Page 1 of 2
Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Wed Oct 28, 2020 11:05 am
by Dirk777
Hi Julle,
Ek het 'n 8 maande oue Koekoek Haan, wat ek graag wil weg gee.
Ek woon in die dorp, en die haan het nou begin kraai.... Ek is bang my bure gaan begin kla.
Julle kan my kontak op Whatsapp.
Ek woon in Brackendowns Alberton.
Dankie.
Dirk Brits
083 vier nul agt 0230
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Wed Oct 28, 2020 12:31 pm
by DWB
Kom hy klaar geslag

Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Wed Oct 28, 2020 1:15 pm
by Toxxyc
Praat jy van 'n koekoek-haan of 'n kapok-haan?
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Wed Oct 28, 2020 1:17 pm
by knipmes
Postnet koste ?

Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Wed Oct 28, 2020 2:59 pm
by Dirk777
Hi Julle, nee hy kom nie klaar geslag nie. Dis 'n Potch Koekoek. (-;
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Wed Oct 28, 2020 3:51 pm
by AndreVal
Hi Dirk
Ek het 'n vriend wat hoenders aanhou daar in Blue Saddle Ranch. Hy werk om Alberton.
As jy nie regkom met die outjie nie laat weet my dan hoor ek by hom of hy plek het vir die mannetjie
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Wed Oct 28, 2020 3:53 pm
by jdpretorius
Hoekom gee net nie vir die haan 'n lekker groot kombuis horlosie en 'n botle brannas (vir sy keel) dant weet hy mos watter tyd dit is

Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Sun Nov 01, 2020 6:39 am
by Dirk777
Hi Andre. Hy is nog steeds beskikbaar.
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Tue Nov 03, 2020 9:54 am
by Dirk777
Bump
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Tue Nov 03, 2020 9:59 am
by J le Roux
Stel jou tuinier of huishulp nie belang nie?
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Wed Nov 04, 2020 10:16 am
by AndreVal
Hi Dirk777
Jammer, ek was toe gegooi onder werk die laaste paar dae.
Ek hoor gou vir jou
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Wed Nov 04, 2020 2:26 pm
by Dirk777
J le Roux wrote: Tue Nov 03, 2020 9:59 am
Stel jou tuinier of huishulp nie belang nie?
Ek is bang hulle slag hom. Hy is 'n naam gegee deur my jongste, so dis klaar moeilik, om hom weg te maak. Die vorige haan of 2 het ek vir Plaashaas gegee, en sy wou eers inspeksie doen om te sien of daai haan, gaan bly wees om by Plaashaas- hulle te bly. (-;
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Wed Nov 04, 2020 2:39 pm
by Toxxyc
Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar waarom hou jy aan haantjies kry as jy moet aanhou om hulle weg te gee? Kry 'n haas, die ding kraai mos nie so baie nie? Ek bedoel dit glad nie lelik nie, maar dit kan vir die kinders ook nie maklik wees as jy elke keer 'n dier kry en hom dan so paar maande weer moet weggee nie, soos die "vorige haan of 2" wat jy van praat.
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Wed Nov 04, 2020 5:13 pm
by wlm
Toxxyc
Jy verstaan duidelik nie. Daar is min diere wat so mooi en interessant is as hoenders. Ek lek enige haas, konyn, papegaai of watter donserige of vererige ding se agterstewe as dit beter is as 'n hoender.
My 2 seuns is al 16 maar nog steeds verknog aan hulle hoenders. Die goed het tot name. Moet se^ "Megaton" en "Big Red" is 2 ysters.
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Thu Nov 05, 2020 7:12 am
by Toxxyc
Nee dit kan ek verstaan, maar waarom dan 'n haan kry wat raas sodat jy hom elkgeval moet weggee? Dis soos om in 'n woonstel op Verdieping 20 te bly, maar dan koop jy 'n Belgian Malinois elke 6 maande want jy moet die groter een weggee, want hy's te besig vir die plekkie. Behalwe as mens nie kan sien of die hoender of haan is as hulle nog kuiken is nie. Ek weet nie veel van hoenders nie. Ek weet ons eet hulle nog voor hulle gebore is en na hulle dood is, maar dis hoe ver my kennis strek.
EDIT: Toe my vrou nog jonger was het hulle kapokkies gehad, en die haantjie is elke aand gevang en in 'n boks gesit. Dit het hom blykbaar stil gehou tot almal opgestaan het.
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Thu Nov 05, 2020 9:01 am
by finch
<<Hi-jack aan>>
Ons was nou die dag vir n naweek weg op n gasteplaas en die haan daar se horlosie was gebreek, want die het al van na 3am begin kraai. En so mooi soos wat dit is om 7am wakker gesing te word deur die plaas geluide, is daar beter dinge om te doen 4uur die oggend as om te luister na n hees haan.
<<Hi-jack af>>
Hoop jy kry n huis vir die haan. Daar is ongelukkig nie plek in my huis nie...
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Thu Nov 05, 2020 12:39 pm
by Trompie
My buurman het so haan gehad wat soms al 3 am begin kraai het.....non-stop asof hy deelneem aan ñ kompetisie.
Ek wou hom bitter graag skiet.....
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Thu Nov 05, 2020 12:55 pm
by jdpretorius
Bemark hom dalk as n oplossing vir iemand wat sukkel met probleem bure
Daar was so week of wat terug 'n "vraag en antwoord" ding op een van die radio stasies en die persoon het gekla oor 'n (dink dit was) Piet-My-Vrou met die selfde kwaal, waar die ou het reg deur die nag geroep. Die sogenaamde kundige het bespiegel dat lig in die omgewing, soos die van 'n buitelig, dalk die ou se korasie aktiveer.....so die voorstel om hom in 'n donker plek te laat oornag is dalk werd om te probeer
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Thu Nov 05, 2020 1:16 pm
by Dirk777
Dankie vir al julle insette.
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Thu Nov 05, 2020 3:37 pm
by jankraay
Just saying....
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Thu Nov 05, 2020 5:07 pm
by Heinds
Dirk777 wrote:Dankie vir al julle insette.
Dirk as jy nader aan die Kaap was het ek hom gevat. Hy sou 'n lekker lewe hier he.
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Thu Nov 05, 2020 5:29 pm
by Hercules Louw
Plaas n mooi foto of twee van die haan, miskien help dit jou om n nuwe baas vir hom te kry.
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Thu Nov 05, 2020 6:08 pm
by Eduard Venter
Ek het plek vir hom hier op die plaas (mits dit 'n opregte koekoek is) maar ons is bietjie wyd uit mekaar uit. Die naaste wat ek aan jou kom is pta en ook nie baie gereeld nie.
Kontak my maar as jy nie 'n ander plan gemaak kry nie dan reël ons iets.
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Fri Nov 06, 2020 1:04 pm
by Dirk777
Eduard Venter wrote: Thu Nov 05, 2020 6:08 pm
Ek het plek vir hom hier op die plaas (mits dit 'n opregte koekoek is) maar ons is bietjie wyd uit mekaar uit. Die naaste wat ek aan jou kom is pta en ook nie baie gereeld nie.
Kontak my maar as jy nie 'n ander plan gemaak kry nie dan reël ons iets.
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Hy is 'n opregte hoender, sy ma is 'n hoender en sy Pa is 'n hoender. (-;
Dankie Eduard, nee ek dink hy is nie 100% opreg Koekoek nie. Ek sal laat weet as ek nie regkom met Andre se pel, Kevin nie.
Re: Koekoek Haan verniet weg gee
Posted: Fri Nov 06, 2020 1:52 pm
by wlm
Manne
Dit is n mite dat hane net by sonsopkoms kraai.
Gaan lees maar weer die tragiese verhaal van Petrus se verloëning van Jesus.