Page 1 of 1

Stoor van vuurwapen na lisensie aansoek inhandiging

Posted: Sun Nov 08, 2020 1:20 pm
by Eight
Dagse almal,

Wil graag raad vra. Ek het n lisensie aansoek ingehandig vir n nuwe vuurwapen. Kan ek die wapen nou na krokodilspruit stuur om vir my daar te stoor terwyl ek wag vir my lisensie om goedgekeer te word?

Re: Stoor van vuurwapen na lisensie aansoek inhandiging

Posted: Sun Nov 08, 2020 1:57 pm
by Smith223
Gaan praat met Oom Mannetjies daar, hy laat jou toe om jou wapen daar te stoor en dan te skiet as jy daar is.
Hy vra wel ‘n oordrag fooi om dit daar te stoor en maandelikse stoor koste.

Re: Stoor van vuurwapen na lisensie aansoek inhandiging

Posted: Sun Nov 08, 2020 2:02 pm
by Eight
Dankie, ek gee nie om vir die kostes nie. Ek sal met hom gaan praat.

Re: Stoor van vuurwapen na lisensie aansoek inhandiging

Posted: Mon Nov 09, 2020 11:26 am
by Eight
Krokodilspruit se omdat ek klaar lisensie aansoek ingehandig het kan hul hom bie vat nie. Die geweer is by Trueworx in Bloem en hul se hy kan gaan? Enige iemand wat raad of n oplossing vir my het?

Re: Stoor van vuurwapen na lisensie aansoek inhandiging

Posted: Mon Nov 09, 2020 11:57 am
by Toxxyc
Jy kan hom nie op dealer stock sit nadat jy die lisensie ingehandig het nie. As jy hom nou op dealer stock sit, gaan die "previous licence holder" op SAPS se kant nie match met wat jy op die vorm geskryf het nie en hulle gaan die aansoek afkeur. Jy moes dit voor die tyd gedoen het. Ek stel voor jy wag tot die lisensie goedgekeur is en dan gaan haal of courier jy hom maar.