Page 1 of 1
Flits koop raad / hulp
Posted: Sat Jan 16, 2021 9:39 am
by Chris (vdB)
Dagse
Kan julle my asseblief bietjie raad gee op watter flitse goed sal werk vir my toepassing.
Ek wil die flits maar in die veld gebruik wanneer ek loop in die veld op soek na yster varke en spring hase en so aan. Die flits moet dus n' ordentlike gekonsentreerde kol kan gooi tot so op 200 meter.
En dan wat vat mens, een wat gewone battarye gebruik of een wat rechargeble is. Wat is die beter opsie? Ek wil nou nie n' monster flits he van R4000 nie, net een wat lekker sterk gebou is en wat n' lekker kol kan gooi in die nag dat mens darem kan identifiseer na wat jy skiet
Dankie
Groete
Chris
Re: Flits koop raad / hulp
Posted: Sat Jan 16, 2021 10:04 am
by Lategan1
Ek ht onlangs veelsydige flits gekoop, selfde behoefte. Kort, dik en kompak. Bevestig net of voldoende op 200m. Nog nie myne in donker veld getoets om onomwonde te verklaar dit sal werk nie. Beslis vir hase skiet, 30-50m.
Ek hou van kompaktheid, AA batterye en nie herlaai nie( jy kan wel herlaaibare AA gebruik), verstelbare lig. Sover uitstekend.
LEDLENSER T14.
Beste.
Re: Flits koop raad / hulp
Posted: Sat Jan 16, 2021 10:37 am
by junglejulian
Gamepro spotlights is bekostigbaar en werk goed.miskien nie heel kompak soos n flits nie maar ek gebruik hul baie
Re: Flits koop raad / hulp
Posted: Sat Jan 16, 2021 2:11 pm
by Joe13
Kyk na Fenix.
Hy is klein en baie sterk. Pas in my palm. Die een wat ek het gebruik ek juis vir jou doeleindes. Ystervarke en hase skiet ek met hom in die nag.
Ekt hom al 2 jaar en hy werk net so goed. Jy laai hom met USB.
Fenix C6 v2. Hulle het baie modelle, kyk op hulle webtuiste.
Re: Flits koop raad / hulp
Posted: Sat Jan 16, 2021 3:20 pm
by Vleisie
My raad sal wees gesels met iemand soos Henri Bierman van TorchSA, ek het nou al n keer of wat by die man gekoop en sy diens is uitstekend.
My laaste aankoop was my behoeftes as volg iets wat my +-250m n oog kan laat sien, klein genoeg om in my sak te pas vir n elke dag dra flits en onder R1000, die aanbeveling was n Imalent DM21C.
Ek is nie eendag spyt oor die flits nie, werk ongelooflik lekker, ek kan die buite lyne van n ou murasie sien op so 220m, die enigste nadeel is as jy hom op vol sterkte aanhou tot die flits self dim na n laer verstelling is hy ongelooflik warm en dan hou die battery nie baie lank nie, maar mens kan altyd n spaar battery in jou bakkie of so hou.
Skakel na die flits:
https://torchsa.com/tactical-flashlight ... eable.html
Re: Flits koop raad / hulp
Posted: Sat Jan 16, 2021 5:09 pm
by Chris (vdB)
Baie dankie vir julle almal se raad. Daai DM21C lyk vir my na presies wat ek nodig het.
Re: Flits koop raad / hulp
Posted: Sat Jan 16, 2021 5:40 pm
by win270
Ek hou van LEDLENSER flitse, maar deesdae is daar soveel kompetisie waaruit mens kan kies. Outdoor Warehouse en die tipe plekke het gewoonlik wye verskeidenheid en die prys teenoor werkverrigting verhouding van die tegnologie verbeter by die dag. Batterylewe is bepalend as jy dit elke dag wil gebruik en nie gedurig batterye wil herlaai nie.
Hier is ook paar handige riglyne wat LEDLENSER aanbetref:
https://www.ledlenser-store.co.uk/which ... for-me-i79
Flits koop raad / hulp
Posted: Sat Jan 16, 2021 9:38 pm
by BeesBreet
junglejulian wrote:Gamepro spotlights is bekostigbaar en werk goed.miskien nie heel kompak soos n flits nie maar ek gebruik hul baie
Die heel kleintjie is die beste waarde vir geld en gooi die mooiste kol. Dink hy is 600 lumens. Die duur 2000lumens gooi meer n flood.
Ons gebruik daai game pros as optel flitse met die jak jag en het al baie jakkalse raak gelig met hom.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Flits koop raad / hulp
Posted: Sun Jan 17, 2021 8:45 am
by Andre308
As jy flits soek wat vir jou gaan werk en 10jaar + gaan hou, dan kyk na die LED Lenser P14 flits.
Hy ia gebou om te hou, het n verstalbare lens en gebruik 4 x AA batterye. Bonus is hulle breek nie die bank nie.
Groete
Andre
Re: Flits koop raad / hulp
Posted: Sun Jan 17, 2021 9:11 am
by Eduard Venter
Joe13 wrote:Kyk na Fenix.
Hy is klein en baie sterk. Pas in my palm. Die een wat ek het gebruik ek juis vir jou doeleindes. Ystervarke en hase skiet ek met hom in die nag.
Ekt hom al 2 jaar en hy werk net so goed. Jy laai hom met USB.
Fenix C6 v2. Hulle het baie modelle, kyk op hulle webtuiste.
Ek het die ouer Fenix C6 gehad wat ek elke dag dra. Bitter oulike klein flits en vreeslik handig. Na so 2 jaar van baie harde werk het hy die gees gegee.
Ek het hom laasjaar vervang met 2 nuwe Fenix C6 v2 flitse en ek moet sê, ek is nie beïndruk nie. Beide was al in om reggemaak te word en een is al weer stukkend na my pel hom in die mielieland se sand laat val het die week.
Die flitse is baie prakties, maar ek sal nie weer een koop nie.
Groete
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Re: Flits koop raad / hulp
Posted: Sun Jan 17, 2021 10:08 am
by Ratel
Daar is mos altyd plek vir nog n flits. So koop ek toe so n jaar terug by Adendorf hulle brand name herlaaibare kollig vir R800. Ek gebruik op die plaas amper geen ander lig. Dit lig n klein kol op 200m en ek gebruik dit twee drie aande vir lang tye voor ek hoef te herlaai. Vir n goedkoop bakkie lig sou ek daarna ook kyk
Re: Flits koop raad / hulp
Posted: Sun Jan 17, 2021 10:31 am
by Jacques.308
Kyk gerus na die spotlight van Magneto spot goedkoop herlaaibaar en hy gooi n spot wat verseker 300 meter of verder is
Sent from my SM-N770F using Tapatalk