Page 1 of 1
FOXPRO Micro SD kaart
Posted: Wed Dec 28, 2011 2:40 pm
by Pvdw
Manne ek het so bietjie rondgekyk vir 'n spaar Micro SD vir my Spitfire.
Groot was my verbasing om te sien dat 1GB en kleiner amper onverkrygbaar is
Die net s? dat jy net tot op 2GB in Spitfire kan gebruik en selfs dan kan dit soms lol. 1GB of kleiner bly die veiligste.
So as iemand met 'n Spitfire dalk op so 'n klein Micro SD afkom, koop hom en b?re hom mooi

Een van die dae is daar seker nie eers 2GB te koop nie.
Laaste ding. As jy nuwe SD koop en wil gebruik MOET die naam van die kaart verander word na SP1 anders tel die FOXPRO program hom nie op nie en kan jy nie klanke na hom toe stuur nie, vra my ek het 1 hele dag gesukkel om dit uit te vind
Peet
Re: FOXPRO Micro SD kaart
Posted: Wed Dec 28, 2011 2:42 pm
by Gerhard
Peet,
Ek het ook n 1GB vir die 24 klanke.
Gebruik glad nie die Foxpro program nie.
Solank ekĀ die klanke reg nommer en .MP3 is is daar glad nie probleem om die klanke te speek nie...
Re: FOXPRO Micro SD kaart
Posted: Wed Dec 28, 2011 2:48 pm
by Pvdw
Gerhard vertel gou hoe gaan jy te werk om nie die FOXPRO program te gebruik nie??
Copy jy dit maar net oor met Windows??
Die feit bly egter staan dat soos tegnologie aangaan, gaan ons een van die dae nie maar 2GB kan koop nie, wat nog van 1GB of kleiner
2GB werk in my Spitfire maar kan bleikbaar in sommige gevalle lol.
Ek kyk sommer nou al uit vir 'n spaar 1GB of selfs 2 as ek kan.
Peet
Re: FOXPRO Micro SD kaart
Posted: Wed Dec 28, 2011 2:57 pm
by Gerhard
Ek create a folder in my Predator folder.
Maak dit byvoorbeeld Desember klanke.
Dan copy en paste ek die klanke soos ek hulle wil gebruik.
Maak seker ek begin op 000 en eindig op 023.
Ek maak ook seker die klanke is in .MP3 format.
Dan delete ek die folder op die SD kaart en laai die Desember folder en sinc die remote met die Foxpro en jy kan begin roep.
Hoop dit help.
Re: FOXPRO Micro SD kaart
Posted: Wed Dec 28, 2011 8:41 pm
by sakkievanheerden
Peet
Ek gebruik 2GB sd kaarte in my Spitefire en het nog nooit n probleem gehad nie,watse probleme kan gebeur met die 2GB kaarte??
Groete
Sakkie
Re: FOXPRO Micro SD kaart
Posted: Wed Dec 28, 2011 9:00 pm
by Pvdw
Sakkie ek lees maar so op die net rond en blykbaar is die algemeenste probleem dat hy soms haak. Dis gebeur egter nie met alle 2GB kaarte nie, net sommiges.
Ek self het al 2 GB probeer en hy loop mooi glad.
Ek weet net FOXPRO self s? dat 2GB die maks is en nie iets grootter moet gebriuk nie.
Wel ek het nou die oorspronklikke 256MB en 2 X1GB as spaar.
Peet
Re: FOXPRO Micro SD kaart
Posted: Wed Dec 28, 2011 10:41 pm
by theedge
Gebruik ook 2gb sonder enige probleem