Page 1 of 1

257 Roberts

Posted: Mon Nov 09, 2020 9:43 am
by JPS
Dag Manne,

Wie hier skiet nog die 257 Roberts?


is hy nog die moeite werd, ek het 25-06Rem maar het al lank 'n juk vir die 257 Roberts?

groete

Re: 257 Roberts

Posted: Mon Nov 09, 2020 9:52 am
by Supacow
Hy is glo in ugly formaat baie naby aan n 2506. Turner Wilkinson het baie lank een geskiet so ek dink vir praktiese raad is dit die man om te nader.
Ek weet Turner is intussen 6mm plesier toe.

Re: 257 Roberts

Posted: Mon Nov 09, 2020 10:15 am
by Lourens
Ek skiet n Rem 700 in 257 Rob AI. Ekt nognie genoeg met hom geskiet om waardevolle terugvoer te gee nie, maar in sy AI gewaad kom hy baie naby aan die 25-06. En hy lyk ook baie mooier as n 25-06. Ek sal hopelik oor so maand van nou af heelwat meer kan se.

Re: 257 Roberts

Posted: Mon Nov 09, 2020 11:38 am
by Rudiejacobs
My persoonlike opinie, is dat die Roberts nie rerig n edge op die 25 06 het nie. Half doesyn van die een, en 6 van die ander. Die swak BC koele knie halter hulle al twee maar ewe veel. Nie dat hy ooit gebou was as n super doeper long range kalieber nie.

As my 25 06 se loop op is, sal ek beslus hom weer n 25 06 maak, vir verskeie redes. Onder meer die bekombaarheid van komponente vir hom hier, in die rsa. Hy gee my net soveel meer gemoeds rus, vir lekker kop skote, tot en met so 400m.

Ek sal beslus van die 24” loop na n 26-28” loop toe gaan.

Groete
Rudie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 257 Roberts

Posted: Mon Nov 09, 2020 1:48 pm
by Sako75
Ek het ook n 257 Rob. Sien uit om hom te gebruik om iets mee te gaan jag.

Ek dink die 257 en 25-06 is twee verskillende persoonlikhede elkeen met ‘n verskillende nis

Re: 257 Roberts

Posted: Wed Nov 11, 2020 3:33 pm
by tripodmvr

Re: 257 Roberts

Posted: Wed Nov 11, 2020 6:04 pm
by Bennie Bester
Middad almal.
Skiet al jare met my 257 Roberts. Het in 1994 n reamer uit Amerika gekry. RSA aksie met Truvelo loop 25. 5"
lank. Aanvanklik met 100 gr Sierras geskiet, maar later oorgeskakel na 110 gr Accubonds. Vreeslike lekker geweer vir blesbokke.
Later jare vir hom n gelamineerde kolf gemaak. Hy het my baie plesier verskaf. Ek dink n mens moet hom nie teen n ander kaliber afspeel nie.
My seun se uit my versameling is dit sy nommer een.
Groetnis
Bennie Bester

Re: 257 Roberts

Posted: Mon Nov 16, 2020 9:20 pm
by JPS
Sukkel die manne wat die 257 Roberts skiet om Doppe in die hande te kry?

Re: 257 Roberts

Posted: Tue Nov 17, 2020 12:10 am
by Sako75
My persepsie is dat mens kan kry. Dit vat nie te veel om op te spoor nie al is hulle skaarser as die norm.