Page 1 of 1

CZ 455 Evolution .22lr

Posted: Tue Nov 24, 2020 11:11 am
by pietdiebot
More almal

Ek kyk na die CZ 455 Evolution. 22lr vir die kinders om bietjie meer ernstig betrokke te raak op die skietbaan en moontlike kompetisies. Is die CZ iets wat julle sal aanbeveel wat akkuraatheid en gewig aanbetref? Die kinders is 9 en 7 jaar oud en hulle skiet gereeld saam my.




Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Re: CZ 455 Evolution .22lr

Posted: Tue Nov 24, 2020 11:49 am
by airhunter
Absoluut.
Myne is n vreugde om te skiet.
Die kolf is vreemd in aanskou maar bitter gemaklik en ek kry beter groepering met die lawwe kolf as met my thumbhole kolf daarop.
Lekker akkuraat ook. Myne hou nogal van Aguila 40 grein sub-sonics. Groepe so tussen 15 en 22mm op 50m afhangend van die drywer.
Gewig is lagwekkend lig in ag geneem dat dit n dik loop ophet.


Ek boek sommer afsiek en gaan skiet myne :laugh: :laugh: :laugh:

Re: CZ 455 Evolution .22lr

Posted: Tue Nov 24, 2020 8:52 pm
by pietdiebot
Dankie Airhunter!!!!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Re: CZ 455 Evolution .22lr

Posted: Wed Nov 25, 2020 7:59 am
by airhunter
Kyk by Multech is lekker goedjies onder andere "Yodave trigger kits" wat die voortrek en breekkrag verbeter op die sneller.
Of jy kan n paar draaie, ala Howa styl, afknip op die bestaande veer. Google maar die proses en bly veilig.(geen risiko op my)
Die standaard sneller werk mooi, is verstelbaar en breek glas maar dit is baie hard en teenproduktief vir goeie akkuraatheid.
Die ander krapperigheid is dat die kolf kom sonder hegtingspunte vir n tweepoot of geweerband maar maklik genoeg om self by te voeg.
Jy gaan n .20 maksimum skoonmaakstok moet gebruik en 'n "bore guide" moet gebruik. Geen ander manier om die loop skoon te kry nie behalwe deur dit van die aksie los te maak en weer terug te sit na die skoonmaak.
Kyk na die twee gaffelskroewe wat die loop in plek hou se wringkraginstellings en soek maar die spesifikasies daarvoor op die net. Te vas kan blykbaar die kamer vervorm. Dit kom blykbaar selde teen die regte verstellings uit die fabriek.
Die kolf is nie te sag nie maar daar is n kans dat jy die aksie skroewe te hard kan trek. Spesifikasie op die net.
Gun Warrior maak oulike en billike 20 MOA "Picatinny rails"
Piet, ek kry daardie twee kinders van jou jammer. Hulle gaan min beurte kry om te skiet. Daardie geweertjies is soos n 16 jarige se eerste soen. Jy wil net nog en nog hĂȘ :laugh: :laugh:

Sou jy besluit daarop moet julle dit geniet. 8)

NS
Indien jy of n maat n 3D drukker het is dit maklik genoeg om n "bore guide" te druk.

Re: CZ 455 Evolution .22lr

Posted: Wed Nov 25, 2020 11:09 pm
by Fanta300
Koop sommer 2 van die begin af en spaar jouself die argumente van "wiese beurt is dit nou"

Re: CZ 455 Evolution .22lr

Posted: Thu Nov 26, 2020 8:56 am
by pietdiebot
Baie dankie vir al die advies! Almal is al klaar baie opgewonde en die beurte is al klaar uitgewerk. Die wag tydperk vir hierdie lisensie gaan voel soos 'n ewigheid.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk