Page 1 of 1
Kolf vir my Brno .22
Posted: Fri Nov 13, 2020 2:00 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê. Dit is maar stil hier op die projekte draad, toe dog ek, ek kom wys vir julle my nuuste skepping.
'n Jaar terug het baie manne vir my gelag toe ek vir hul vertel dat ek tot op 300m skiet met my Brno .22.
Nou smaak my is dit die nuutste mode en ook maar net om dat 'n man op Youtube dit gedoen het!
Nou om so ver te skiet, moet jy darem glase ophê wat tot daar kan kyk. Dit laat jou met 'n ander probleem; Positiewe kontak met die wangstuk!
Siende dat ek die geweertjie by my skoonpa gekry het wou ek nie die bestaande kolf opfoeter nie. Ek saag en beitel maar toe die plank tot hy pas.
Ek dink hy sal die ding doen! Ek beplan om nog 'n paar of 10 van die kolwe te maak, siende dat die kaste maar stadig gaan op die oomblik.

Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Fri Nov 13, 2020 2:07 pm
by airhunter
Jy meneer, is bobaas!
Mooi gedoen Gawie.

Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Fri Nov 13, 2020 2:10 pm
by Lategan1
Mooi, yster Gawie.
Dink jy die nek sal die ‘recoil’ kan hanteer?
Beste.
Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Fri Nov 13, 2020 3:11 pm
by Gian_dP
Goed gedoen!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Fri Nov 13, 2020 5:06 pm
by Johan Nel
Gawie(13mm) wrote: Fri Nov 13, 2020 2:00 pm
Dagsê. Dit is maar stil hier op die projekte draad, toe dog ek, ek kom wys vir julle my nuuste skepping.
'n Jaar terug het baie manne vir my gelag toe ek vir hul vertel dat ek tot op 300m skiet met my Brno .22.
Nou smaak my is dit die nuutste mode en ook maar net om dat 'n man op Youtube dit gedoen het!
Nou om so ver te skiet, moet jy darem glase ophê wat tot daar kan kyk. Dit laat jou met 'n ander probleem; Positiewe kontak met die wangstuk!
Siende dat ek die geweertjie by my skoonpa gekry het wou ek nie die bestaande kolf opfoeter nie. Ek saag en beitel maar toe die plank tot hy pas.
Ek dink hy sal die ding doen! Ek beplan om nog 'n paar of 10 van die kolwe te maak, siende dat die kaste maar stadig gaan op die oomblik.
"Not too shabby, hey Nige?"
Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Fri Nov 13, 2020 6:48 pm
by Malan123
Baie netjies Gawie
Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Fri Nov 13, 2020 7:08 pm
by Gawie(13mm)
Eerste bloed getrek vanmiddag.
Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Fri Nov 13, 2020 7:25 pm
by LUAN
Daai is wragtig n oulike kolf. Ek sien toevallig n video vandag van n ozzie wat n 1000yds met sy .22 skiet.
https://m.youtube.com/watch?v=lcnunlqzjE8
Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Fri Nov 13, 2020 8:35 pm
by Blitzzz
Netjies!
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Fri Nov 13, 2020 9:13 pm
by Toyrsi
Baie netjies Gawie.
Wat sal so kolf kos as jy verkoop.
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Sat Nov 14, 2020 6:00 am
by Killzone
Dit lyk regtig baie mooi. Ek sal ook graag wil weet waarvoor jy hulle sal verkoop. En of hy op 'n Norinco JW-15 sal pas.
Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Sat Nov 14, 2020 3:12 pm
by SNIPER
Prys op so kolf maat.

Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Sat Nov 14, 2020 4:14 pm
by Ammion
Baie mooi kolf, Gawie!
Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Sun Nov 15, 2020 9:18 am
by Kaalvoetthysie
Bitter netjies gedoen Gawie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Sun Nov 15, 2020 10:17 am
by PWV
Ek neem bestellings vir Gawie!!
Julle moet help, want ek kry 10% op elke kolf, daarom maak ek dit so duur as moontlik!!

Re: Kolf vir my Brno .22
Posted: Mon Nov 16, 2020 7:52 am
by Gerhardu
Stel ook belang.
Groete!