Page 1 of 1
6mm remington
Posted: Tue Jan 19, 2021 11:54 am
by shanenel
Dag manne
Ek het die geleentheid om n 6mm rèmington te bekom.
Ek soek so bietjie inligting.
Die loop lyk nog so 50 %.
Hoe goed is die kaliber en indien ek hom neem en sy loop verander los ek hom standaard of moet ek hom laat ackley.
Re: 6mm remington
Posted: Tue Jan 19, 2021 12:31 pm
by Capt. Yoda
Koop hom en laat die loop somer klaar oor sny AI toe as die eerste paar duim van die kamer af nog mooi lyk, as daar genoeg vleis is laat hulle vir jou n duim of so agter af sny en so stukkie voor ook by die kroon dan sit jy met n lekker "vars" loop wat jou nog n rukkie sal hou.
Re: 6mm remington
Posted: Tue Jan 19, 2021 2:09 pm
by shanenel
Dankie vir die terugvoer.Wie sal n man met n AI reamer kan help en wie sal julle aanbeveel om so joppie te doen.
Re: 6mm remington
Posted: Tue Jan 19, 2021 2:18 pm
by Stephan86
Ek weet nie of Trueworx die regte reamer het nie, maar almal raai aan dat as daar Al werk is wat moet gebeur is hy die man om te gebruik.
Re: 6mm remington
Posted: Tue Jan 19, 2021 2:21 pm
by Capt. Yoda
shanenel wrote: Tue Jan 19, 2021 2:09 pm
Dankie vir die terugvoer.Wie sal n man met n AI reamer kan help en wie sal julle aanbeveel om so joppie te doen.
Waar in die land is jy?
Re: 6mm remington
Posted: Tue Jan 19, 2021 2:38 pm
by Geno
Stephan86 wrote: Tue Jan 19, 2021 2:18 pm
Ek weet nie of Trueworx die regte reamer het nie, maar almal raai aan dat as daar Al werk is wat moet gebeur is hy die man om te gebruik.
Hulle het 'n 6RemAI reamer
Re: 6mm remington
Posted: Tue Jan 19, 2021 2:49 pm
by shanenel
Ek is in upington
Dankie manne sal met hulle gesels.
Die ander vraag is gaan n man matryse kry vir die kaliber
Re: 6mm remington
Posted: Wed Jan 20, 2021 7:46 am
by tripodmvr
Shane, maak net seker watter groefdraai daardie geweer het. Baie het slegs 1 in 12 gehad en kort 90gr koeëls behoort nog te stabiliseer. Weeg jou opsies en kry liefs 'n 1 in 9/8 loop vir swaarder as 100gr koeëls.
Re: 6mm remington
Posted: Wed Jan 20, 2021 10:57 am
by shanenel
Dankie ek sal na dit kyk.Ek moet net eers kyk of ek 6mm ackley dies kan opspoor.