel julle voor is goeie produkte?

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 12:42 pm
by Geno
Gerhard,
Klomp manne gaan se jy moet vir Harris se Bipods gaan, maar teen minder as helfde die prys kom ek en Stefan7x64 baie goed reg met ons Caldwell X-LC 9-13" bipods.
Ek het 'n ruk terug gemaklik dassies op +-250m van die pod af geskiet, so hy is verseker stabiel genoeg.

Groete,
Eugene

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 12:47 pm
by Gerhard
Geno wrote: Gerhard,
Klomp manne gaan se jy moet vir Harris se Bipods gaan, maar teen minder as helfde die prys kom ek en Stefan7x64 baie goed reg met ons Caldwell X-LC 9-13" bipods.
Ek het 'n ruk terug gemaklik dassies op +-250m van die pod af geskiet, so hy is verseker stabiel genoeg.

Groete,
Eugene
Dankie Eugene,

Was dit die fixed of swivel model gewees en wat verkies jy?

Ek het die naweek plek gekry waar ek kan gaan blesbok jag.

Dit berge gaan sorg dat dit moontlik lang skote gaan wees en ek wil seker maak ek skiet die beste moontlike skoot... 

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 12:52 pm
by Geno
Die bipods wat ons gebruik kan swivel, ek verkies dit bo die fixed pods. Fixed werk net op 'n bench, die swivel is noodsaaklik vir wanneer jy jag omdat die grond nooit waterpas is nie.

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 12:57 pm
by Gerhard
Geno wrote: Die bipods wat ons gebruik kan swivel, ek verkies dit bo die fixed pods. Fixed werk net op 'n bench, die swivel is noodsaaklik vir wanneer jy jag omdat die grond nooit waterpas is nie.
Dankie man.

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 1:00 pm
by GreyGhostGear
Gerhard,

Harris is verseker die beste, maar ek het ook al goeie goed gehoor van die Caldwell. Die belangrikste dink ek is om maar die swivel opsie te vat, veral as jy praat van in die berge jag. Vir enige ongelyk terrein gaan die fixed een nie werk nie. Ek het 'n fixed Harris so paar jaar terug weg gegee, want hy was useless in die veld.

Groete,
Petrie.

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 1:01 pm
by Beer (Christo)
Ek het die naweek die eerste keer met die Harris bi-pod op my 300wm geskiet. Baie stabiel. Sal definitief volgende keer na Caldwell kyk as die prys reg is.

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 1:04 pm
by Geno
Sorry man, dis Caldwell XLA, en nie XLC nie.

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 2:04 pm
by VdWalt
Beer wrote: Ek het die naweek die eerste keer met die Harris bi-pod op my 300wm geskiet. Baie stabiel. Sal definitief volgende keer na Caldwell kyk as die prys reg is.
;D Ek ken mos daai baan!! Dis dan my vakansie huis! Ek weet nou hoe jou geweer klyk, ek sal jou kom
opsoek.

Groete
Van der Walt

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 2:19 pm
by THOMAST
Een ding wat ek agtergekom het met die Harris BiPod stelsel is die rubber voetjies- as jy op die baan vanaf 'n blad skiet is hulle geneig om 'n bietjie te spring agv die rubber wat vasklou en die veer stelsel. Ek sit daarvoor maar altyd 'n stuk lap neer op die blad om die pootjies op te rus.Dan gly hulle mooi glad.
'n Pel van my het sulke felt skoentjies gemaak wat met rekkies om die rubber voetstukke pas. As hy diere in die Kalahari skiet agter van 'n bakkie af en die pootjies op die bakkie dak rus, s? hy dit werk mooi.
Weet nie of die ander BiPod stelsels hiedie fenomeen het nie.

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 4:39 pm
by Stefan764
Geno wrote: Gerhard,
Klomp manne gaan se jy moet vir Harris se Bipods gaan, maar teen minder as helfde die prys kom ek en Stefan7x64 baie goed reg met ons Caldwell X-LC 9-13" bipods.
Ek het 'n ruk terug gemaklik dassies op +-250m van die pod af geskiet, so hy is verseker stabiel genoeg.

Groete,
Eugene
+1 my mater!!

Gerhardus, volgens my is daar geen verskil tussen die twee bi-pods nie. Altwee werk baie mooi, ek kan net nie insien hoekom die Harris R1200 kos en die Calwell teen R650 verkoop nie. Ek skiet duim groepe op 200m van my Caldwell af...

Koop die swivel een, jy gebruik dit vreeslik baie, veral as jy bietjie langer skote in die veld skiet en die terrein is nie so plat nie, wat maar meeste van die tyd die geval is.

Groetnis

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 4:43 pm
by Gerhard
Stefan764 wrote:

Dankie Stef.

Volgende vraag is ...

Het julle voorraad?

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 4:54 pm
by JACQUES BOTHA
Geno
Jys is reg in teorie, maar as jy dit toepas op jagafstande is daai  bietjie wat hy kantel weglaatbaar...in praktyk????
OF praat ek woefiepoefie?
As jy le en skiet en dis baie skeef , tilt ek die hele geweer met die bipot in elk geval om reguit te le, die swivel aksie is nie genoeg om  regtig ongelyk oppervalktes te aklkomodeer nie,
Maar as jy een koop  kry liewer die swivel eeen dis beter om iets te he en nie te gebruik nie as om dit nie te he nie....ander kant
groete
Jb

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 5:09 pm
by JACQUES BOTHA
Geno en Stef
In watter lengtes kom daai bipods?
Ek soek n korter een vir die sa jagters tabelle vir die 300m le en skiet?\
JAcques
Dit gaan maar net oor van dieselfde posisie af oefen as skiet in die kompetisie?

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 5:41 pm
by Pvdw
Gerhard ek het na die VANGUARD vir die 223 gekyk. Lyk ook soos 'n heel skaflikke produk.

Peet

Re: Bi Pods

Posted: Tue Jan 03, 2012 6:40 pm
by Gerhard
JACQUES BOTHA wrote: Geno en Stef
In watter lengtes kom daai bipods?
Ek soek n korter een vir die sa jagters tabelle vir die 300m le en skiet?\
JAcques
Dit gaan maar net oor van dieselfde posisie af oefen as skiet in die kompetisie?

Ek dink die 9 tot 13 duim bi pod sal net die ding wees vir le en skiet wees...

Re: Bi Pods

Posted: Wed Jan 04, 2012 2:15 pm
by Stefan764
JACQUES BOTHA wrote: As jy le en skiet en dis baie skeef , tilt ek die hele geweer met die bipot in elk geval om reguit te le, die swivel aksie is nie genoeg om  regtig ongelyk oppervalktes te aklkomodeer nie,
Jakes, as jy so skuins le dat die bipod se swivel nie genoeg is nie gaan jy beginne rol mater  ;D ;D ;D ;D
JACQUES BOTHA wrote: Geno en Stef
In watter lengtes kom daai bipods?
Jakes, Gerhard het jou mooi geantwoord hier, die 6-9 raak te kort vir in die veld le en skiet. Ekt al n paar mooi skote op Springbok van die bipod af geskiet terwyl ek in die grasse le, maar so nou en dan raak selfs die 13" te kort. Vir skietbaan EN veld sal ek die 9-13 vat...

Gerhardus nee jammer maat, maar hulle kom in n week of twee in!

Stef

Re: Bi Pods

Posted: Wed Jan 04, 2012 2:30 pm
by BLOK
As ek die prys so vergelyk kan jy sommer altwee lengtes van die een koop ipv die ander.

Re: Bi Pods

Posted: Wed Jan 04, 2012 2:37 pm
by Stefan764
BLOK wrote: As ek die prys so vergelyk kan jy sommer altwee lengtes van die een koop ipv die ander.
Laat so brein nou moet vrot  ;D

Re: Bi Pods

Posted: Wed Jan 04, 2012 6:36 pm
by Gerhard
Stefan764 wrote:
JACQUES BOTHA wrote: As jy le en skiet en dis baie skeef , tilt ek die hele geweer met die bipot in elk geval om reguit te le, die swivel aksie is nie genoeg om  regtig ongelyk oppervalktes te aklkomodeer nie,
Jakes, as jy so skuins le dat die bipod se swivel nie genoeg is nie gaan jy beginne rol mater  ;D ;D ;D ;D
JACQUES BOTHA wrote: Geno en Stef
In watter lengtes kom daai bipods?
Jakes, Gerhard het jou mooi geantwoord hier, die 6-9 raak te kort vir in die veld le en skiet. Ekt al n paar mooi skote op Springbok van die bipod af geskiet terwyl ek in die grasse le, maar so nou en dan raak selfs die 13" te kort. Vir skietbaan EN veld sal ek die 9-13 vat...

Gerhardus nee jammer maat, maar hulle kom in n week of twee in!

Stef
Skerp,

Dankie Stef.

Laat weet as die voorraad in gekom het sodat ek kan kom loer.

Re: Bi Pods

Posted: Fri Jan 06, 2012 10:24 am
by 375Ruger
Gerhard,

Ek het n Harris Model 25 C wat ek net een keer gebruik het. Dis die "fixed" model en jy is welkom om hom te toets sou jy belangstel. Eks in Randburg.

groete

Willem

Re: Bi Pods

Posted: Fri Jan 06, 2012 1:59 pm
by Stefan764
Die Caldwells het geland.....

Beide die 6-9 en die 9-13 gaan vir R550

Manne ek se net julle sal moet roer, die goeters kry vinniger voete as meeste vani goed hier ini shop.

Groetnis
Stef

Re: Bi Pods

Posted: Fri Jan 06, 2012 2:16 pm
by Lourens
Stefan764 wrote:
Manne ek se net julle sal moet roer, die goeters kry vinniger voete as meeste vani goed hier ini shop.

Groetnis
Stef
As ek kyk na hoe vinnig die ander goed in die shop loop sou ek eerder se daai caldwells gan vlerke kry  ;D

Groete,
Lourens

Re: Bi Pods

Posted: Fri Jan 06, 2012 3:15 pm
by JPS
Stefaans,
Het julle die 13 -25 ook in vooraad? Prys asseblief. Hulle werk beter vir my in die Bos met die Gras. Kan sit en skiet van die af. Glo die ander sal beter werk vir le, maar ek vind bitter min le skote in die bos.

Groete
JP

Re: Bi Pods

Posted: Fri Jan 06, 2012 3:25 pm
by Stefan764
JPS

Ons het nog enetjie oor DINK ek.... Almal uit vandag op ouens wat bestel het... Prys R650

Stef