Page 1 of 1
Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Wed Jan 20, 2021 6:17 pm
by MichielC
Goeiemiddag,
Ek sal graag julle opinie wil hoor , ek ken nie die vervaardiger nie , en sal graag julle opinies wil hoor ivm n Rizzini Dubbel , spesifiek in 500 NE.
Ek is nie ph nie , en sal die geweer aanwend vir n buffel of 3 en dalk selfs n olifant , meestal vir algemene jag 10/1.
Ek het reeds n 416Rigby en 458Lott , en wil nie prakties raak rondom die besluit nie , net meer weet van die Rizinni
Dankie byvoorbaat,
Michiel
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Wed Jan 20, 2021 7:41 pm
by Ferdi Bam
MichielC,
Nie n onbekende naam in geweerkringe nie. n Vriend van my het n mooi o/u haelgeweer gekoop waarmee hy baie lekker geskiet het. Op n dag het die lope vanmekaar af weggetrek en nou sit hy met sy hande in sy hare, moedeloos. Die plaaslike agent trek sy skouers op en Rizzini is maar traag.
Sy haelgeweer is een van duisende en kon dalk n Maandag werkstuk gewees het. Ek kan net aanbeveel dat jy jou gesprekke met die handelaar deegliks doen en jou transaksie duidelik met die handelaar uitklaar , maw lees die fynskrif in detail. Jy behoort lekker te kan jag met die dubbel en na alle waarskynlikheid sal jy jou buffels suksesvol jag met hom.
Groete
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Wed Jan 20, 2021 8:25 pm
by Pappabeer
Die Rizzini dubbel wat ek gesien het se lope reguleer dmv n capscrew voor tussen die lope. Daar is ook nie gegoeg area wat die linker en regter loop bind nie. Lelik soos die nag, grof afgewerk en n waarborg om los te trek.
7F79596F-AF28-4572-8031-E3E9AE2ED692.jpeg
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Thu Jan 21, 2021 6:04 am
by Ds J
Goeiemôre Michiel, as jy ernstig is oor n dubbel sal ek aanbeveel dat jy na Blaser kyk. Hulle is die enigste maatskappy wat twee onafhanklike lope op n dubbel het.
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Thu Jan 21, 2021 6:35 am
by DWB
Go Heym or go home
Chapuis maak ook baie mooi gewere
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Thu Jan 21, 2021 9:41 am
by Pappabeer
Ds, Blaser se S2 is nie meer in produksie nie. Ek twyfel of daar 10 in SA is, en hulle gaan nie noodwendig te koop wees nie.
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Thu Jan 21, 2021 10:06 am
by DWB
Ek is nou nie 'n kenner nie, maar ek verstaan wel dat 'n dubbel met sy eie kopsere kan kom en 'n spesialis geweersmid nodig het as daar iets fout gaan.
Verney se groot aantrekking was die uiters bekwame hulp van Jerome, nou is hy weg en die manne stoei.
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Thu Jan 21, 2021 11:02 am
by Ds J
Pappabeer wrote: Thu Jan 21, 2021 9:41 am
Ds, Blaser se S2 is nie meer in produksie nie. Ek twyfel of daar 10 in SA is, en hulle gaan nie noodwendig te koop wees nie.
Ag vet! Skuus, ek het dit nie geweet nie.
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Thu Jan 21, 2021 11:13 am
by Frederik
Lank terug toee dubbels nie so bekend was nie en net paar manne met hulle geskiet het was dit op my lys om eendag een te besit.
Deesdae en met meer informasie is dit nou maar so as jy dubbel wil besit moet jy ongelukkig geld uithaal vir iets wat gaan werk.
Anderkant is ook dat 'n dubbel vir gewone jagter nie altyd prakties is nie en jou minder geleenthede bied vir 'n goeie skoot.
Om terug te kom na die Rizzini dubbel ek sou se dat Sabatti dubbels van beter kwaliteit is tussen die twee en Sabatti is nie baie hoog op die lys as dit kom by Dubbel standaard nie. Maak maar jou eie afleiding.
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Thu Jan 21, 2021 11:45 am
by Lategan1
Ds J wrote: Thu Jan 21, 2021 11:02 am
Pappabeer wrote: Thu Jan 21, 2021 9:41 am
Ds, Blaser se S2 is nie meer in produksie nie. Ek twyfel of daar 10 in SA is, en hulle gaan nie noodwendig te koop wees nie.
Ag vet! Skuus, ek het dit nie geweet nie.
‘black-sam!’
of dan blikemmer
Beste.
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Thu Jan 21, 2021 12:11 pm
by tripodmvr
Ds Jaap. Bleekseun sal ook deug.
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Thu Jan 21, 2021 12:15 pm
by tripodmvr
Is dit dan net die Franse en Duitse dubbels wat van genoegsame gehalte is. Wie het al met Searcy gewere te doene gehad?
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Mon Jan 25, 2021 12:06 pm
by MichielC
Dankie manne, ek waardeer die terugvoer !
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Mon Jan 25, 2021 1:12 pm
by Wouter Roets
Michiel
Soos die manne se sit jou flikker aan en gaan verby.
Groetnis
Wouter
Re: Rizzini Dubbel 500NE
Posted: Tue Jan 26, 2021 11:41 am
by MichielC
Wouter Roets wrote: Mon Jan 25, 2021 1:12 pm
Michiel
Soos die manne se sit jou flikker aan en gaan verby.
Groetnis
Wouter
Dankie Wouter , ek gaan verby hou op die geleentheid