Page 1 of 1
Nuwe loop, lengte
Posted: Wed Nov 18, 2020 12:15 pm
by Eight
Dagse,
As mens n nuwe loop op n geweer sit, met jy n seker lengte voor afsny en hoeveel of kan jy net n kroon sny?
Re: Nuwe loop, lengte
Posted: Wed Nov 18, 2020 12:19 pm
by Geno
Dit hang af van fabrikaat. Meeste hand lapped lope soos Krieger en Broughton moet jy 1-2" afsny voor.
Re: Nuwe loop, lengte
Posted: Wed Nov 18, 2020 2:06 pm
by Toxxyc
Simpel vraag, maar waarom moet jy so baie afsny? Onegalige afwerking deur die mandrel of so iets?
Re: Nuwe loop, lengte
Posted: Wed Nov 18, 2020 3:00 pm
by Capt. Yoda
Toxxyc wrote: Wed Nov 18, 2020 2:06 pm
Simpel vraag, maar waarom moet jy so baie afsny? Onegalige afwerking deur die mandrel of so iets?
Hulle gebruik n lood "lap" met oli wat hul op en af deur die loop trek en stoot, die deel waar die lood staaf/lap nie deur die loop support word nie soos by die kroon is nie so egalig gelap soos die res van die loop nie, die boor raak amper ovaal waar die lap uit die loop uit gaan. Jy sny gewoonlik so duim elke kant af en meest lope sal n "merk"he waar die vervaardeger aan beveel jy moet af sny
Re: Nuwe loop, lengte
Posted: Wed Nov 18, 2020 7:51 pm
by Eight
Wat van n Stainles Lothar Walther loop wat 32 duim lank is?
Re: Nuwe loop, lengte
Posted: Wed Nov 18, 2020 7:55 pm
by tripodmvr
Jy moet besluit watter lengte die geweersmid hom na moet sny.
Re: Nuwe loop, lengte
Posted: Wed Nov 18, 2020 8:30 pm
by Eight
Ek wil hom so lank moontlik hou
Re: Nuwe loop, lengte
Posted: Wed Nov 18, 2020 8:44 pm
by Toyrsi
Walther lope is gewoontlik klaar gefinish as jy hom koop. So as hy 32" is gaan hy basies 32" bly
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Re: Nuwe loop, lengte
Posted: Thu Nov 19, 2020 3:24 am
by jankraay
Eight wrote:Wat van n Stainles Lothar Walther loop wat 32 duim lank is?
Myne het op 31.5” gefinish. Hang maar van GS tot GS af.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe loop, lengte
Posted: Thu Nov 19, 2020 6:53 am
by joe rocket
Toyrsi wrote: Wed Nov 18, 2020 8:44 pm
Walther lope is gewoontlik klaar gefinish as jy hom koop. So as hy 32" is gaan hy basies 32" bly
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
My Walther loop was 28 duim en het op 28 duim gefinish.
Re: Nuwe loop, lengte
Posted: Thu Nov 19, 2020 8:44 am
by Wouter Roets
Eight
Onthou looplengte kan ons vandag met QL en die nodeprogram baie beter bepaal as in die verlede waar dit maar n duimsuig proses was. As jy weet watter gewig koeel jy gaan skiet kan n mens vir jou n goeie ingeligte looplengte uitwerk.
Groetnis
Wouter