Page 1 of 1
Tikka aksie vir kort dop 6mm's
Posted: Thu Dec 10, 2020 8:12 pm
by geelslang
Goeie naand almal
Ek wil graag 'n tikka 243 gebruik om 6 Dasher/BRA te bou om te dien as daaglikse gebruiks geweer. Sal hierdie aksie en die standaard maggesyn werk of gaan ek sukkel om hom te laat voer.
Groete
Re: Tikka aksie vir kort dop 6mm's
Posted: Thu Dec 10, 2020 8:26 pm
by Danie01
Hy sal dalk beter werk met n 223 magesyn of as jy dalk aics tipe staal bottom metal en magesyn gebruik met dasher conversion kit.
My persoonlike opinie is om na n ander kaliber te kyk wat nie voerprobleme gee nie.
Kyk na anige ander 6mm wat voer of as die hoeveel kruit jou pla, na n 22-250 of 223.
Groete
Danie
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: Tikka aksie vir kort dop 6mm's
Posted: Fri Dec 11, 2020 12:16 pm
by geelslang
Dankie Danie. Ek wil graag 'n goedkoop, ligter 6mm punt in die omgewing van 3200 tot 3400fps stoot. Juis om looplewe te rek. Die 22250 en selfs standaard 243 eet maar' n loop.
223's kom mos deusdae met 1:8 twist lope en 'n lang freebore uit so ek gaan sukkel met daai 50gr punte.
Daarom die kort 6mm. Ek gaan bitjie kyk waar ek die maggesyn conversions kan kry.
Re: Tikka aksie vir kort dop 6mm's
Posted: Fri Dec 11, 2020 12:25 pm
by Supacow
koop n 222
Re: Tikka aksie vir kort dop 6mm's
Posted: Fri Dec 11, 2020 12:39 pm
by HER
geelslang wrote:Goeie naand almal
Ek wil graag 'n tikka 243 gebruik om 6 Dasher/BRA te bou om te dien as daaglikse gebruiks geweer. Sal hierdie aksie en die standaard maggesyn werk of gaan ek sukkel om hom te laat voer.
Groete
Middag Geelslang
Kontak Andre Lambrechts ( 082 nul 66 0nege 72).
Verkoop n magasyn (standaard magsyn kas met spacer = 223 rondte ontwerp) wat mooi sal werk.
Ek skiet 22 Dasher en magasyn werk baie mooi.
Ek moes egter biki aan magasyn laat skaaf - lippe pop buig ens. Maar nou werk baie mooi teen bekostigbaar prys.
Groete
Eras.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Re: Tikka aksie vir kort dop 6mm's
Posted: Fri Dec 11, 2020 3:36 pm
by Danie01
geelslang wrote:Dankie Danie. Ek wil graag 'n goedkoop, ligter 6mm punt in die omgewing van 3200 tot 3400fps stoot. Juis om looplewe te rek. Die 22250 en selfs standaard 243 eet maar' n loop.
223's kom mos deusdae met 1:8 twist lope en 'n lang freebore uit so ek gaan sukkel met daai 50gr punte.
Daarom die kort 6mm. Ek gaan bitjie kyk waar ek die maggesyn conversions kan kry.
As dit oor loopleeftyd gaan en bakkie geweer sou ek kyk na n 6x47 lapua of die 6gt, gaan dieselfde as dasher doen met klein bietjie meer kruit, maar die belangrikste vir my, hulle gaan glad voer.
Ja n 223 met die regte twist loop sou sekerlik n beter keuse as n dasher gewees het vir n bakkie roer.
Groete
Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Re: Tikka aksie vir kort dop 6mm's
Posted: Tue Dec 15, 2020 7:53 am
by vbd
As jy 55-70gr punte wil skiet kan jy gerus kyk na iets soos n 6x45/6-223. Ek skiet 55gr blitzkings uit myne @ 3400 en 70gr @ 3100. Baie akkurate kaliber en loop hou amper veraltyd
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Tikka aksie vir kort dop 6mm's
Posted: Tue Dec 15, 2020 8:26 am
by Drenalinjunkie
Ek het lank 6mm Dasher in n 243 Tikka aksie geskiet. Absoluut geen probleme moer voer gehad nie