Page 1 of 1

Canvas bakkie liners

Posted: Fri Jan 08, 2021 4:46 pm
by Klein Karoo
Manne wie het informasie op die canvas bakkie liners om jou karkasse te vervoer, is dit die moeite werd en hoe effektief is dit?

Blessings.

Re: Cancas bakkie liners

Posted: Fri Jan 08, 2021 4:53 pm
by DWB
Ek het ñ Cool King sak, en hy het bitter mooi gewerk tot my honde hom verskeur het....

Re: Canvas bakkie liners

Posted: Sat Jan 09, 2021 7:53 pm
by ruaanb
Ek het pvc canvas sakke laat maak na ek gesien het hoe n vriend syne gebruik.

Ek gooi n dubbel laag bed liners onder en dan pak ons n laag vleis n laag liners etc tot alles in is. Dit is nou boude blaaie etc.

Ek sit dan buite oor die sak van die silwer sonskerms wat jy vir jou kar kry. Al gery , oorgeslaap en eers die middag by slaghuis afgelaai en alles was nog yskoud en vleis droog want al die vog is deur die liners geabsorbeer.

Re: Canvas bakkie liners

Posted: Sun Jan 10, 2021 9:01 am
by Vergo10
Ek het ook vir my 'n paar sakke laat maak, een vir my bakkie se load bin asook 'n groter een vir my sleepwa. Dit is beslis die moeite werd om te belê in so iets. Ek gebruik myne vir karkas vervoer asook om alle ander bagasie wat ek dalk vervoer te beskerm teen stof op die grondpad. Maklik om skoon te maak en vou dan klein genoeg op om in 'n BigJim te lê tot 'n volgende keer.