Page 1 of 2
To kill, or not to kill?
Posted: Sun Jan 01, 2012 7:11 pm
by douw
Naand almal.
Ek wil graag 'n klein debat hier begin, en hoop van harte dat ek nou nie op die brandstapel voor 'n jakkals jagters vuurpeleton geplaas gaan word nie.
Ek het nou die dag 'n "post" geplaas van jakkalse wat ek met die "trailcam" afgeneem het. Ek het raad gevra en Peet het ingestem om my te kom help roep en dan kan ek bietjie skiet. Ek het egter nou met my vrou gepraat, en sy dink nie dis 'n goeie idee nie.
As ek net bietjie agtergrond kan skets. My vrou is 'n veekundige en 'n boer van beroep. Sy hanteer al ons produksie en dag tot dag bestuur van ons boerdery en kwekery. Ek daarenteen doen die praktiese gedeelte, soos instandhouding ens. My vrou is glad nie 'n "bunnyhugger" of deel van "greenpeace" nie, maar:........
Ons boer met 'n klompie Kalahari Reds. Hulle wei bedags buite, maar slaap almal op kraal(elektriese omheining) Die ooie wat swaar dragtig is, lammers wat suip en speenlammers loop almal in veilige kampe rondom opstal. Ons het nog glad nie probleme met die jakkalse gehad nie. Ons gooi ons hoenders wat vrek in die veld. So tot dusver het hulle nog net daarvan gevreeet en nie eers naby ons hoenderhokke gekom nie.
Moet mens hulle nou skiet as hulle nie 'n probleem is nie? Ons het gisteraand 'n lekker gesprek gehad. My vrou en haar vriendin(vee-arts) en haar man wat se pa 'n vee-arts op die platteland is. Die gesprek het gedraai na: Indien jy die natuur versteur (soos genoem, waar nie 'n probleem is nie) sal die jakkalse aanpas en meer kleintjies en meer gereeld kleintjies kry. Is daar waarheid in dit? Wag ek eers en sien of ons sonder probleme kan aangaan? As mens eers begin skiet, sal mens seker maar altyd moet aanhou? Ek reken vir iemand wat graag skiet, is dit mos puik plan, te?l so jou eie "moving targets"
Ek hoor graag van julle
GRoetnis
Douw
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Sun Jan 01, 2012 7:41 pm
by Pvdw
Douw as ek 'n antwoord kan waag.
Soos ek dit verstaan is die forum hier onder die vaandel van Probleemdier Beheer. Ek self skiet Jakke om so bietjie uit die stad te kom maar ek skiet ook net waar daar waarde aan is om te skiet.
Ek voel dat as die jakke in jou area nie 'n defnitiewe probleem is en jou weekliks/seisoenaal skade aanrig nie is dit dalk die moeite werd om so bietjie terug te sit en te kyk wat gebeur met jou Reds en jakke se
verhouding in die toekoms.
Indien die jakke jou Reds pak gee: wel dan bel jy my maar as julle in vrede kan leef, wel dan maak jy so.
Ek weet net nie op watter staduim besluit jy dat jy 'n plaag het nie??? Dalk teel hulle rustig aan sonder dat jy dit besef en as jy weer kyk is daar 'n horde van hulle wat weer baie moeilik is om minder te maak.
Dalk weet van die ervare manne hier hoe die biologie van die jakke werk en kan hulle ons mooi leer hoe om verantwoordelik teenoor die natuur op te tree.
Peet
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Sun Jan 01, 2012 7:54 pm
by douw
Baie dankie Peet
Ek hou van jou objektiewe kyk na die situasie. Ek sal graag wil hoor wat dink die ander mense, soos jy s?,"wanner besef jy, dat jy 'n probleem het?" Wanneer versteur mens net die natuurlike ekologie?
Groetnis
Douw
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Sun Jan 01, 2012 9:31 pm
by Mac
Wanneer versteur mens net die natuurlike ekologie?
Hy is lankal in sy kanon in, ons het al die jakkalse se natuurkike vyande uitgewis, plase grooter gemaak, water in elke kamp gesit, drade laat verwaarloos, dooie vee in die veld laat voorkom, klien lammers in oorvloed voorsien, kan vir bladsye aangaan oor wat ons alles opgeneuk het. Daar is geen meer balans by die nuwe primere roofdiere, nl jakkalse en rooikatte nie, en as jy dink daar is, hou op om verder te lees. Jy het meskien nie huidiglik 'n probleem weens jou boerdery sisteem nie, en dit is goed so, dit wys dat julle iets reg doen. ( intensiewe boerdery waar diere langtermyn gekraal word het ook nadeligeuitwerking op plantegrooi, veld, diere, "pathogen build up" ens.) Wat nou vir julle werk gaan nie altyd vir julle werk, die aanteel van jou eie vlekkies, sowel as die ander boere om julle, gaan naderhand 'n situasie skep waar vlekkie 'n plan gaan moet maak. Ander boere om julle wat meer extensief boer, en hulle kant skoon hou, gaan dan ook in die --- kom omdat jou grond as teelgebied gebruik word.
Daar is hope voorbeelde van boere wat vee kraal, en later bedags begin verloor, honde by vee sit, vir almal om hulle vertel dat probleme opgelos is, en dan na 'n jaar of 3 soveel jakkalse het dat die honde nie by almal kan uitkom nie, klomp mense op hierdie forum wat vir sulke boere skiet. Alles wat boere doen om vlekkie te flous werk, maar net vir 'n rukkie, die enigste metode wat werk, is om teel pare te dood sodat daar nie aanwas is nie, en insuipelinge so gou moontlik uit te rooi, nie net op een plaas nie, maar op groot blokke plase. Jy het in elk geval genoeg grou katte, bakoortjies, silvers, en ander diere om jou muise , rotte en ander plaag diertjies in toom te hou.
Om Fm se gesegte te gebuik, net my 2c
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Sun Jan 01, 2012 10:13 pm
by JACQUES BOTHA
DOUW
eK IS OOK NE DIE BETSE TESIS SKRUWER VIR DOODMAAK AL DAN NIE.
WAT DOEN JY MET JOU BOKKE AS HULLE TE VEEL WORD?
aS JY KRAAL EN VERKOOP OF NOG N PLAAS BYKOOP, WANT TUSSEN JOU EN JOU VROU EN JOU VEEARTS VRIENDE MET RESPEK HET JULLE MOS DIE NODIGE KENNIS HOEVEEL REDS JULLE KAN AANHOU .
OK NOU AS MENS JAKKALSE KAN VANG EN VERKOOP IS DIT OOK N OPSIE WANT HULLE GAAN OOK AANTEEL EN EEN OF ANDER TYD BY MEER JAKKALASE AS KOS SITUASIE UITKOM..SO AS HULLE NIE PLA NIE-- NEEM HULLE SOLANK AF EN MONITOR ..hET JY BURE LANGSAAN OOK.?
MAAR BOTTOM LINE ELKEEN BESTUUR SY PROBLEME HETSY DIP EN DOUS EN PROBLEEMDIERE OP SY EIE MANIER..
WIE SE PRODUKTE JY GEBRUIK OM TE SPUIT IS JOU KEUSE EN SO OOK PROBLEEMDIER BEHEER HOE EN WANNER JY BEHEER IS OOK N GEVAL VAN KEUSES..
sTERKTE
JACQUES
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Sun Jan 01, 2012 11:03 pm
by Jassie
Douw
Die vraag is eerder hoe beheer jy jou jakke en nie of hulle jou pla nie. As jy jou jakkies mooi op hok hou en dit vir niemand anders 'n probleem is nie is ek tevrede met jou oplossing.
Beteken dit egter dat jy net die "natuur sy gang laat gaan" is jy eintlik besig om die NIMBY-game te speel vir die een of ander, persoonlike bewuste- of onbewuste rede. Dit vra vir self ondersoek. Bv. moet jy nie jou vee beskikbaar stel om die jakkalse by jou te hou nie en ook so "deel van die natuur" kan word.
By my is die situasie anders. Ek het nog nie eers by my bure se jakke uitgekom nie- my eie gee my genoeg k.... en ek is bietjie teleurgesteld dat julle siening nie my probleem in ag neem nie en 'n teelstasie organiseer om my probleem te vererger.
Hoe maak ek met 'n paar duisend hektaar en elektrisiteit 70 km v?r waar ek weens die drakrag miskien minder vee as jy in jou intesiewe kampies kan aanhou.
Ons raak maklik filosofies langs die pot.
Groete
JAS
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Mon Jan 02, 2012 8:38 am
by JK
Al wat ek se moet nie die jakkalse voer nie, hulle teel aan en word n probleem. As hulle jou of die buurmanne nie pla nie si be it, maar moet hulle nie voer nie.

Re: To kill, or not to kill?
Posted: Mon Jan 02, 2012 9:39 am
by Pvdw
is jy eintlik besig om die NIMBY-game te speel
Hi Andre, kan jy dalk die een vir my verduidelik,ek weet nie wat dit is nie
Douw ek lees nou wat Jassie skryf van teelplek by die bure. Het hy al dalk met enige van jou bure gesels om te hoor wat hulle ondervinding met die jakke is. Dalk het hulle nie die veilige krale wat jy het nie en het die
jakke 'n veilige l?plek/teelplek by jou kom kry terwyl hulle langsaan vreet en skade maak
Peet
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Mon Jan 02, 2012 9:52 am
by James Wilson
ek is baie bly om te sien dat jy baie info bymekaar maak voordta jy n besluit neem. kennis is mag. ek dink die manne het jou mooi geantwoord. al wat ek kan byvoeg is dat n vee arts nie noodwendig n kenner is op wilde diere se gedrag nie. ek skiet vir 2 vee-artse jakkalse en vlakvarke op hulle grond. dit wat hulle weet van jakke sal hulle self vir jou se weet hulle as wat ander boere hulle geleer het wat hulle self gesien het en ook wat ek en hulle saam geleer op hulle grond. en nie werklik wat hulle iewers amptelik geleer het nie. wat ek wel vir jou kan se is dat daar nog geen tasbare bewyse is dat jakkalse watse getalle onder "druk" is meer sal teel of die tewe meer gereeld per jaar op hitte kom of dat die teef meer fetusse tot wasdom sal dra nie. wat wel werk is is dat as jy druk op hulle gewoontes en getalle plaas hulle die weg van die minste weerstand sal volg, want hy wil oorleef. hy is n dier wat nog altyd oorleef het, en hy kry dit reg deur kennis te neem van sy omgewing en sy bedreigings. as jy die wereld vir hom gereeld warm maak sal hy daardie gebied vermy. maar as dit te lekker gaan soos dat julle vir hom kos gee, dan raak sy kerngebied kleiner. hoekom? want hy hoef nie so ver te loop vir kos nie jy voer hom dan. maar omdat hy nie sy normale gebied patroleer nie spandeer al hoe meer ander jakkalse tyd in n gebied wat hulle nie normaal weg sou wees nie. as n mens van die kursusse bywoon (dalk het jy al) dan sien n mens dat as daar oorvloed kos beskikbaar is(soos die baie dooie robbe op die skedel kus) dan sal die jakke mekaar verdra want hulle voel nie druk om te vang om te oorleef nie. deur jakke te voer glo ek kan n persoon van sy plaas n n nes maak.
hou ons op hoogte van wat jy dink en besluit. dit wil voorkom of jy besorg is om die regte ding te doen. ek is besorg dat die dag is jy besluit jy het n probleem is dit dalk n oorweldigende probleem. ek het dalk dit mis gelees, maar hoe groot is die grond hier ter sprake?
Pvdw en Jassie maak baie belangrikke argument oor jou bure. die jakkies kruip dalk by jou weg en neem jou bure se plaas oor en kom kruip dan weer by jou weg.
voorspoed
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Mon Jan 02, 2012 10:01 am
by cassie_calvinia
jassie
ek stem saam met jou.
ek dink daar inelkgeval al klaar baie meer jakkies as vat om die trail cam gevang is. waar is daai een se maat, en hul kleintjies? dis klaar 5. dalk nog 'n helper teef ook in die mix. 'n jakkie loop ver in 'n nag, en gaan sy leplek defnitief wees op die plek waar hy nie gejag word nie. skiet die goed vrek, dis 'n roofdier
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Tue Jan 03, 2012 8:18 am
by Skolla
Hou maar die voerplek aan die gang.
Jy gaan dit dalk later nodig kry.
Meer ernstig, die keuse is joune, maar gesels met die bure ook om hulle opinie en skade vas te stel.
Groete
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Wed Jan 04, 2012 9:04 pm
by douw
Dankie aan almal se deelname.
Ek wil net vinnig 'n paar goedjies noem. Eerstens, die grond waarop ons boer is maar slegs 21ha. Om met 'n trop Kalahari reds van so 100 stoet ooie te te?l verg beslis baie intensiewer boerdery as bv in die Karoo. Ons het tans net so 20 ooie, maar wil graag vooruit boer. Ons het egter nie 'n probleem met die kennis en bestuur van so 'n intensiewe boerdery nie.
Mac wrote:
Wanneer versteur mens net die natuurlike ekologie?
( intensiewe boerdery waar diere langtermyn gekraal word het ook nadeligeuitwerking op plantegrooi, veld, diere, "pathogen build up" ens.)
Daar is nie ander boere in my onmiddelike omgewing wat met kleindiere boer nie. Hier is orals om my slegs 'n paar 21ha plase, en dan al hoe kleiner tot dan net 1ha. Hierdeur probeer ek s? dat wie ookal naby my met klein diere wil boer, dit definitief ook meer intensief sal moet doen.
Jassie wrote:
Douw
By my is die situasie anders. Ek het nog nie eers by my bure se jakke uitgekom nie- my eie gee my genoeg k.... en ek is bietjie teleurgesteld dat julle siening nie my probleem in ag neem nie en 'n teelstasie organiseer om my probleem te vererger.
Ek dink dit is onredelik om te s? ek neem nie jou probleem in ag nie. Ek wil dan nou juis met die "post" vasstel watter probelme ek mee sit voordat ek 'n besluit maak. Soos 'n paar manne tereg opmerk, ek wil graag n ingeligte besluit neem.
Ek dink dan nou egter so: Indien hier nie boere om my is wat 'n probleem daarmee het nie, en hulle my nie pla nie, moet ek hulle nie skiet nie.
Laat weet asb wat dink julle, nadat ek nou die inligting deurgegee het.
GRoetnis
Douw
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Thu Jan 05, 2012 3:21 pm
by marno
Douw,
Ek gaan ook my 2c hier waag.
Ons boer in die vrystaat. So ruk terug het die jakke by ons gevang op die een plaas en ek was gelukkig om hulle sommer vinnig uit te haal. Daar is nog nie weer gevang nie, maar ek het op al ons plase rondom die plaas waar die skape loop ook jakke uitgehaal want wie se daar gaan nie nuwes in trek nie.
My mening is doen beheer op die jakke, ongeag of hulle vang of nie. Onthou hierdie jaar se kleintjies kry volgende jaar self kleintjies. Dit help nie jy sit later daar met 30 jakkalse in die omgewing nie want as hulle dan gaan begin vang as julle die boerdery uitbrei gaan julle sukkel.
Net my mening.
Groetnis
Marno
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Fri Jan 06, 2012 8:26 am
by James Wilson
Douw, normaalweg sal ek nie met jou saamstem nie, maar op 21ha verander dit die prentjie baie. om soveel diere op daardie stuk grond te hanteer beteken sekerlik n vreeslike verkeer van mense en diere en voertuie. dus n baie besige stuk grond. iets waarvan n jak nie altyd hou nie. As jy dus besluit jy gaan eers die kat uit die boom kyk en in aggenome dat jy bure het met dieselfde oppervlakte grond, dan dink ek in jou unieke geval is jy seker redelik in die kol met jou besluit. ek self sal maar onder hulle geroer het.
al is jy ook die beste vee boer in die land, jy gaan een of ander tyd wel n vangs he. jy gaan dan waarskeinlik weer n besluit moet neem. jy kan altyd intussen maar die jakke monitor. notas maak van waar die spore die meeste is, teelgate en plekke waar hulle gesien word en die tyd van die dag en jaar. as jy dan later sou besluit hulle moet aangevat word dan is jou inligting relevant.
sterkte
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Fri Jan 06, 2012 9:03 am
by douw
DANKIE JAGBEHEP.
WAARDEER DIE RAAD. EK SAL BESLIS DOPHOU, EN DAARVOLGENS OPTREE.
GROETNIS
DOUW
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Fri Jan 06, 2012 10:16 am
by tafjak
douw
Ek sien jy kry hulp van alle kante en dit is nogal goed om die samewerking tussen die party te sien.
Ek wil die jakkals met 'n inbreker vergelyk en sien nie enige rede hoekom ek nie kan nie. As inbrekers gewettig word om hulle werk in vrede te doen gaan baie mense die makliker "brood op die tafel sit-metode" ondersteun en self inbreker word. As ek my dorp se inbrekers onwettig beheer gaan hulle buurdorp toe skuif en so aangaan totdat hulle "vakante" dorp vind.
Dit is bekend dat jongjakkalse tot 140+km na vakante gebiede kan trek in een seisoen(gemeet en gemerk).
Iewers staan daar geskryf dat jou medemens belangriker is as jyself.
Mooiloop en voorspoed met jou besluit.
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Fri Jan 06, 2012 11:09 am
by Pvdw
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Fri Jan 06, 2012 11:22 am
by BLOK
Douw
As ek die storie so bekyk moet jy net die jonges skiet voor hulle na my toe trek, los maar die grotes hulle sorg vir skiet materiaal volgende seisoen

Re: To kill, or not to kill?
Posted: Fri Jan 06, 2012 11:26 am
by JoevR
Pvdw wrote:
is jy eintlik besig om die NIMBY-game te speel
Hi Andre, kan jy dalk die een vir my verduidelik,ek weet nie wat dit is nie
NIMBY = Not In My BackYard
Beteken ek soek dit nie naby my huis nie, en ek gaan dit nie toelaat nie. Bv. as jou buurman in 'n woonomgewing besluit hy gaan 'n restaurant met Kareoke Bar begin bedryf, en hy doen aansoek vir besigheidsregte. Jy maak beswaar want dit is nie lekker om langsaan 'n raasparty te bly nie. Jou buurman sal jou beswaar dan aanspreek deur te se jy ly aan die NIMBY sindroom. Wie is reg? Meeste sake tussen 2 partye begin met 3 kante: my kant, jou kant en die waarheid.
Toe ek laasjaar te Vaalwater omgewing gejag het, was dit vir my mooi om laatmiddag 'n jakkals te hoor skree. Ek is nie skaapboer nie, maar verstaan hoekom die skaapboer se hare sou rys en die jag onmiddelik sal verander na jakkalsjag. Ek dink daar word verwys na jakkalsbeheer omdat dit is soos die oorlog was wat die Amerikaners in Vietnam geveg het: tensy jy nie alles uitwis nie(baie atoombomme), kan jy hom nie wen nie.
My 2c.
Groete
Joe
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Fri Jan 06, 2012 2:24 pm
by Jassie
en so volgende jaar is net een van Douw se jakke se 7 kleinkinders verby Potch (Blok skiet so k..k en mis hulle) dan is daar 49 die jaar daarna deur Kimberley (op pad het Jagbehep mos nou teveel aandag aan die varke gegee en die jakke skoon vergeet) en teen die tyd dat hulle by my kom lam my ooie hulle gatte aan die brand maar ek maak 8 lammers uit 287 groot want nou veg ons teen 'n wal jakke.
Douw - verstaan jou vriende nou hoe die storie werk. ........... en vandaar my teleurstelling.
Maar weereens 'n GROOT GROETE (van Jak tot Jak of eerder van k... tot k... ) en Douw, ou maat, jy moet onthou van al die Douw's wat ek ken is jy die beste aangesien jy na 'n oplossing aan die soek is om jou vrou en haar geleerde pelle te oortuig.
JAS
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Fri Jan 06, 2012 2:28 pm
by Jassie
Joe
Doodreg
en hiers nog Uit Wiki P:- "NIMBY is also used more generally to describe people who advocate some proposal (for example, austerity measures including budget cuts, tax increases, downsizing), but oppose implementing it in a way that would require sacrifice on their part."
Groete
JAS
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Fri Jan 06, 2012 3:24 pm
by tafjak
Ai Manne
Nou weet julle hoe ek voel oor die beheer van jakkalse. Dit is nie wat ek doen nie, maar eerder wat ek nie doen nie!
Wanneer die stres my pak sal ek altyd dink aan spesifieke dag op die skoollbanke en die vraag aan die klas was: As 'n waterplant elke dag verdubbel in oppervlak en dit neem 56dae om dam half vol(of half leeg) in oppervlakte te groei, hoeveel dae is nodig om dit vol te groei? Nou my vriende, hierin l? die kruks van probleemdier beheer. Nie dat dit my stresvlakke gelawe het nie, maar net altyd gewonder op watter dag staan die beheeraksie in ons land nou? Alle hulp word waardeer.
Mooiloop
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Fri Jan 06, 2012 3:27 pm
by tafjak
JoevR
Die Amerikaners was gelukkig, hulle kon die Vi?tkong se taal verstaan en die Vi?tkong die Amerikaners s'n!
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Fri Jan 06, 2012 3:30 pm
by James Wilson
Jassie wrote:
en so volgende jaar is net een van Douw se jakke se 7 kleinkinders verby Potch (Blok skiet so k..k en mis hulle) dan is daar 49 die jaar daarna deur Kimberley (op pad het Jagbehep mos nou teveel aandag aan die varke gegee en die jakke skoon vergeet)
ek skiet darrem nie net varke nie. ;) kyk die 3 is sommer met die "piont second second" geskiet
[img width=560 height=420]
http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... C01988.jpg[/img]
Re: To kill, or not to kill?
Posted: Fri Jan 06, 2012 3:38 pm
by tafjak
Jas
en teen die tyd dat hulle by my kom lam my ooie hulle gatte aan die brand maar ek maak 8 lammers uit 287 groot want nou veg ons teen 'n wal jakke.
..........toe ek die aangehaalde deel lees, dog ek dat nie veel manne sal glo wat jy kwyt geraak het nie. So 3jaar gelede jag ek en Tomcat by van die top Angora-boere in die Weskaap en die buurman daag daar by ons flat/oordagplek op. Vertel hy ons dat van sy 117dorpers in die een kamp daren 2 lammer oorgebly het nadat moeder natuur haar deel gedoen het. Nou Moeder natuur is nie so onregverdig nie en dog ons 2jagters dat die buurman maar Moerder Natuur moet help om van die skelms ontslae te raak.
Nou jou 8/287 is sommer gr?nd teen die "buurman" se 2/117(beter uitgedruk as 8/464)!
Die prentjie word al duideliker!
Mooiloop